Psalm 77 – O God, u weg is heilig

Hierdie Psalm worstel met die vraag of God nog handel soos in die verlede.  Om die waarheid te sê, die worsteling is só erg dat die Psalmis eintlik amper hoop opgegee het, soos die kernvers in vers 11 met hartseer uitdruk: “My grootste smart is dat die Allerhoogste nie handel soos voorheen nie.”

Dit wil vir die Psalmis nie voorkom asof God nog die tipe dade doen soos in die vroeër dae, die jare lank gelede nie (vers 6), of hoe?

Ek roep om hulp, maar verniet – vers 2-4 

Hy roep immers na God om hulp, in die verwagting dat God sal hoor, maar daar gebeur niks nie (vers 2 – let op dat die 2014 vertaling “sodat Hy my moet hoor” vertaal en nie “want Hy sal my hoor”  soos in die 1983 vertaling nie).  Hy is onvermoeid besig om te bid, maar vind geen troos nie.  Sy denke aan God bring hom nie vreugde nie.  Om die waarheid te sê, sy gedagtes oor God laat hom kreun en kla, dit mergel hom uit (vers 4).

My nadenke bring geen verligting nie – vers 5-10

Dit is so erg vir hom dat hy wakker lê in die nag, trouens “U hou my ooglede oop” (vers 5).  Weens sy ontsteltenis kan hy eintlik nie meer bid nie, hy is “sprakeloos” (1983).  Al wat vir hom oorbly is om terug te dink en te peins oor wat in die verlede lê.  Hy probeer om die kloutjie by die oor te kry.  Wat kan ’n mens nog regtig van God verwag vandag?

Die Psalm worstel dus met die basiese belewenis van God se teenwoordigheid in die nood wat ’n mens in die lewe ervaar.  Die nood word nie uitgespel nie, maar in die proses sit die Psalmis vyf baie belangrike aspekte van God se karakter en betrokkenheid by ons op die tafel:

  • Aanvaarding – “Sal my Heer ons dan vir ewig verstoot en ons nooit weer aanvaar nie?” (vers 8 in 2014 vertaling);
  • Getrouheid – “Is dit vir altyd die einde van sy troue liefde?” (vers 9a in 2014 vertaling);
  • Beloftes – “Het sy boodskappe van geslag tot geslag nou tot ’n einde gekom?” (vers 9b in 2014 vertaling – die Hebreeuse woord wat hier met boodskappe vertaal word, kan ook as “woorde van belofte” verstaan word);
  • Genadig – “Het God vergeet om genadig te wees?” (vers 10a in 2014 vertaling);
  • Ontferming – “het Hy in sy woede sy ontferming opgehef?” (vers 10b in 2014 vertaling).

Ek sal tog oor U dade en wonders bly dink – vers 11-21

Die Psalm se kernvers is vers 11 omdat dit eintlik die vorige 10 verse opsom, terwyl dit die volgende deel van die Psalm inlei.  “En ek sê: ‘My grootste smart is dat die Allerhoogste nie handel soos voorheen nie.‘” In die NET Bible (77:10) lui dit so: “Then I said, ‘I am sickened by the thought that the sovereign One might become inactive.'”

Hoewel ons nie enigsins van ’n verandering in die situasie van die Psalmis lees nie, bly hy egter nie in hierdie verslaentheid en bevraagtekening van God nie.  Vanaf vers 14 kry hy dit reg om van die merendeels ek-taal wat hy tot dusver gebruik het, weg te beweeg en meer direk met God besig te raak.  Hy spreek God direk aan: “U is die God …”  Hy fokus weer doelbewus sy gedagtes op die wonderlike dade van die Here uit die verlede, maar hierdie keer om God se lof direk te besing, want alles wat die Here doen, is eintlik heilig.  “O God, u weg is heilig” (vers 14 – 2014 vertaling).  Die pad wat God met hulle stap, is heilig, want die Here is daar midde-in die onrus en nood en bring op sy tyd uitkoms.  Daarom kan ’n mens Hom vertrou.

Dit wys tog onomwonde in die verhale van die Uittog uit Egipte (vers 16), die tog deur die Rooi See (vers 20) en die begeleiding deur die woestyn (vers 21).  God is vir sy mense ’n God wat wonders doen, wat hulle op kragtige wyse verlos, wat sy krag in die natuur kan demonstreer, maar ook in verhouding met sy mense hulle kan begelei (vers 21).

Psalm 78 sal verder uitbrei op dié dade van God regdeur die woestyntyd tot en met Dawid, wat beteken die twee Psalms kan as ‘n eenheid gelees word. In vers 65 van Psalm 78 word God se ingrype geteken as ‘n held wat uit die slaap wakker word en optree om sy mense te verlos, wat eintlik as ’n antwoord op die vrees van Ps. 77:11 gesien kan word.

Die boodskap van die Psalm

Die worsteling van die Psalm is baie relevant vir ons vandag.  Dieselfde vrae oor God se betrokkenheid by ons lewens kom by ons op veral wanneer ons in die nood is.  Kan Hy vandag nog dieselfde dinge doen as wat Hy in die verlede gedoen het?  Om die waarheid te sê, soms as ons hoor van ander mense wat wonders ervaar, bring dit ons in twyfel nie óf God in ons lewens kan ingryp nie, maar of Hy dit wil doen.

Die omkeer in ons worsteling kom wanneer ons minder bekommerd raak oor wat ons ervaar en ons met God self besig raak, Hom aanspreek, Hom loof vir sy grootheid en heiligheid, ten spyte van ons nood.  Dit is dan wat ons begin ervaar dat Hy al die tyd by ons is en dat ons op sy begeleiding in elke situasie kan staatmaak, selfs al word die spesifieke nood nie presies opgelos soos ons dit wil hê nie.

Ek neem vandag die frase in vers 14 met my saam: “O God, u weg is heilig”.  Die sin van my lewe lê nie in die afwesigheid van nood nie, maar in die teenwoordigheid van God self.  Daarin vind ek berusting.

by Chris van Wyk

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

  • Andre Kritzinger

    Hierdie laaste frase is so diep: “Die sin van my lewe lê nie in die afwesigheid van nood nie, maar in die teenwoordigheid van God self. Daarin vind ek berusting.”
    Oswald Chambers: “Die betekenis van gebed is dat dit ons by God uitbring, nie noodwendig by antwoordee nie.”

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d