Psalm 6 – Genesing is genade
Dawid sê nie hier aan watter siekte hy gely het nie, hoewel dit iets is wat sy liggaam (letterlik sy bene of beendere/skelet) uitgeteer het en hom (letterlik sy siel) gedaan gemaak het – dws fisies en psigies. Dit maak dit eintlik moontlik om die Psalm te gebruik vir enige behoefte aan genesing.
Let op dat Dawid sy gebed begin met: “Moet my tog nie in u toorn straf nie, Here …”
’n Mens kan op twee maniere kyk na hierdie gebed dat God nie toornig of grimmig teenoor hom sal optree nie.
- Omdat hy nie ’n sondebelydenis doen (vgl Ps 38 waar hy wel sy sonde bely), kan dit wees dat hy hom onskuldig ag – soos Job – en daarom vra dat die lyding van hom weggeneem sal word. Hy dink nie dat hy dit verdien nie.
- Of – miskien meer waarskynlik – is hy juis versigtig om God se voorsiening in twyfel te trek deur vir genesing te vra, en vra daarom dat God nie vir hom kwaad sal word, net omdat hy vir iets anders vra – genesing – as wat vir hom uitgedeel is – siekte. Hy vra dus nie om God se wil in twyfel te trek nie – hy is immers net soos ons aan die verganklikheid onderworpe en dit sluit siekte in – maar vra wel daarvoor, net omdat hy swaar trek onder die siekte, moedeloos geraak het, en nou op God se genade alleen staatmaak.
As die laaste interpretasie korrek is, beteken dit dat die Psalm sê dat genesing nie vanselfsprekend is nie, maar iets is wat God uit genade gee. ’n Mens mag dus vir genesing vra, en God kan genesing gee, maar jy kan genesing nie afdwing nie. God gee … en God neem – soos Job so diepsinnig bely het.
“Hoe lank nog, Here, voordat U uitkoms gee?” Hy pleit by God, want sy bed swem letterlik in sy trane (vers 7)! Sy lyding kan in sy oë gesien word – dit het dof geword. Sy verdriet lei tot erge slaaploosheid, want hy huil die hele nag deur.
Sy ervaring is boonop soos dié van Job – sy siekte word vererger deur mense wat teen hom draai, hom afskryf, dink dat hy sy verdiende loon kry. Daarom dat hy uitroep dat hulle van hom af moet padgee …
Die wending kom in vers 9, miskien met een of ander begeleiding van die koorleier, of tussenkoms van ‘n priester in die tempel (dink aan Eli en Hanna – 1 Sam1:17) waarin God se ingrype geloof word. Anders kan dit net beteken dat sy gebed van wanhoop na vertroue beweeg het, en hy innerlik die bevestiging van God se antwoord gekry het.
Let op dat hy God se ingrype loof voordat daar nog enige tekens van herstel is, net maar God se woord dat Hy ag geslaan het op Dawid se hulpgeroep. In ’n oogwink, getuig hy, sal die vyande beskaamd moet padgee en sal hulle die verslaentheid beleef (vers 11) wat hy in sy siekte ervaar het (vers 3-4).
Laat my dink aan die offisier in die NT wat ook geglo het dat sy slaaf gesond sou word, slegs op ’n woord van Jesus (Luk 7). En sy slaaf het gesond geword!
Terloops: die woord bely wat Dawid in vers 6 gebruik (NAV), beteken letterlik onthou. ’n Mens kan dit dus só vertaal: “Iemand wat dood is, kan tog nie u Naam onthou (of in herinnering roep) nie …” want dit is in die onthou van God, en die getuienis oor Hom, wat die lof opgesluit lê, en dit is nie moontlik as ’n mens dood is nie.
’n Woord van bemoediging: Dawid kon nie met ’n helder idee van ’n lewe na die dood werk nie, want die opstanding uit die dood, en die konsep van die ewige lewe, is iets wat eers voluit deur die bediening en werk van Jesus moontlik en duidelik geword het (deur Sy eie dood heen – Joh 12:27!). Ons ervaar dus vandag nie meer dieselfde vrees vir die dood, as wat Dawid weens sy siekte mee moes werk nie, omdat Christus ons daarvan verlos het (“Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal lewe, al sterwe hy of sy ook.” – Joh 11:25).
Dit beteken dat ons wel mag vra vir genesing in hierdie lewe, maar altyd met die perspektief dat die dood sy verskrikking vir ons verloor het, en dat selfs as God nie vir ons in dié lewe genesing gee nie, ons steeds God se sorg in die lewe hierna sal belewe. Die ewige lewe is immers om God te ken … en dit begin reeds nou al (Joh 17).
View all posts in this series
- Psalms 1-41 – 4de kwartaal 2011 - Oct 12, 2011
- WEEK 1: Inleiding op die Psalms – God is die sin en betekenis van die lewe - Oct 13, 2011
- Psalms ingedeel in vyf Psalmboeke - Oct 14, 2011
- Historiese raamwerk - Oct 17, 2011
- Teologiese temas, soorte Psalms en Jesus en die Psalms - Oct 18, 2011
- Samestelling van Psalms 1-41, leesplan en Lectio Divina - Oct 19, 2011
- Lectio Divina
- WEEK 2: Psalm 1-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede - Oct 20, 2011
- Psalm 1 – Geseënd is dié wat hul vreugde in God vind
- Psalm 2 – Geseënd is dié wat op God vertrou - Oct 21, 2011
- Psalm 3-4 – God bring rus en vrede as ons Hom vra - Oct 24, 2011
- Psalm 5 – God gee vreugde aan dié wat by Hom skuil - Oct 25, 2011
- Psalm 6 – Genesing is genade
- Psalm 7-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede - Oct 26, 2011
- WEEK 3: Psalm 9-14 – God verlos sy mense van allerlei verdrukkende omstandighede - Oct 27, 2011
- Psalm 9-10 – God gee nuwe moed en laat reg geskied
- Psalm 11 – om God te vertrou in ’n krisis - Oct 28, 2011
- Psalm 12 – Vertrou op die beloftes van die Here - Oct 31, 2011
- Psalm 13 – Kyk tog en luister na my, Here, my God - Nov 1, 2011
- Psalm 14 – Net ‘n dwaas sê daar is geen God nie - Nov 2, 2011
- WEEK 4: Psalm 15-24 – God nooi ons uit om in sy teenwoordigheid te lewe - Nov 3, 2011
- Psalm 15 + 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom
- Psalm 16 – Daar is niks goeds behalwe by God nie - Nov 4, 2011
- Psalm 23 – die gebed vir alle seisoene van die lewe
- Psalm 17 + 22 – God verontagsaam nie die gebed van die hulpelose nie - Nov 7, 2011
- Psalm 18 + 20-21 – God gee oorwinning - Nov 8, 2011
- Psalm 19 – God bestaan en God praat met ons - Nov 9, 2011
- WEEK 5: Psalm 25-33 – God roep ons op om moed te hou, want Hy is die Skepperkoning - Nov 10, 2011
- Psalm 25 + 33 – God sorg vir dié wat Hom vertrou
- Psalm 26 + 32 – God skenk ’n lewe van integriteit en vertroue - Nov 11, 2011
- Psalm 27 + 31 – Vertrou God, wees sterk en vol moed - Nov 14, 2011
- Psalm 28 + 30 – Lof aan God omdat Hy gehoor en gehelp het - Nov 15, 2011
- Psalm 29 – Die God van die natuur sorg ook vir sy kinders - Nov 16, 2011
- WEEK 6: Psalm 34-37 – God se teenwoordigheid word geken in die gemeenskap van gelowiges - Nov 17, 2011
- Psalm 34 – Dankbaarheid lei tot wysheid
- Psalm 37 – Wysheid lê in ’n God-gesentreerde lewe - Nov 18, 2011
- Psalm 35 – Gebed om redding in vervolging - Nov 21, 2011
- Psalm 36 – Laat U liefde bly by dié wat U erken - Nov 22, 2011
- Psalm 37 – Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie - Nov 23, 2011
- WEEK 7: Psalm 38-41 – God verlos ons van ons sonde en gee ons blydskap - Nov 24, 2011
- Psalm 38 – Moet my nie verlaat nie, help my gou, my Redder
- Psalm 39 – Ek wil sorgvuldig let op my lewe en op U - Nov 25, 2011
- Psalm 40 – U woord is my hele lewe - Nov 28, 2011
- Psalm 41 – Omgee vir swakkes gee vrymoedigheid in gebed - Nov 29, 2011
- Psalm 1 (2de keer) – Die Here ken my
- Mag ons vandag nog mense verag? - Sep 12, 2012
- Die 2de Psalmboek (42-72): Bedaar en erken dat Ek God is - Jan 23, 2013
- Opbou van Psalms 42-72 – digters en temas
- Indeling van die leeswerk vir Psalms 42-72
- Byeenkomste in Somerstrand
- Lectio Divina vir die Psalms
- Digterlike taal
- Psalms vir die lewe
- Oor die liedere wat ons sing in die kerk
- Ander bydraes oor die Psalms by Bybelskool.com
- Psalm 42-43 – Gebed bring vertroue selfs in die ervaring van God se afwesigheid - Jan 24, 2013
- Psalm 44 – Kom ons tog te hulp in ons ellende - Jan 25, 2013
- Psalm 45 – Huwelikslied vir die koning en koningin - Jan 28, 2013
- Psalm 46 – Bedaar en erken dat Ek God is - Jan 29, 2013
- Psalm 47 – ’n Verenigde volk van God uit al die nasies - Jan 30, 2013
- Psalm 48 – God sal ons altyd lei - Jan 31, 2013
- Psalm 49 – Dis dwaas om op rykdom te vertrou - Feb 1, 2013
- Psalm 50 – Loof God deur Hom in alles te erken en vereer - Feb 4, 2013
- Psalm 51 – Wees my genadig, o God - Feb 5, 2013
- Psalm 52 – God is goed en sorg vir my - Feb 6, 2013
- Psalm 53 – Dit is dwaas om sonder God te probeer lewe - Feb 7, 2013
- Psalm 54 – God red my uit elke benoudheid - Feb 8, 2013
- Psalm 55 – Laat jou sorge aan die Here oor - Feb 11, 2013
- Psalm 56 – God let op ons trane - Feb 12, 2013
- Psalm 57 – Van vrees na versekering - Feb 13, 2013
- Psalm 58 – Daar is tóg ’n God - Feb 14, 2013
- Wraakgierigheid in die Psalms
- Psalm 59 – Breek hulle stadig af deur u mag - Feb 15, 2013
- Psalm 60 – Laat dit tog weer met ons goed gaan - Feb 18, 2013
- Psalm 61 – Ek bid tot u van ver, Hoor my van naby - Feb 19, 2013
- Psalm 62 – Net by God vind ek rus - Feb 20, 2013
- Psalm 63 – Ek bly altyd naby U - Feb 21, 2013
- Psalm 64 – God sorg vir die regverdiges - Feb 22, 2013
- Psalm 65 – Waar U ook gaan, is daar oorvloed! - Feb 25, 2013
- Psalm 66 – God se dade moet vir almal vertel word - Feb 26, 2013
- Psalm 67 – Geseën om te seën - Feb 27, 2013
- Psalm 68 – God vul alles en almal met Sy teenwoordigheid - Feb 28, 2013
- Psalm 69 – Moenie dat dié wat op U vertrou, deur my toedoen teleurgestel word nie - Mar 1, 2013
- Psalm 70 – Kom tog gou na my toe, o God - Mar 4, 2013
- Psalm 71 – Moet my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie - Mar 5, 2013
- Psalm 72 – Leer die koning om volgens u wil te regeer - Mar 6, 2013
- Video oorsig oor die Psalms van The Bible Project - Dec 11, 2015