Skip to main content

Oor die liedere wat ons sing in die kerk

Dat die Psalms oor die hele lewe sing, in klag- sowel as lof-formaat, laat ’n mens besef dat ons die Psalms nodig het in ons liedereskat.  Ons kan nie net bruisende oorwinningsliedere sing nie of liedere wat sing van vrede en voorspoed nie, want dit ontken die werklikheid.  Die lewe is nie só nie.  Daar is nie net verblydende voorsienings nie, maar ook afgryslike donkertes.  Dinge werk nie altyd uit nie.  Dit loop soms skrikwekkend skeef.

Dink ‘n bietjie aan die liedere wat ons baie keer in die kerk sing.  Dit bruis van die lewe, motiveer ons om God se teenwoordigheid te vier, bevestig ons in ons diens aan God.  En natuurlik is dit deel van ons ervaringswêreld, soos dit inderdaad ook in die Psalms gevier word.  In ’n sekere sin daag dit die duisternis uit, sing ons die duisternis uit die pad, bely ons dat God die oorwinnaar is.

Maar, dié liedere is eintlik net halfpad waar.  Dit word nie gevoed uit die volheid van ons en ander se werklike ervarings nie, maar uit ’n soort Westerse optimisme, wat juis die pyn van dinge wat vasgeval is, ontken.  Daarom is die aantal Psalms wat praat van disoriëntasie so ongelooflik belangrik, omdat dit ons help om die donkerte in die oë te staar.  Nie net dit nie, om die donkerte voor God te bring en vir Sy ingrype te pleit.

Daarom dat ons in die kerk ook Psalms moet sing, al het ons ’n pyn met sommige van die – vir die gewone publiek – onsingbare melodieë.  Ons moet mense soos Louis Brittz aanmoedig om meer en meer van hierdie Psalms van ander melodieë te voorsien, sodat ons met die werklikheid van ons hele ervaringswêreld voor God kan verskyn en Sy aangesig kan soek en vra vir geregtigheid.

Alles moet onder woorde gebring word, alles, en aan God se adres gerig word!  Soos ons dit het in bv. Psalm 42-43.  Dan word jy herinner aan en plaas jy jou hoop op God se betroubaarheid in alles en leer jy dat God onveranderlik is in Sy liefde en in Sy vermoë om in te gryp om dinge nuut te maak.

Soos Brueggemann sê: “The Psalms  … keep inviting people … into the wholeness that comes in embraced brokenness.” (p 13 in Brueggemann, W 1984 The Message of the Psalms.  Augsburg: Minneapolis.)

Hope is rooted precisely in the midst of loss and darkness, where God is surprisingly present.” (1984:11-12).  “The Psalms … invite us into a more honest facing of the darkness.  The reason the darkness may be faced and lived in is that even in the darkness, there is One to address.  The One to address is in the darkness but is not simply a part of the darkness (cf. John 1:1-5).  Because this One has promised to be in the darkness with us, we find the darkness strangely transformed, not by the power of easy light, but by the power of relentless solidarity.  Out of the ‘fear not’ of that One spoken in the darkness, we are marvelously given new life, we know not how.  The Psalms are a boundary (cf. Jer. 5:22) thrown up against self-deception.  They do not permit us to ignore and deny the darkness, personally or publicly, for that is where new life is given, whether on the third day or by some other uncontrolled schedule at work amongst us.” (1984:12).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda