Skip to main content

Psalm 119:9-16 – BET: Gehoorsaamheid aan God se woord bewaar van sonde

Psalm119-betWaar die Psalmis meer oorhoofs en algemeen oor die waarde van ‘n lewensfokus op die openbaring van God gepraat het in die eerste agt verse, vervolg hy in die tweede deel en spreek spesifiek jongmense aan: “Hoe sal ‘n jongmens sy lewenspad suiwer hou? Deur te hou by u woorde.

As motivering verwoord hy sy eie gehoorsaamheid aan God se woord.  Let op hoe hy aan die een kant sy voorneme om gehoorsaam te wees, uitspreek, maar tog ook die Here vra: “laat my tog nie afdwaal van u bevele nie.” (119:10).  Laat ‘n mens dink aan Paulus wat aan die Filippense skryf: “werk met vrees en bewing aan julle verlossing. Dit is immers God wat in julle werksaam is.” (Fil. 2:12-13).

Gehoorsaamheid kom dus tot sy volle werking in ons lewe in die kombinasie van God se werk en ons s’n.  Let ook op hoe dit iets is wat uit die hart uit kom – “met my hele hart soek ek U”, en “in my hart koester ek u woord”.  Dit is iets wat geleer en oordink word en iets waarvan getuig en gesing word.  Dit omvat ‘n mens se hele lewe: hart, denke en woorde.  In die volgende deel sal hy nog meer oor die tipe gedrag wat daarby hoort, praat.

Die interessante is ook dat gehoorsaamheid kom as God se woord gekoester word, want God se woord het inherent die krag om ‘n mens van sonde te bewaar.  Waar jy vreugde het en ontwikkel in God se wil en woord, ontketen dit ‘n krag in jou lewe wat die impak en houvas van die sonde in jou lewe verminder.  Presies soos Psalm 1 dit al verwoord het.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…