Psalm 100 – Juig al wat leef, juig voor die Heer!

Psalm 100 is seker een van die bekendste lofpsalms wat steeds gesing word in ons kerke.  Die titel van die Psalm is nie verniet nie: “’n Psalm.  Vir lofprysing.” (2014 vertaling) en “’n Dankpsalm” (1983 vertaling).  Albei titels is verantwoorde vertalings van die oorspronklike, omdat die woord tôdâ vir baie betekenisse gebruik kan word: lofprysing, danklied, verklaring, en selfs vir belydenis (vgl. bv. Jos. 7:19; Esra 10:11).

Dit is ’n kort Psalm en daarom wil ek net drie perspektiewe uitlig: 1) Hoe God geteken word, en 2) Wie Hom moet loof, en 3) Hoe ons Hom moet prys/dank.

1. Die Here is God

Jahwe (Here) word as God geteken en alle mense op aarde opgeroep om Jahwe as God te erken.  Hy moet gedien word met blydskap; Hy moet erken word as God; Hy moet geprys word, omdat Hy goed is vir ewig en deur die geslagte.

2. Die ganse aarde moet hom prys

Let op dat dié lofpsalm vir die hele aarde bedoel is: “Juig die Here toe, o ganse aarde.” (2014 vertaling).  Dit beteken dat hier ’n universele oproep is aan almal wat leef en beef op die aarde om die Here met blydskap en vreugde te dien.  Meer nog, hulle almal word geteken as begunstigdes van God se versorgende hand, want hulle almal is sy kleinvee wat Hy laat wei.

Uiteraard gee almal nie hieraan gehoor nie, en gaan hulle nie almal deur die poorte van die tempel in met dankliedere en lofsange nie, maar die feit dat hulle in God hulle oorsprong het, dat Hy vir hulle sorg, word nie daarmee verminder nie.

Met sewe opdragte word dié dinamiese karakter van hierdie lof uitgedruk: juig, dien, gaan (kom), erken, gaan, dank, prys.  Die Here moet met blydskap gedien word.

3. Erken God se goedheid en troue liefde

Die inhoud van ons lof aan God word gekoppel aan die erkenning dat Hy God is, dat Hy ons gemaak het, dat ons aan Hom behoort, dat Hy ons soos ’n kudde kleinvee versorg, dat sy goedheid en troue liefde van geslag tot geslag duur, vir ewig.

Dit is waarom die styl van ons lof geteken word as een van blydskap en vreugde.  In die tempel moet sy poorte met lofprysing binnegegaan word, sy voorhowe met ’n loflied.  Hy moet geloof word.  Sy Naam moet geprys word.

Die boodskap van die Psalm

Psalm 100 maak ’n paar regtig belangrike punte.  Die eerste is: Jahwe is God, en niemand meer.  Die tweede is: Alle mense moet Hom loof.  En dit is baie belangrik: wanneer ons in die kerk hierdie lied sing, het dit betekenis vir die hele mensdom.  Ons moet hulle die hele tyd in gedagte hou as ons dié lied uit volle bors sing.

As jy dus weer sing: “Juig almal tot Gods lof en eer, kom dien met blydskap God die Heer.” (of soos dit vroeër was: “Juig al wat leef, juig voor die Heer, dien God met blydskap gee Hom eer!”), dan dui dit nie net op dié wat langs jou in die kerkbanke sit of staan nie.  Jy sluit elke mens op aarde in by jou loflied!

Daarom sing ek ook vandag: “Juig al wat leef, juig voor die Heer, dien God met blydskap, gee Hom eerKom nader voor Sy aangesig en prys Hom met ’n lofgedig!

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
  • Petrus on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofGoeie Dag Chris Ivm die nommer 666. Ek het 'n interessante video gesien oor iemand wat selfs 'n boek daaroor geskryf het en die nommer met Mohammad/Allah verbind. Denkend aan die Openbaring 13 skrywe waar die wat nie die merk dra nie van ekonomiese welvaart afgesny word kilnk dit vir my reg. Soos jy…
  • Chris van Wyk on Lukas 10:38-42 – Kies om na Jesus te luister, want dit sal nie van jou af weggeneem word nieMy voorreg, Reinette.
%d bloggers like this: