Psalm 138 – U besiel my met innerlike krag

Psalm138Psalm 138-145 is Dawidiese Psalms wat eintlik terugkyk en God se betroubaarheid deur die eeue bevestig.  Dit bevestig ook die ewige bedoelings wat God met sy mense van altyd af het.

Die Psalmis is in die voorhof van die tempel en buig in aanbidding na die Here se heilige tempel.  Sy hart is vol van lof aan die Here wat hy met musiek uitjubel voor die Here.

God se troue liefde en betroubaarheid wys in gebedsverhoring en besieling – vers 1-3

Hy loof die Here vir die openbaring van sy troue liefde (vers 2 en 8) en sy betroubaarheid.  Sy troue liefde, omdat dit vir altyd duur en daarom die toets van die tyd deurstaan.  Sy betroubaarheid, omdat sy Naam en sy woord/belofte (‘imrâh – vgl. Ps. 119:11 en verskeie ander voorkomste in dié Psalm) bo alles uittroon en die gode van die nasies troef.

Daarom kan die gode maar hoor wat hy sing, want hulle is magteloos in die lig van God se troue liefde en betroubaarheid (vgl. die unieke Ps. 82 vir ‘n perspektief op God en die gode, wat op beide afgode en mense in magsposisies kan dui).

God se troue liefde en sy betroubaarheid is egter nie iets wat net in die algemeen waar is nie.  Dit is iets wat die Psalmis persoonlik ervaar het in gebedsverhoring en besieling: “Op die dag wanneer ek roep, antwoord U my; U besiel my met innerlike krag.” (138:3).

Al die konings van die aarde moet U loof, Here – vers 4-6

Dit is asof die Psalmis besef dat sy lof eintlik te effentjies is vir só ‘n groot God.  Dit is eintlik net ‘n groot koor van al die konings van die wêreld wat enigsins sal kan begin om reg te laat geskied aan dié groot en deurlugtige God.  Hulle almal moet deur God se woorde/beloftes (ook ‘imrâh, net in die meervoud) beweeg word om God se weë te besing en eer aan sy majesteit en verhewenheid te bring.  Hy kan immers die nederiges en die hoogmoediges van ver af van mekaar uitken.

Die Here tree vir my in – vers 7-8

Die Psalmis keer terug na sy eie intense waardering vir God se beskerming en verlossing.  Hy neem dit nie as iets vanselfsprekend aan nie, maar as iets wat weer en weer deur God aan hom geskenk word in die aangesig van nood en die woede van sy vyande.  “Die Here tree vir my in.” (vers 8 in die BDV).  Of meer dinamies vertaal: “Die Here sal vir my alles goed laat afloop.” (NAV).

Daarom verbind hy dan ook opnuut sy gebed vir persoonlike volharding aan God se troue liefde wat vir ewig duur.  Hy vra dat die Here hom – God se handewerk – nie sal laat vaar nie.  Daarin is sy hoop ten diepste geleë.

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: