Skip to main content

Psalm 115 – Nie aan ons nie, Here, maar aan u Naam kom die eer toe

Psalm115‘n Interessante aspek van Psalm 115 help ‘n mens om aan die een kant die moontlike funksie en rol daarvan in oud-Israel agter te kom en aan die ander kant om dit vir jouself toe te eien.  Dit is die waarneming van baie geleerdes dat daar verskillende stemme in die Psalm onderskei kan word.

115:1-8 – Nie aan ons nie, Here, maar aan u Naam kom die eer toe

Dit wil voorkom asof dieselfde stem die Psalm begin – vers 1-8 – en die Psalm eindig – vers 17-18.  Waarskynlik was dit die geloofsgemeenskap in die tempel.

Dit gaan in vers 1-8 oor die aanvanklike weeklag van die geloofsgemeenskap, waarskynlik in die ontwrigtende situasie van die terugkoms ná die ballingskap, oor die spottery wat hulle moet verduur van afgodsdienaars wat die Here se bestaan ontken. Hulle herinner die Here aan sy liefde en trou wat eer aan sy Naam gee.

Let op hoe die geloofsgemeenskap met dié klag hulle eie posisie in afhanklikheid van die Here uitspel: “Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe.” Hoekom?  “Want dit is U wat liefde en trou bewys.”  Ja, verseker, “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is …” het Jesus die Bergrede begin (Matt. 5:3).

Vandaar die klag dat die heidene met dié God die spot dryf terwyl nie net Israel se God in die hemel is en: “Alles wat Hy wil”, kan doen nie, maar op die koop toe dat die afgode van die nasies: “die werk van mensehande is”.  Die interessante is hoe Israel ook raaksien dat as ‘n mens op dooie beelde vertrou, jy eintlik net soos hulle word.  Ontstellend en afskuwelik.

115:9-14 – Vertrou op die Here en sy beloftes

In die middelste gedeelte – vers 9-14 – kan ‘n mens waarskynlik drie ander verskillende stemme onderskei – moontlik voorgedra deur van die priesters – wat die gebruik van dié Psalm in ‘n liturgie verder onderstreep.

  • Vers 9-10 reageer op die weeklag van die geloofsgemeenskap en beklemtoon vertroue op die Here se hulp en beskerming. Die priesters sowel as die volk word daaraan herinner.
  • Vers 11-12 herinner die geloofsgemeenskap om na te dink nie net oor hulle klag nie, maar oor die wonderlike werklikheid dat Here aan hulle dink en sy algemene seën aan die geloofsgemeenskap sal skenk. Weereens is dit van toepassing op beide die huis van Aäron en die huis van Israel, die geestelikes sowel as die geloofsgemeenskap, “klein en groot”.
  • Vers 13-14 gaan nog verder en herinner hulle aan die Here se beloftes rondom die seën van ‘n nageslag en koppel dit aan sy Skeppingsmag. Dié beloftes word nie net uitgespel nie, maar aktief ingespan om vir die Here se vervulling daarvan te vra.  Soos die hemel daar is vir die Here, só is die aarde en sy seën daar vir die mense en pleit hulle dat hulle iets daarvan sal kan ervaar.

115:17-18 – So lank as wat ons lewe, sal ons die Here prys

Die geloofsgemeenskap sluit in vers 17-18 op ‘n lofprysende noot af met die voorneme om die Here steeds te prys, “nou en vir altyd!” in reaksie op die herinnering en beloftes van die middelste gedeelte.  Omdat die dooies die Here nie meer op aarde kan prys nie, sal dié wat steeds lewe nie ophou om die Here te prys nie, “nou en vir altyd.”  Implisiet is daar in dié lofprysing ook die versugting dat die Here hulle in die lewe sal hou.

Boodskap

Die Psalm is ‘n wonderlike uitnodiging om met jou eie situasie voor die Here te kom en aan die een kant jou eie afhanklikheid van die Here te erken, maar aan die ander kant ook jouself te herinner aan God se beloftes en jou vandag in vertroue op God se hulp, beskerming en seën te verlaat.

Die Psalm laat my dink aan die opmerking wat John R.W. Stott oor Bybelstudie gemaak het:

In the Bible God gives us revelations of himself which leads us to worship, promises of salvation which stimulates our faith, and commandments expressing his will which demand our obedience.  This is the meaning of Christian discipleship.

Dié Psalm leen hom uitstekend daartoe om te lees vir openbarings van God self – Hy bewys liefde en trou, Hy help en beskerm – sy beloftes – Hy seën in die algemeen sowel as in spesifieke omstandighede – en opdragte – om Hom te vertrou en nou en vir altyd te loof.  Die meeste Bybelgedeeltes kan met dié eenvoudige drie vrae gelees word tot groot seën vir jou.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on EENJAAR BYBELLEESPROGRAM 2020Welkom, stuur sommer vir my die aangepaste een ook, asb. Laai dit hier af:Eenjaar Bybellees program 2020
  • Elmarie Allies on EENJAAR BYBELLEESPROGRAM 2020Goeiemore Ons wil graag die Bybel in 1 jaar deurlees. Ek kry dit slegs op pdf. Kan dit asb vir my in wordformaat stuur sodat ek die datums kan aanpas asb. Ons is 'n nuutgestigte gebedsgroep. Baie dankie
  • Chris van Wyk on SpreukeHi Retha, ek kan jou nie self terugsit nie. Jy kan dit hier doen: https://wordpress.com/reader/subscriptions. Kies Bybelskool.com daar.
  • Retha Roux on SpreukeSal graag weer gereeld die Bybelstudie per epos wil ontvang. Groot asseblief. retharoux@telkomsa.net My epos het op stadium probleme gegee en ek kon niks ontvang nie, masr is nou weer herstel. Baie dankie. Retha Roux
  • Chris van Wyk on Psalm 6Hi Japie, uit die konteks van vers 8-9, en 11 in die Psalm lyk dit asof Dawid verwys na verlossing van vyande wat met Absalom se opstand of Saul se vervolging te make kan hê.
  • Japie Martin on Psalm 6Hi Ds Chris: is daar meer inligting rondom vers 10 van die Psalm
  • Chris van Wyk on Genesis – Die oorsprong van alle dingeHi, ek verkies om met die skriftelike bronne te werk wat die geskiedenis beskryf. Die skriftelike bronne van die Sumeriërs beskryf die geskiedenis tot so 3 000 jaar v.C. Die skriftlike bronne van die Jode, dit wat ons as die OT ken, bevat geslagsregisters, wette en verhale wat die vroeëre geskiedeni…
  • Louis Scheun on Genesis – Die oorsprong van alle dingeEk het sopas aangesluit. Wat my nog altyd pla is dat daar byvoorbeeld van inwoners in die Amerikas 10.000 of 20.000 daar aangekom het. Hoe sinkroniseer ons dit met die Bybelse tyd. Baie dankie. Louis Scheun.
  • Chris van Wyk on Inleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
  • Betsy Bester on Inleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
  • Chris van Wyk on Hosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
  • Renier on Hosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
  • Chris van Wyk on Lukas 23Ek stuur.
  • Elma Bosch on Lukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
  • Trudie Vorster on Nuusbrief Mei 2025Prys die Here🙏🙏🙏