Psalms ingedeel in vyf Psalmboeke

Die Psalms het oor ’n baie lang tydperk – waarskynlik meer as 8 eeue – tot stand gekom.  Die eerste Psalms kom uit die tyd van die konings, veral Dawid (73 Psalms word aan hom toegeskryf) – 1040-970 vC.  Daar is ook ’n Psalm van Moses, Psalm 90, wat, as sy outeurskap aanvaar word, die vroegste Psalm is (ongeveer 14 de eeu vC).  Daar is ook Psalms wat na die ballingskap van 597/6-520 vC gedateer word (bv Psalms 85 en 126), waarvan sommige moontlik selfs so laat as die Makkabeër tyd van 167-63 vC gedateer kan word (bv Psalms 44, 74, 79), hoewel die argumente daarvoor nie baie oortuigend is nie, en dit meer waarskynlik is dat die Psalmboek in sy huidige formaat reeds vroeër gefinaliseer is (Nahum Sarna).

Interessant genoeg is die individuele Psalms nie lukraak opgeneem in die Psalmboek nie.  Die Psalms is versamel en in 5 boeke of bundels ingedeel: 1-41; 42-72; 73-89; 90-106; 107-150.

Hierdie indeling word afgelei uit die ooreenstemmende doksologie (uit Grieks: doksa = eer, en legein = spreek – dws om God se eer te betuig) wat verspreid deur die Psalms voorkom, en wat duidelik nie deel van die Psalms self is nie (Psalm 150 sluit die hele Psalmboek af met ’n doksologie):

  • 41:14 – ”Aan die Here, die God van Israel, kom die lof toe tot in die allerverste toekoms. Amen, ja, amen.”
  •  72:18-19 – “Geloof sy God die Here, die God van Israel. Dit is net Hy wat magtige dade doen! Mag sy verhewe Naam vir altyd geloof word, mag die hele wêreld vol wees van sy majesteit. Amen, ja, amen.” Waarby ook nog in vers 20 bygevoeg word: “Hier eindig die gebede van Dawid, seun van Isai.”
  • 89:53 – “Aan die Here kom die lof toe vir altyd. Amen, ja, amen.”
  • 106:48 – “Aan die Here die God van Israel kom die lof toe tot in die allerverste toekoms. Die hele volk moet sê: ‘Amen! Prys die Here!’”
  • 150 – “Prys die Here” op baie verskillende maniere uitgedruk.

’n Mens kan binne die bestaande indeling van die Psalms in 5 boeke of bundels steeds die vorige versamelings raaksien.  Daar is drie versamelings van Dawidiese Psalms (3-41; 51-70; 138-145), twee versamelings van Asaf/Koragiete (42-50; 73-88) en vier versamelings wat rondom temas opgebou is (God se koningskap: 93-100; Lofpsalms: 103-107; Pelgrimsliedere: 120-134; HallelujaPsalms: 111-113 en 146-150).

Terloops, sommige dink dat die redaktors met die indeling van die Psalms in 5 boeke dit met die eerste 5 boeke van die Bybel, die Pentateug, wou verbind:

  • Die temas van skepping, sonde en verlossing in Psalms 1-41 sou dan met Genesis verband hou,
  • die skerp fokus op verlossing in Psalms 42-72 sou met Eksodus verband hou,
  • die klem op die heiligdom in Psalms 73-89 sou met Levitikus verband hou,
  • die verwysing na Moses en die woestyntyd in Psalms 90-106 sou met Numeri verband hou en laastens sou
  • die klem op die Woord van God in Psalms 107-150 met Deuteronomium verband hou.

Maar, die skema maak nie regtig baie sin nie, omdat die temas ook in die ander dele van die Psalmboek voorkom, en bly slegs ’n interessante poging om die indeling te verklaar.

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
  • Mariaana on RomeineHoe maak ek om die bybelstudie oor die boek Romeine te bekom En ook oor God Se wil asb
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieHi Petrus, FF Bruce verklaar dit in sy kommentaar só: "Moenie in jou hart sê: ‘Wie sal na die hemel opvaar nie?’ – dit wil sê om Christus neer te brin…
%d bloggers like this: