Skip to main content

Psalm 149 – Die Here is sy volk goedgesind en sal hulle vergeld

Psalm149Psalm 149 roep die hele geloofsgemeenskap op om God te loof in hulle byeenkomste.  Die redes vir die lof lê in God se goedgesindheid aan sy getroue volgelinge veral in die beskerming teen nasies wat hulle probeer verdruk: “want die Here is sy volk goedgesind; Hy vereer verdruktes met oorwinning.” (vers 4).

Let op hoe dié beskrywing van God aan die een kant tot lofprysing aanleiding gee in die byeenkomste van die geloofsgemeenskap: nuwe liedere wat gesing word, koordanse op die maat van tamboeryne en liere wat uitgevoer word.  Hulle moet oor God se goedgesindheid van die verlede jubel selfs in die nag wanneer hulle gaan slaap.  God se goedgesindheid is ‘n eer wat Hy hulle verleen en wat in sy volle konsekwensies beleef en besing moet word.

Aan die ander kant gee dié beskrywing van God aanleiding tot ‘n gebed om vergelding, sowel as ‘n gereedheid om op te tree wanneer die Here hulle oproep tot die oorwinning oor hulle vyande in die toekoms.  Daar moet dus nie net: “verheerliking van God uit hulle kele” kom nie, maar ook ‘n gereedmaak met ‘n: “tweesnydende swaard in hulle hande” om die Here te volg in sy vergelding oor die nasies, in die straf wat Hy onder die volke sal uitdeel, in die kettings en ysterboeie wat die lot van konings en hooggeplaastes sal wees as God die vonnis oor hulle voltrek: “Dit sal vir al sy getroue volgelinge ‘n glansryke oorwinning wees.

Die Here is dus nie net sy volk goedgesind in terme van sy nabyheid in die verlede nie.  Hy belowe ook dat Hy hulle in die toekoms sal vergeld onder die nasies.  Hy is magtig om op te tree en dinge reg te stel.  Daarvoor moet hulle Hom nie net loof nie, maar gereed wees om Hom na te volg.

Dis duidelik dat die Psalm van ‘n toekomstige oorlog praat wat eintlik alle oorloë tot ‘n einde kan bring, iets wat God se koningskap oor die hele wêreld sal bewerk.  Ons sien dié verwagting op verskeie plekke in die Psalms – Psalm 2; Psalm 18; Psalm 47, hoewel dié Psalm ook van die vereniging van die nasies onder God se heerskappy praat; Psalm 75; Psalm 95 (God is immers koning oor die wêreld sowel as in die geloofsgemeenskap); Psalm 97; Psalm 98 (God kom om oor die hele aarde te heers); Psalm 100 (Alles wat leef moet die Here loof) en nog vele meer.

Paulus het hierdie gedagtes meer volledig uitgewerk in terme van die eskatologiese verwagting wat ook die geloofsgemeenskap van die NT kan hê dat God vergelding sal bring en sy mense in heerlikheid by Hom sal versamel: “God is tog regverdig: die mense onder wie julle nou so ly, sal Hy as straf ook laat ly; en aan julle lyding, en ons s’n, sal Hy ’n einde maak wanneer die Here Jesus met sy magtige engele in ’n vuurvlam uit die hemel verskyn.” (2 Tess. 1:6-8).

Maar, dit sluit in ons bedeling nie die bereidheid vir die fisiese swaard in nie, wel die volgende: “mag Hy deur sy krag julle liefde vir die goeie en die werk van die geloof volkome maak.” (vgl. verder by 2 Tess. 1).   Deel van ons geestelike oorlogvoering in die proses sluit wel die swaard van die Woord in (Ef. 6:10-20), maar kyk ook wat Johannes hieroor skryf in Openb. 18, 19, en 20 oor die voltrekking van God se oordeel wat gelukkig eindig in die visie op die nuwe hemel en aarde wat ‘n heeltemal nuwe bestel bring.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.