Psalm 3-4 – God bring rus en vrede as ons Hom vra
Sommige dink dat ’n mens in Psalm 4 eerder moet dink aan die ervaring van swak – of misoeste, moontlik weens droogte, na aanleiding van vers 8 wat ’n skerp kontras trek tussen die Psalmis/Dawid en die mense wat koring en wyn in oorvloed het.
Terloops: die woord Sela kom meer as 70 keer voor in ongeveer 40 van die Psalms, waarvan die eerste hier in Psalm 3 en 4 is. Die betekenis van die woord is onbekend, maar dit wil lyk asof dit ’n pouse in die lees of sing van die Psalm aangedui het, waarskynlik ’n teken vir die koorleiers en musikante. Ons moet dit dus eintlik nie lees of sing nie, maar ’n oomblik van stilte gee, as ons by die woord Sela kom.
Psalm 3
Ek dink ’n belangrike perspektief vir hierdie Psalm, is dat ’n mens dié Psalm kan bid, selfs al is jy medeverantwoordelik vir die negatiewe dinge wat in jou lewe gebeur. Die Here luister na dié wat in Hom glo en sy teenwoordigheid opsoek, ongeag met watter geskiedenis hulle by Hom opdaag! Jy kan meer oor die hele ongelukkige geskiedenis tussen Dawid en Absalom – wat agter hierdie Psalm lê – lees in hierdie 2 bydraes van my daaroor:
- 2 Samuel 11-12 – die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here
- 2 Samuel 13 – dis ontstellend dat Tamar geen geregtigheid kry met haar gewelddadige verkragting nie
Let op hoe Dawid vasgryp aan God nie net ten spyte van die verlede nie – sy gebrek aan optrede as ouer nie net teenoor Absalom nie, maar ook teenoor Tamar, wat onder andere Absalom op die verkeerde pad geplaas het – maar ook ten spyte van die opstand van sy ander teëstanders wat sê dat God nie na hom sal luister nie. Dit verg moed en geloofsvertroue!
Hierdie tipe gebed bring God in beweging, wat nie net vir hom gemoedsrus gee sodat hy kan slaap nie, maar ook uiteindelik sy omstandighede verander, hoewel dit steeds nie ’n maklike pad was vir hom nie. Jy kan meer hieroor lees in 3 van my ander bydraes daaroor:
- 2 Samuel 14-15 – Dawid bid tot God EN beplan strategies om die opstand van sy seun Absalom die hoof te bied
- 2 Samuel 16-18 – God is agter alles besig om sy wil uit te werk in die doen en late van mense
- 2 Samuel 19-21 – die politieke pendulum swaai terug na Dawid, maar die onderliggende konflik bly voortbestaan
Let op hoe sy gebed en die verhoring daarvan uitmond in getuienis wat ook ander mense – dit is nou jy en ek – inspireer om hulp by die Here te soek.
Psalm 4
Weereens moet Dawid sy geloof en vertroue in God alleen stel, al is daar baie teenstand van (naby?)-mense wat dié geloof en vertroue bespotlik maak en eintlik hulle ongeloof demonstreer dat God enigsins kan optree. Dawid is oortuig dat die Here steeds wonders doen vir dié wat Hom daarvoor vertrou.
Vers 5 is waarskynlik ’n stukkie lewenswysheid wat Dawid neerpen – midde in sy gebed – wat ons leer dat ’n mens nie self negatief op ongelowige perspektiewe moet reageer nie, en op die Here alleen moet vertrou: “As jy ontsteld raak, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê, en laat dit daarby! “
Daarby moet ons die normale dinge wat God van ons vra (bv offers in Dawid se tyd – geestelike offers [ons hele manier van lewe] in ons tyd – 1 Pet 2:5 en Rom 12:1-2) bly doen, terwyl ons Hom vertrou.
Dan kan ons met oorgawe fokus op wat God gaan gee en bring dit rus in ons gemoed – soos Dawid sê – wat ons rustig laat slaap en veilig laat woon. En dink net – as dit waar sou wees dat Dawid dié gebed bid terwyl hy besig is om te vlug van Absalom – met hoeveel meer oortuiging jy in jou eie krisisse op hierdie vrede-gewende God kan staatmaak.
Dit laat my ook dink aan Fil 4:6-8 wat ons aanmoedig om ons gedagtes te fokus op dit wat waar, edel, reg, rein, mooi en prysenswaardig is, NADAT ons ons begeertes in alles aan die Here in gebed, smeking en danksegging bekend gemaak het. Dit is dan dat die vrede van God ons emosies en beplanning in die regte rigting sal begelei!
View all posts in this series
- Psalms 1-41 – 4de kwartaal 2011 - October 12, 2011
- WEEK 1: Inleiding op die Psalms – God is die sin en betekenis van die lewe - October 13, 2011
- Psalms ingedeel in vyf Psalmboeke - October 14, 2011
- Historiese raamwerk - October 17, 2011
- Teologiese temas, soorte Psalms en Jesus en die Psalms - October 18, 2011
- Samestelling van Psalms 1-41, leesplan en Lectio Divina - October 19, 2011
- Lectio Divina
- WEEK 2: Psalm 1-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede - October 20, 2011
- Psalm 1 – Geseënd is dié wat hul vreugde in God vind
- Psalm 2 – Geseënd is dié wat op God vertrou - October 21, 2011
- Psalm 3-4 – God bring rus en vrede as ons Hom vra - October 24, 2011
- Psalm 5 – God gee vreugde aan dié wat by Hom skuil - October 25, 2011
- Psalm 6 – Genesing is genade
- Psalm 7-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede - October 26, 2011
- WEEK 3: Psalm 9-14 – God verlos sy mense van allerlei verdrukkende omstandighede - October 27, 2011
- Psalm 9-10 – God gee nuwe moed en laat reg geskied
- Psalm 11 – om God te vertrou in ’n krisis - October 28, 2011
- Psalm 12 – Vertrou op die beloftes van die Here - October 31, 2011
- Psalm 13 – Kyk tog en luister na my, Here, my God - November 1, 2011
- Psalm 14 – Net ‘n dwaas sê daar is geen God nie - November 2, 2011
- WEEK 4: Psalm 15-24 – God nooi ons uit om in sy teenwoordigheid te lewe - November 3, 2011
- Psalm 15 + 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom
- Psalm 16 – Daar is niks goeds behalwe by God nie - November 4, 2011
- Psalm 23 – die gebed vir alle seisoene van die lewe
- Psalm 17 + 22 – God verontagsaam nie die gebed van die hulpelose nie - November 7, 2011
- Psalm 18 + 20-21 – God gee oorwinning - November 8, 2011
- Psalm 19 – God bestaan en God praat met ons - November 9, 2011
- WEEK 5: Psalm 25-33 – God roep ons op om moed te hou, want Hy is die Skepperkoning - November 10, 2011
- Psalm 25 + 33 – God sorg vir dié wat Hom vertrou
- Psalm 26 + 32 – God skenk ’n lewe van integriteit en vertroue - November 11, 2011
- Psalm 27 + 31 – Vertrou God, wees sterk en vol moed - November 14, 2011
- Psalm 28 + 30 – Lof aan God omdat Hy gehoor en gehelp het - November 15, 2011
- Psalm 29 – Die God van die natuur sorg ook vir sy kinders - November 16, 2011
- WEEK 6: Psalm 34-37 – God se teenwoordigheid word geken in die gemeenskap van gelowiges - November 17, 2011
- Psalm 34 – Dankbaarheid lei tot wysheid
- Psalm 37 – Wysheid lê in ’n God-gesentreerde lewe - November 18, 2011
- Psalm 35 – Gebed om redding in vervolging - November 21, 2011
- Psalm 36 – Laat U liefde bly by dié wat U erken - November 22, 2011
- Psalm 37 – Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie - November 23, 2011
- WEEK 7: Psalm 38-41 – God verlos ons van ons sonde en gee ons blydskap - November 24, 2011
- Psalm 38 – Moet my nie verlaat nie, help my gou, my Redder
- Psalm 39 – Ek wil sorgvuldig let op my lewe en op U - November 25, 2011
- Psalm 40 – U woord is my hele lewe - November 28, 2011
- Psalm 41 – Omgee vir swakkes gee vrymoedigheid in gebed - November 29, 2011
- Psalm 1 (2de keer) – Die Here ken my
- Mag ons vandag nog mense verag? - September 12, 2012
- Die 2de Psalmboek (42-72): Bedaar en erken dat Ek God is - January 23, 2013
- Opbou van Psalms 42-72 – digters en temas
- Indeling van die leeswerk vir Psalms 42-72
- Byeenkomste in Somerstrand
- Lectio Divina vir die Psalms
- Digterlike taal
- Psalms vir die lewe
- Oor die liedere wat ons sing in die kerk
- Ander bydraes oor die Psalms by Bybelskool.com
- Psalm 42-43 – Gebed bring vertroue selfs in die ervaring van God se afwesigheid - January 24, 2013
- Psalm 44 – Kom ons tog te hulp in ons ellende - January 25, 2013
- Psalm 45 – Huwelikslied vir die koning en koningin - January 28, 2013
- Psalm 46 – Bedaar en erken dat Ek God is - January 29, 2013
- Psalm 47 – ’n Verenigde volk van God uit al die nasies - January 30, 2013
- Psalm 48 – God sal ons altyd lei - January 31, 2013
- Psalm 49 – Dis dwaas om op rykdom te vertrou - February 1, 2013
- Psalm 50 – Loof God deur Hom in alles te erken en vereer - February 4, 2013
- Psalm 51 – Wees my genadig, o God - February 5, 2013
- Psalm 52 – God is goed en sorg vir my - February 6, 2013
- Psalm 53 – Dit is dwaas om sonder God te probeer lewe - February 7, 2013
- Psalm 54 – God red my uit elke benoudheid - February 8, 2013
- Psalm 55 – Laat jou sorge aan die Here oor - February 11, 2013
- Psalm 56 – God let op ons trane - February 12, 2013
- Psalm 57 – Van vrees na versekering - February 13, 2013
- Psalm 58 – Daar is tóg ’n God - February 14, 2013
- Wraakgierigheid in die Psalms
- Psalm 59 – Breek hulle stadig af deur u mag - February 15, 2013
- Psalm 60 – Laat dit tog weer met ons goed gaan - February 18, 2013
- Psalm 61 – Ek bid tot u van ver, Hoor my van naby - February 19, 2013
- Psalm 62 – Net by God vind ek rus - February 20, 2013
- Psalm 63 – Ek bly altyd naby U - February 21, 2013
- Psalm 64 – God sorg vir die regverdiges - February 22, 2013
- Psalm 65 – Waar U ook gaan, is daar oorvloed! - February 25, 2013
- Psalm 66 – God se dade moet vir almal vertel word - February 26, 2013
- Psalm 67 – Geseën om te seën - February 27, 2013
- Psalm 68 – God vul alles en almal met Sy teenwoordigheid - February 28, 2013
- Psalm 69 – Moenie dat dié wat op U vertrou, deur my toedoen teleurgestel word nie - March 1, 2013
- Psalm 70 – Kom tog gou na my toe, o God - March 4, 2013
- Psalm 71 – Moet my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie - March 5, 2013
- Psalm 72 – Leer die koning om volgens u wil te regeer - March 6, 2013
- Video oorsig oor die Psalms van The Bible Project - December 11, 2015
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar