Skip to main content

Psalm 119:25-32 – DALET: Die pad van u bevele volg ek geesdriftig

Psalm119-daletEk verkneukel my in die vernuftigheid van die Psalmis wat in hierdie vierde gedeelte – waarvan elke reël begin met die letter DALET – regdeur die ander groot woord van God se pad met ons inspan om sy boodskap oor te bring.  Dit is die woord DÊRÊG (pad) wat ook met ‘n Dalet begin.

Let op hoe hy aan die een kant oop en eerlik voor die Here kom en sy eie lewenspad met die Here deel (119:26) wat uiteraard ook kommer insluit (119:28) en die problematiek van bedrog (119:29).  En wonder bo wonder het die Here hom geantwoord deur hom sy voorskrifte te gee sodat hy God se pad kan verstaan en daarvolgens – of meer korrek – daarop kan wandel.

Dit is die pad van God se opdragte, van eerlikheid, en van God se bevele.  Daarom leer die Psalmis by God sy voorskrifte, vra hy dat God hom sal help om sy opdragte te verstaan: “sodat ek oor u wonders kan nadink.”  Hy verlaat hom ook heel pertinent op God se genade, want in die lig van die wet se eise is dit presies wat hy nodig het (119:29)!

En soos hy God se beslissings en bepalings agterkom, hou hy dit voor oë, hou hy daaraan vas in die gebed dat die Here hom nie beskaamd sal laat staan nie: “Die pad van u bevele volg ek geesdriftig, want U verruim my insig.

Die Woord is regtig ‘n huis om in te woon.  Soos ‘n mens groei in die insig en begrip van God se pad met jou, neem sy wil vorm aan soos ‘n huis waarin jy vertroud raak met die kamers en die lewe wat daarin moontlik is.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Inleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
  • Betsy Bester on Inleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
  • Chris van Wyk on Hosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
  • Renier on Hosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
  • Chris van Wyk on Lukas 23Ek stuur.
  • Elma Bosch on Lukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
  • Trudie Vorster on Nuusbrief Mei 2025Prys die Here🙏🙏🙏
  • Chris van Wyk on Matteus 27Ek waardeer die terugvoer. Ek stuur vir jou die lêers per e-pos.
  • briefly31ea27a91f on Matteus 27Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Is dit moontlik om dit ook vir my te stuur. E-pos : heydenrychwilma1961@gmail.com Ek is van die NG Gemeen…
  • Chris van Wyk on Matteus 27Hi Neels, ons lees nie in die NT dat Petrus eksplisiet sy sonde voor die Here bely en om vergifnis vra nie. Ons sien wel dat dit indirek gebeur met sy hartseer in die voorhof ná hy die Here Jesus verloën het (Luk. 22:62). Ons sien dit ook in sy keuse om na Jesus te gaan op die strand en in die gespr…
  • Neels Fourie on Matteus 27Goeie more prof, kan jy vir my die skrif stuur waar Petrus vergifnis gevra het asb
  • Chris van Wyk on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afEk sien self uit na die reis!
  • Dianne on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afBaie dankie vir die geleentheid om saam met julle deur die woord te reis.Amen
  • andrebrophy812 on Johannes 17Good day sir. Thank you for the meaningful insight. May the Good Lord bless and keep your own spirit always in connection with the Holy spirit
  • Chris van Wyk on SubscribeWelkom. Ek stuur na jou Inbox.