Psalm 25 + 33 – God sorg vir dié wat Hom vertrou

Vandag lees ons twee Psalms wat albei met vertroue te make het.  Psalm 25 is ’n gebed van vertroue.  Psalm 33 is ’n loflied van vertroue.

Psalm 25 – God neem dié wat Hom vertrou in vertroue

Psalm 25 is ’n akrostiese Psalm.  Elke vers begin met ’n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet (behalwe vers 18 en 22).  Dit help met die onthou van die Psalm (ten minste vir die Jode!).  En dit help ook om simbolies gesproke die “alfabet van geestelike groei” aan te leer (Elwell).

Want dit is die behoefte van Dawid, om die pad wat hy gekies het (Psalm 1), enduit met integriteit en opregtheid te kan loop, al is dit nie maklik nie.  Om die waarheid te sê, hy weet dit is onmoontlik om die pad te loop sonder God en sonder dat Hy in alles betrokke is by ’n mens se lewe.

25:1-15

Die belangrikste boodskap van die Psalm is in vers 1-2, dat die basis van die geestelike lewe in vertroue gevind word. Trouens, dit is ’n vertrouens Psalm.  Die Psalmis rig hom daarom tot God in die vertroue dat God hom nie in die steek sal laat nie (vers 2). Dit is immers die ervaring van almal wat hul verwagting in God gestel het, dat God die moeite werd is om te vertrou (vers 3).  Daarop maak hy dus staat.

Sy verwagting is dat God hom 1) Sy wil sal leer en 2) nie sy sonde teen hom sal hou nie. In vers 4-5a brei hy uit oor sy gewilligheid om deur God onderrig te word, en in vers 5b-7 oor sy afhanklikheid van God se goedheid en vergifnis.  Leerbaarheid en afhanklikheid is dus twee eienskappe wat voortspruit uit vertroue.  Wat natuurlik ook beteken dat dit eintlik net die Here self is wat jou kan leer wat jy moet weet (vgl Jer 31:34, waar dit deel van die visie vir die toekom is, dat elkeen deur die Here geleer sal wees).

Die Psalmis se ervaring is dat God liefde en trou bewys aan dié wat Hom vertrou, van Hom leer, en afhanklik van Hom lewe. Selfs sondaars wat op Hom fokus, word deur God geleer (vers 8-10).

Dit laat hom sy skuld bely in die verwagting dat God hom Sy weë sal leer. Meer nog, hy verwag dat God hom in Sy vertroue sal neem, Sy verbond aan hom bekend sal maak, sodat hy blaamloos met God die pad kan stap (vers 11-15).  Laat my dink aan Jesus wat vir sy dissipels gesê het, dat hulle nou sy vriende is, en dat Hy aan hulle alles bekend maak wat die Vader vir Hom gesê het (Joh 15:15).

25:16-22

Maar skuldbelydenis alleen kan nie sy situasie herstel nie.  Hy het ook nodig dat God ingryp en hom van sy vyande verlos (vers 16-20).  En die toppunt van sy gebed is dat hy vra dat onskuld (of integriteit) en opregtheid oor hom die wag sal hou, want op U vertrou ek (vers 21).  Daar is dus ’n manier van lewe binne die gevaar van vyandigheid, waar dit ironies genoeg juis onskuld/integriteit en opregtheid is wat jou beskerm.  Dit is soos twee karperde wat jou in die regte rigting trek.  Dit is ook juis die dinge wat die Here se aandag trek –  integriteit en opregtheid – en wat Hom betrek by die praktyk van ons lewe.  Laat my dink aan Daniël wat op dié manier selfs ’n leier in ’n vreemde land en kultuur geword het.

Dié gebed is ook vir sy volk (vers 22), ’n vers wat waarskynlik bygevoeg is om die lied in die liturgie van die tempel te kan gebruik.

Psalm 33 – Die Here sorg vir dié wat Hom vertrou

Psalm 33 is een van die weinige Psalms wat nie ’n opskrif het nie.  Soos iemand van dié Psalms sê, dit is weeskind-Psalms!  Maar watter spraaksame weeskind!  Dit roep al die nasies sowel as die hele wêreld op om God te loof.

Waar Psalm 25 diep nadenke oor vertroue was, is Psalm 33 ‘n loflied oor vertroue. Die hele wêreld is vol van die Here se troue liefde. Dit is sigbaar in die skepping, dit is duidelik deur die geskiedenis. En wat die skepping en die geskiedenis oor God sê, is dat die Here sorg vir dié wat Hom vertrou.

Dit kan in drie dele opgedeel word (soos ’n goeie predikant se preek!):

  • Oproep om God te loof – vers 1-3;
  • Sake (volgens Craigie se skema) waarvoor God geloof kan word – vers 4-19;
    • Sy Woord – vers 4-9;
    • Sy Planne – vers 10-12;
    • Sy wat alles sien – vers 13-15;
    • Sy Mag wat hulp verleen – vers 16-19;
  • Getuienis en gebed – vers 20-22.

Vers 4-19 gee ons ’n baie deeglike skema wat ’n mens in jou lof aan God kan gebruik: 1) Loof Hom vir Sy Woord, 2) Loof Hom vir sy planne, 3) Loof Hom dat Hy alles weet en alles sien, 4) Loof Hom dat Hy die mag het om iets te doen aan dit wat Hy sien!  Gebruik dit!

Let ook op hoe God se wese en werk in die Psalm as basis vir die vertroue geteken word.  Hy is aktief daar vir ons:

  • God is totaal betroubaar in sy liefde – alles wat Hy doen, staan vas (vers 4);
  • God is skeppend en onderhoudend besig met alles op aarde (vers 6-9);
  • God is doelgerig besig om te werk van geslag tot geslag met sy mense om sy doel met alles te bereik (vers 10-12);
  • God sorg vir almal wat hulle hoop in nood en hongersnood op Hom stel (vers 18-19)

Hoe pragtig sluit die Psalm nie af met ’n getuienis nie: “Ja, in Hom is ons hart bly, op sy heilige Naam vertrou ons (vers 21).” Wat weer opgevolg word met ’n gebed: “Hou u liefde oor ons, Here, want ons stel ons vertroue in U” (vers 22).

Terloops:

  • Die Psalm het ook ’n alfabetiese opbou, hoewel nie so streng soos die akrostiese Psalms nie (soos Ps 25 bv).
  • Die lier het blykbaar 7 snare gehad, en die harp 10 snare (vers 2).
View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
  • Mariaana on RomeineHoe maak ek om die bybelstudie oor die boek Romeine te bekom En ook oor God Se wil asb
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieHi Petrus, FF Bruce verklaar dit in sy kommentaar só: "Moenie in jou hart sê: ‘Wie sal na die hemel opvaar nie?’ – dit wil sê om Christus neer te brin…
%d bloggers like this: