Psalm 52 – God is goed en sorg vir my
Daarom eers ietsie meer oor die stryd tussen Dawid en Doëg, voor die inhoud van die Psalm aan die orde kom.
Die stryd tussen Dawid en Doëg
Vers 1-2 plaas dié Psalm in die konteks van die tragiese gebeure by die tempel in Nob, toe Dawid daarheen gevlug het van Saul af (1 Sam 21). Een van Saul se slawe, Doëg, die hoof van Saul se veewagters, was egter ook daar en het gesien dat die priester Agimelek, ’n afstammeling van Eli (afstammeling van Aäron se jongste seun, Itamar), vir Dawid en sy manne hulp aanbied in die vorm van gewyde brood en ook die swaard van Goliat, die Filistyn, wat Dawid verslaan het. Agimelek het ook die Here vir Dawid geraadpleeg en hom daarmee geestelik ondersteun (1 Sam 22:10).
Doëg het vir Saul daarvan laat weet wat op sy beurt beveel het dat die priesters na hom gebring en uitgewis moet word. Nadat die soldate van Saul nie hulle hand aan die priesters se lewe wou slaan nie, het Doëg eiehandig vir Agimelek en al sy priesters om die lewe gebring, ’n hele familie van 85 priesters. Net Abjatar, een van die seuns van Agimelek, het ontsnap en na Dawid toe gevlug. Geen wonder dat Dawid hom oor Abjatar ontferm het en as priester gebruik het nie uit simpatie met die tragiese gebeure en in erkenning van die hulp wat hulle verleen het.
Doëg en Dawid was dus lewenslange vyande as gevolg van dié afgryslike optrede. Daar sit ook waarskynlik meer agter dié persoonlike stryd, want Doëg was ’n Edomiet, afstammeling van Esau. Die konflik tussen Esau en Jakob (Dawid se voorvader) wreek hom dus ook op ’n manier in die stryd tussen Doëg en Dawid.
Die verhaal van Abjatar is verder vervleg met die Dawidgeslag met ’n hele paar verdere interessante en ook tragiese intriges. Hy en Dawid het baie saam deurgemaak, onder andere die opstand van Absalom en hy was een van Dawid se vertrouelinge. Aan die einde van Dawid se lewe het dié verhouding ongelukkig versuur, toe Abjatar eerder vir Adonia as koning gesteun het en nie vir Salomo nie (1 Kon 1:7). Salomo het Abjatar daarom ontslaan as priester en na sy grond in Anatot verban (1 Kon 2:26-27), interessant genoeg juis die dorpie waarvandaan Jeremia later as priester en profeet sou optree. Sommige geleerdes dink dat dit beteken dat Jeremia van Abjatar afstam, maar ons weet nie genoeg om dit te bewys nie. Daarmee is die oordeel oor Eli se geslag ironies genoeg ook voltrek (1 Sam. 2:27–36) wat net wys hoe God se oordeel en mense se optrede op misterieuse wyse saamwerk.
Uitleg
Die Psalm kan in drie dele verdeel word:
- Die slegte dade van Doëg word veroordeel – vers 3-6. Dawid kontrasteer die aksies van Doëg om homself en sy invloed- en magsfeer uit te brei deur ander se ondergang te bewerk en met bedrog en leuens om te gaan, met dié van God wat sorg vir dié wat Hom daarvoor vertrou. Doëg word nie net veroordeel daarvoor nie, maar ook herinner daaraan dat sy pogings uiteindelik verniet is.
- Die vernietiging wat God oor hom gaan bring, word verwelkom – vers 7-9. In baie skerp taal word God se optrede geskets. Basies word die ruimte wat God vir Doëg gegee het om te woon, weggeneem en sy lewe beëindig. Dié aksie sal dien as hoopgewende getuienis aan die regverdiges wat hulle uitnooi om God te bly vertrou. Die poging om onafhanklik van God ryk en sterk te word, slaag nie in die finale instansie nie.
- Die sorg en goedheid van God word verheerlik – vers 10-11. Dawid kontrasteer ook sy eie lewe met dié van Doëg. Dawid kan altyd op God se sorg en goedheid staatmaak. Daarvoor sal hy God altyd bly loof op die vergadering van gelowiges.
Die Psalm herinner dus elkeen van ons wat onder die gemeenheid van ander moes deurloop, dat die laaste sê oor enigiemand se lewe van God af kom. God se sorg en goedheid hou ’n mens in stand selfs wanneer dit lyk asof die boosheid wil-wil seëvier.
View all posts in this series
- Psalms 1-41 – 4de kwartaal 2011 - October 12, 2011
- WEEK 1: Inleiding op die Psalms – God is die sin en betekenis van die lewe - October 13, 2011
- Psalms ingedeel in vyf Psalmboeke - October 14, 2011
- Historiese raamwerk - October 17, 2011
- Teologiese temas, soorte Psalms en Jesus en die Psalms - October 18, 2011
- Samestelling van Psalms 1-41, leesplan en Lectio Divina - October 19, 2011
- Lectio Divina
- WEEK 2: Psalm 1-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede - October 20, 2011
- Psalm 1 – Geseënd is dié wat hul vreugde in God vind
- Psalm 2 – Geseënd is dié wat op God vertrou - October 21, 2011
- Psalm 3-4 – God bring rus en vrede as ons Hom vra - October 24, 2011
- Psalm 5 – God gee vreugde aan dié wat by Hom skuil - October 25, 2011
- Psalm 6 – Genesing is genade
- Psalm 7-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede - October 26, 2011
- WEEK 3: Psalm 9-14 – God verlos sy mense van allerlei verdrukkende omstandighede - October 27, 2011
- Psalm 9-10 – God gee nuwe moed en laat reg geskied
- Psalm 11 – om God te vertrou in ’n krisis - October 28, 2011
- Psalm 12 – Vertrou op die beloftes van die Here - October 31, 2011
- Psalm 13 – Kyk tog en luister na my, Here, my God - November 1, 2011
- Psalm 14 – Net ‘n dwaas sê daar is geen God nie - November 2, 2011
- WEEK 4: Psalm 15-24 – God nooi ons uit om in sy teenwoordigheid te lewe - November 3, 2011
- Psalm 15 + 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom
- Psalm 16 – Daar is niks goeds behalwe by God nie - November 4, 2011
- Psalm 23 – die gebed vir alle seisoene van die lewe
- Psalm 17 + 22 – God verontagsaam nie die gebed van die hulpelose nie - November 7, 2011
- Psalm 18 + 20-21 – God gee oorwinning - November 8, 2011
- Psalm 19 – God bestaan en God praat met ons - November 9, 2011
- WEEK 5: Psalm 25-33 – God roep ons op om moed te hou, want Hy is die Skepperkoning - November 10, 2011
- Psalm 25 + 33 – God sorg vir dié wat Hom vertrou
- Psalm 26 + 32 – God skenk ’n lewe van integriteit en vertroue - November 11, 2011
- Psalm 27 + 31 – Vertrou God, wees sterk en vol moed - November 14, 2011
- Psalm 28 + 30 – Lof aan God omdat Hy gehoor en gehelp het - November 15, 2011
- Psalm 29 – Die God van die natuur sorg ook vir sy kinders - November 16, 2011
- WEEK 6: Psalm 34-37 – God se teenwoordigheid word geken in die gemeenskap van gelowiges - November 17, 2011
- Psalm 34 – Dankbaarheid lei tot wysheid
- Psalm 37 – Wysheid lê in ’n God-gesentreerde lewe - November 18, 2011
- Psalm 35 – Gebed om redding in vervolging - November 21, 2011
- Psalm 36 – Laat U liefde bly by dié wat U erken - November 22, 2011
- Psalm 37 – Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie - November 23, 2011
- WEEK 7: Psalm 38-41 – God verlos ons van ons sonde en gee ons blydskap - November 24, 2011
- Psalm 38 – Moet my nie verlaat nie, help my gou, my Redder
- Psalm 39 – Ek wil sorgvuldig let op my lewe en op U - November 25, 2011
- Psalm 40 – U woord is my hele lewe - November 28, 2011
- Psalm 41 – Omgee vir swakkes gee vrymoedigheid in gebed - November 29, 2011
- Psalm 1 (2de keer) – Die Here ken my
- Mag ons vandag nog mense verag? - September 12, 2012
- Psalms 42-72 – Bedaar en erken dat Ek God is - January 21, 2013
- Die 2de Psalmboek (42-72): Bedaar en erken dat Ek God is - January 23, 2013
- Opbou van Psalms 42-72 – digters en temas
- Indeling van die leeswerk vir Psalms 42-72
- Byeenkomste in Somerstrand
- Lectio Divina vir die Psalms
- Digterlike taal
- Psalms vir die lewe
- Oor die liedere wat ons sing in die kerk
- Ander bydraes oor die Psalms by Bybelskool.com
- Psalm 42-43 – Gebed bring vertroue selfs in die ervaring van God se afwesigheid - January 24, 2013
- Psalm 44 – Kom ons tog te hulp in ons ellende - January 25, 2013
- Psalm 45 – Huwelikslied vir die koning en koningin - January 28, 2013
- Psalm 46 – Bedaar en erken dat Ek God is - January 29, 2013
- Psalm 47 – ’n Verenigde volk van God uit al die nasies - January 30, 2013
- Psalm 48 – God sal ons altyd lei - January 31, 2013
- Psalm 49 – Dis dwaas om op rykdom te vertrou - February 1, 2013
- Psalm 50 – Loof God deur Hom in alles te erken en vereer - February 4, 2013
- Psalm 51 – Wees my genadig, o God - February 5, 2013
- Psalm 52 – God is goed en sorg vir my - February 6, 2013
- Psalm 53 – Dit is dwaas om sonder God te probeer lewe - February 7, 2013
- Psalm 54 – God red my uit elke benoudheid - February 8, 2013
- Psalm 55 – Laat jou sorge aan die Here oor - February 11, 2013
- Psalm 56 – God let op ons trane - February 12, 2013
- Psalm 57 – Van vrees na versekering - February 13, 2013
- Psalm 58 – Daar is tóg ’n God - February 14, 2013
- Wraakgierigheid in die Psalms
- Psalm 59 – Breek hulle stadig af deur u mag - February 15, 2013
- Psalm 60 – Laat dit tog weer met ons goed gaan - February 18, 2013
- Psalm 61 – Ek bid tot u van ver, Hoor my van naby - February 19, 2013
- Psalm 62 – Net by God vind ek rus - February 20, 2013
- Psalm 63 – Ek bly altyd naby U - February 21, 2013
- Psalm 64 – God sorg vir die regverdiges - February 22, 2013
- Psalm 65 – Waar U ook gaan, is daar oorvloed! - February 25, 2013
- Psalm 66 – God se dade moet vir almal vertel word - February 26, 2013
- Psalm 67 – Geseën om te seën - February 27, 2013
- Psalm 68 – God vul alles en almal met Sy teenwoordigheid - February 28, 2013
- Psalm 69 – Moenie dat dié wat op U vertrou, deur my toedoen teleurgestel word nie - March 1, 2013
- Psalm 70 – Kom tog gou na my toe, o God - March 4, 2013
- Psalm 71 – Moet my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie - March 5, 2013
- Psalm 72 – Leer die koning om volgens u wil te regeer - March 6, 2013
- Video oorsig oor die Psalms van The Bible Project - December 11, 2015
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
Onlangse kommentaar