Psalm 16 – Daar is niks goeds behalwe by God nie

Psalm 16 is al op baie maniere in koorstukke verwerk, omdat dit só ’n pragtige prentjie skilder van die rus wat daar in die teenwoordigheid van God is.  Alles vloei uit die verwagting in die eerste vers: “Neem my in beskerming, o God; ek soek skuiling by U.”

Let op hoe die Psalm gemaklik wissel tussen getuienis en gebed, tussen iets sê oor sy verhouding met God, en om God direk aan te spreek.  Sy praat oor God lei tot ’n praat met God en andersom.

Iets wat my besonders tref, is dat hy bely dat God ’n aanspraak op Hom het: “Ek behoort aan U” (vers 2).  Hy gebruik die woord ’Adonay wat Heer of Eienaar kan beteken.  Hy sê letterlik: “My Heer is U”. Maar, dié feit, dat hy God se slaaf is, dat God ’n aanspraak op hom het, is vir hom nie ’n verskrikking nie, maar ’n troos.  Daar is regtig niks goeds vir hom behalwe by God nie – die tema van die Psalm.

Daarom kan hy nee sê vir die afgode wat baie ander verlei (vers 3-4), omdat hy in God se teenwoordigheid die dwaasheid en smart besef wat afgodediens mense berokken.  En dit is nie net omdat hy ervaar dat God sorg en vir hom ’n pragtige deel gegee het nie (vers 5-6).  Dit is ook nie net omdat God hom tot die regte insig bring nie (vers 7).  Dit is veral omdat die Here altyd by hom is, en hy daarom nie struikel nie (vers 8). God se teenwoordigheid verlig sy lewe tot in die diepste donkertes , iets wat in Psalm 23 verder geneem sal word.

Daarom is hy nie net bly nie, maar voel hy veilig.  God leer hom hoe om te leef.  Uit sy hand kom net wat mooi is (vers 9-11).

Let mooi op wat Dawid in vers 10 sê: dat al sou hy sterf, hy nie in die mag van die dood sal wees nie. Selfs dán glo hy is God nog in beheer. Dawid het hier vaagweg iets begin raaksien, wat in die NT met Jesus se opstanding helder en duidelik geword het, die opstanding uit die dood.  Petrus noem op Pinksterdag vir Dawid ‘n profeet wat Jesus se opstanding vooruit gesien het (Hand 2:29-36) en Paulus doen dieselfde in sy toespraak in Antiogië in Pisidië (Hand 13:32–37).

Luister na hoe Antjie Krog dié Psalm verwoord:

1.  Heer , bewaar my dig by U ;

by U vrees ek niemand nie .

Ek behoort alleen aan U ;

niks is goed behalwe U .

Soveel afgode is daar ,

soveel wat hul daarby skaar .

Nooit gaan ek met hulle saam ;

op my lippe is u Naam .

 

2.  Alles wat ek hier ontvang ,

spreek van sorg , van u belang .

Pragtig is die deel , ek weet ,

wat U sorgsaam vir my meet .

Elke insig vorm Hy ;

snags vind ek : U praat met my .

Nooit sal ek weer struikel nie .

Altyd , voor my , sien ek U .

 

3.  Hier op aarde juig ek bly ,

want die Here is naby .

Van die graf weerhou U my ;

vir my trou beloon U my .

Leer my , Heer , hoe om te leef ;

leer my in u blydskap leef .

Uit u hand kom lieflikheid .

Juig , juig tot in ewigheid !

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: