Psalm 136 – Want vir ewig duur sy troue liefde

Psalm136Psalm 136 was waarskynlik bedoel as wisselsang tussen ‘n liturg of tempelkoor en die geloofsgemeenskap in die tempel.  Die liturg of koor het die eerste reël van elke vers gesing en die gemeente het geantwoord, telkens met dieselfde frase: “want vir ewig duur sy troue liefde” (BDV) of soos in die NAV: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.

Dieselfde tipe teologie as in Psalm 135 word ook hier verkondig: God is goed; God is groot in die skepping en in die geskiedenis; God sorg vir sy volk in die gawe van die land sowel as vir almal met sy voorsiening van kos: “wat kos gee aan alles wat leef”.

Wat die Psalm egter laat uitstaan is die fokus op die hêsêd van die Here wat 26 keer herhaal word – sy troue liefde.  Só word by die geloofsgemeenskap die hart van die Godsbegrip ingeskerp, dat God liefde is, nie net ‘n liefde wat ‘n reaksie is op hulle gehoorsaamheid nie, maar ‘n liefde wat ten spyte van omstandighede voortgaan en hou.

Die volk sou hieruit ook kon aflei, al is was dit nog asof deur ‘n spieël in ‘n raaisel, dat God se troue liefde nie net iets is wat vir ewig duur in terme van hulle tydsbegrip nie.  Sy troue liefde deurstaan ook die toets van die tyd.  Dit verander nie.  Dit bly altyd dieselfde.  Dit bly waar regdeur die geslagte, en regdeur die geskiedenis.  ‘n Mens kan altyd op God se liefde staatmaak.  God is immers liefde, soos die NT in Jesus Christus later so helder sou bely (1 Joh. 4:8).

‘n Mens kan die Psalm in drie dele opdeel (God is goed – vers 1-3; God is groot – vers 4-20; God sorg vir sy volk – vers 21-25, met die laaste opsommende lofprysing in vers 26), net soos dit in Ps. 135 die geval is, maar ek wil eerder ‘n paar opeenvolgende opmerkings maak om die inhoud van die onderskeie belydenisse wat die liturg te verhelder:

  • God is bo enige god of heer.
  • God is die enigste wat groot wonders doen soos in die skepping met sy groot vernuf gedemonstreer. Dit is duidelik dat die Psalmis uit Genesis 1 aanhaal.
  • Dieselfde klem as in Psalm 135 word geplaas op die plae van Egipte (die dood van die eersgeborenes), ‘n bykomende klem op die tog deur die Rietsee, en die ooreenstemmende begeleiding deur die woestyn wat die oorwinning oor Sihon en Og ingesluit het.
  • Die vertaling Rietsee is ‘n meer akkurate weergawe van die Hebreeuse woord, soos dit reeds in Eks. 13:18 gebruik is. Die frase: “in twee gesny” kan ook vertaal word as: “in stukke gesny”.
  • Vernedering” in vers 23 kan ook vertaal word met “verslaentheid”. Die Hebreeus beteken letterlik: “lae toestand”.

Midde in dié belydenisse kom telkens die bevestigende refrein van die geloofsgemeenskap: “want vir ewig duur sy troue liefde” (BDV) of soos in die NAV: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.”  ‘n Mens kan dus nie anders as om Paulus se fokus op God se liefde in herinnering te roep nie, soos hy so roerend helder in sy brief aan die huisgemeentes van Rome skryf:

35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36Daar staan immers geskrywe:

“Dit is oor U dat die dood

ons dag vir dag bedreig,

dat ons soos slagskape

behandel word.” u

37Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. 38Hiervan is ek oortuig: geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte 39of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping kan ons van die liefde van God skei nie, die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.” (Rom. 8:35-39).

Loof vandag die Here met dié inhoud in gedagte as jy die frase oor en oor in jou gedagtes herhaal: “want vir ewig duur sy troue liefde” (BDV) of soos in die NAV: “Aan sy liefde is daar geen einde nie.

u Vgl. Ps. 44:23

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d