Samestelling van Psalms 1-41, leesplan en Lectio Divina
Samestelling
- Hierdie Psalms word meesal as Dawidiese Psalms in die opskrif beskryf, behalwe Psalm 1, 2 en 33 (almal ongetiteld) en dateer vernaamlik uit die monargie (koningstyd van Israel), die 11de – 6de eeu vC.
- Psalm 1 lei die hele Psalmboek in en vestig die basiese veronderstelling van die Psalmboek, dat die sin en betekenis van alles in God self gevind word. Wysheid begin by die fokus op God en sy woorde.
- Psalm 2 bevestig God se heerskappy in die geskiedenis deur sy Gesalfde (=Messias), sy Seun, wat in OT na die koning verwys, en in die NT as begronding dien van die perspektief op Jesus as die Christus (=Messias), die Seun van God, en deur sy opstanding ook Here (=Jahwe), soos dit in Petrus se toespraak op Pinksterdag uitgespel word (Hand 2). Psalm 2 is daarom ’n ongelooflike belangrike sleutel om die betekenis van Jesus in die NT te ontsluit.
- Psalm 3-7 is ’n eerste siklus van vyf klaagpsalms waarin die getroue God om hulp gesmeek word van vyande (Psalm 3,5,7), vyande en/of swak oeste (Psalm 4) en siekte (Psalm 6).
- Psalm 8 is ’n lofpsalm vir die majestueuse Skepper vol van ontsag vir die feit dat Hy besorg is oor en omgee vir mense, en hulle waardigheid bevestig al is hulle nietig. Daarmee word die eerste siklus klaagpsalms afgesluit.
- Psalm 9-13 is ’n tweede siklus van vyf klaagliedere (of vier – Psalm 9-10 was waarskynlik aanvanklik een Psalm, omdat elke versreël van die gekombineerde Psalms dan met ’n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet begin – dws ’n akrostiese Psalm, soos Psalm 119) waarin verlossing vir die “regverdige armes” gevra word. Die verlossing is van verskillende situasies: van vyandige nasies (Psalm 9), van goddelose rykes (Psalm 10), van magtige maar gemene mense (Psalm 12) en van verdrukkers (Psalm 13). Tussen-in is ’n Psalm wat geloof in ’n regverdige God bely, al daag die goddeloses die regverdiges uit (Psalm 11).
- Psalm 14 (dit word herhaal in Psalm 53) sluit die tweede siklus klaagliedere af met ’n fokus op die dwaasheid van mense wat sonder God probeer lewe (vgl Paulus wat in Romeine 1-3 juis hierdie Psalm gebruik om die noodsaak van verlossing in Christus vir alle mense uit te spel).
- Psalm 15-24 fokus op die sentrale rol wat die tempel speel as plek waar God se teenwoordigheid beleef en gevier kan word. Die Psalms is in ’n besondere chiastiese (konsentriese) patroon gerangskik. Let op dat Psalm 15 en 24 dieselfde sentrale vraag beantwoord: Wie mag in die tempel kom? Psalm 16 en 23 beklemtoon die vertroue op die beskerming van Jahwe. Psalm 17 en 22 bid om verlossing vanuit hierdie vertroue. Psalm 18 en 20-21 fokus die gebed spesifiek op die verlossing van die koning en gesalfde. Psalm 19 is die sentrale Psalm in hierdie groep, die spilpunt, wat beide op God se Skeppingswerk fokus (Ps 8 ) as op die sentrale rol wat Sy woorde speel (Ps 1, 14), wat in die tempel gehuisves is (die kliptafels), en daarvandaan af verkondig is.
- Psalm 25-33 fokus op gebed, lof en geloofsvertroue in die Skepperkoning. ’n Mens kan ook hier ’n chiastiese patroon raaksien. Psalm 25 en 33 besing God se genade in Sy verbond en die genade van Sy heerskappy. Psalm 26 en 32 besing die geluk van een wat blaamloos lewe, sowel as een wat vergifnis ontvang het. Psalm 27 en 31 bid om verlossing van valse beskuldigings en eindig telkens met die oproep tot vertroue in God en sterkwees en moedhou. Psalm 28 en 30 hou verband deurdat die eerste die gebed is van een wat gevaar loop om onder te gaan (in die kuil/put – vers 1), en aan die ander kant die gebed van een wat verlos is van ondergang (uit die kuil/put – vers 4)! Die sentrale Psalm, Psalm 29, besing dan die Skepperkoning se stem soos dit in die natuur met ’n donderstorm gehoor kan word en krag gee aan sy volk en hulle seën met oorvloed (vgl Psalm 19).
- Psalm 34-37 gee onderrig in wysheid. Ook hierdie Psalms vertoon ’n chiastiese patroon. Psalm 34 en 37 is weereens akrostiese Psalms (elke versreël begin met ’n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet) wat die wysheid om in God se teenwoordigheid te lewe besing en aan die gemeenskap van gelowiges leer. Psalm 35 en 36 is gebede om verlossing van mense wat goddeloos lewe, dws wat nie in God se teenwoordigheid lewe nie en in wie se lewe die opstand teen God die laaste woord het (Ps 36:2 – vgl Ps 1,2)!
- Psalm 38-41 sluit die eerste Psalmboek af met vier klaagliedere wat in sondebelydenis uitmond. Telkens word die teenspoed wat die Psalmis ervaar (siekte in Psalm 38, 39, 41 en vyandskap in Psalm 40) met sonde in verband gebring, wat in die lig van die publieke bespotting van goddeloses en dwases tot ’n diep sondebelydenis ly, met die enigste hoop en vertroue die genade en uitkoms van die Here. Psalm 51, die volgende Dawidiese Psalm sluit natuurlik perfek hierby aan, wat waarskynlik die volgende Psalm na Psalm 41 in die Dawidiese versameling was.
Leesplan
Week 1: Inleiding op die Psalms – God is die sin en betekenis van die lewe
- Donderdag 13 Oktober – Indrukwekkende versameling geestelike liedere
- Vrydag 14 Oktober – Psalms ingedeel in vyf Psalmboeke
- Maandag 17 Oktober – Historiese raamwerk
- Dinsdag 18 Oktober – Teologiese temas en soorte Psalms
- Woensdag 19 Oktober – Samestelling van Psalms 1-41, leesplan en Lectio Divina
Week 2: Psalm 1-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede
- Donderdag 20 Oktober – Psalm 1
- Vrydag 21 Oktober – Psalm 2
- Maandag 24 Oktober – Psalm 3-4
- Dinsdag 25 Oktober – Psalm 5-6
- Woensdag 26 Oktober – Psalm 7-8
Week 3: Psalm 9-14 – God verlos sy mense van allerlei verdrukkende omstandighede
- Donderdag 27 Oktober – Psalm 9-10
- Vrydag 28 Oktober – Psalm 11
- Maandag 31 Oktober – Psalm 12
- Dinsdag 1 November – Psalm 13
- Woensdag 2 November – Psalm 14
Week 4: Psalm 15-24 – God nooi ons uit om in sy teenwoordigheid te lewe
- Donderdag 3 November – Psalm 15 + 24
- Vrydag 4 November – Psalm 16 + 23
- Maandag 7 November – Psalm 17 + 21-22
- Dinsdag – 8 November – Psalm 18 + 20
- Woensdag – 9 November – Psalm 19
Week 5: Psalm 25-33 – God roep ons op om moed te hou, want Hy is die Skepperkoning
- Donderdag 10 November – Psalm 25 + 33
- Vrydag 11 November – Psalm 26 + 32
- Maandag 14 November – Psalm 27 + 31
- Dinsdag 15 November – Psalm 28 + 30
- Woensdag 16 November – Psalm 29
Week 6: Psalm 34-37 – God se teenwoordigheid word geken in die gemeenskap van gelowiges
- Donderdag 17 November – Psalm 34
- Vrydag 18 November – Psalm 37
- Maandag 21 November – Psalm 35
- Dinsdag 22 November – Psalm 36
- Woensdag 23 November – Psalm 37 (2de keer)
Week 7: Psalm 38-41 – God verlos ons van ons sonde en gee ons blydskap
- Donderdag 24 November – Psalm 38
- Vrydag 25 November – Psalm 39
- Maandag 28 November – Psalm 40
- Dinsdag 29 November – Psalm 41
- Woensdag 30 November – Psalm 1 (2de keer) – Terugblik
Lectio Divina
Jy kan natuurlik enige metode gebruik in jou leeswerk van die Psalms.
’n Uitstekende manier om die Psalms te lees is om dit met die Lectio Divina metode te lees. Lectio Divina is ’n eeue-oue metodiek om die Bybel só te lees dat jy God se stem daarin hoor en leer om op Hom te reageer. Hier is ’n 6-stap proses wat baie goed werk (Fryling):
- Kom tot rus – fokus op jou asemhaling, sit gemaklik, gee jou kommer vir die Here (Silencio)
- Lees die Psalm – lees dit biddend, lees die bydraes wat ek daaroor skrywe (Lectio)
- Oordink die betekenis van die Psalm – kies ’n vers of woord uit die Psalm wat jou ruk/troos/uitdaag en oordink die praktiese betekenis daarvan vir jou (Meditatio)
- Antwoord die Here in gebed – fokus op wat jy gehoor het; jy kan ook hier voorbidding doen (Oratio)
- Geniet God se teenwoordigheid – doen dit sonder woorde (Contemplatio)
- Wees gehoorsaam aan God – gaan doen wat jy gehoor het (Incarnatio)
View all posts in this series
- Psalms 1-41 – 4de kwartaal 2011 - Oct 12, 2011
- WEEK 1: Inleiding op die Psalms – God is die sin en betekenis van die lewe - Oct 13, 2011
- Psalms ingedeel in vyf Psalmboeke - Oct 14, 2011
- Historiese raamwerk - Oct 17, 2011
- Teologiese temas, soorte Psalms en Jesus en die Psalms - Oct 18, 2011
- Samestelling van Psalms 1-41, leesplan en Lectio Divina - Oct 19, 2011
- Lectio Divina
- WEEK 2: Psalm 1-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede - Oct 20, 2011
- Psalm 1 – Geseënd is dié wat hul vreugde in God vind
- Psalm 2 – Geseënd is dié wat op God vertrou - Oct 21, 2011
- Psalm 3-4 – God bring rus en vrede as ons Hom vra - Oct 24, 2011
- Psalm 5 – God gee vreugde aan dié wat by Hom skuil - Oct 25, 2011
- Psalm 6 – Genesing is genade
- Psalm 7-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede - Oct 26, 2011
- WEEK 3: Psalm 9-14 – God verlos sy mense van allerlei verdrukkende omstandighede - Oct 27, 2011
- Psalm 9-10 – God gee nuwe moed en laat reg geskied
- Psalm 11 – om God te vertrou in ’n krisis - Oct 28, 2011
- Psalm 12 – Vertrou op die beloftes van die Here - Oct 31, 2011
- Psalm 13 – Kyk tog en luister na my, Here, my God - Nov 1, 2011
- Psalm 14 – Net ‘n dwaas sê daar is geen God nie - Nov 2, 2011
- WEEK 4: Psalm 15-24 – God nooi ons uit om in sy teenwoordigheid te lewe - Nov 3, 2011
- Psalm 15 + 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom
- Psalm 16 – Daar is niks goeds behalwe by God nie - Nov 4, 2011
- Psalm 23 – die gebed vir alle seisoene van die lewe
- Psalm 17 + 22 – God verontagsaam nie die gebed van die hulpelose nie - Nov 7, 2011
- Psalm 18 + 20-21 – God gee oorwinning - Nov 8, 2011
- Psalm 19 – God bestaan en God praat met ons - Nov 9, 2011
- WEEK 5: Psalm 25-33 – God roep ons op om moed te hou, want Hy is die Skepperkoning - Nov 10, 2011
- Psalm 25 + 33 – God sorg vir dié wat Hom vertrou
- Psalm 26 + 32 – God skenk ’n lewe van integriteit en vertroue - Nov 11, 2011
- Psalm 27 + 31 – Vertrou God, wees sterk en vol moed - Nov 14, 2011
- Psalm 28 + 30 – Lof aan God omdat Hy gehoor en gehelp het - Nov 15, 2011
- Psalm 29 – Die God van die natuur sorg ook vir sy kinders - Nov 16, 2011
- WEEK 6: Psalm 34-37 – God se teenwoordigheid word geken in die gemeenskap van gelowiges - Nov 17, 2011
- Psalm 34 – Dankbaarheid lei tot wysheid
- Psalm 37 – Wysheid lê in ’n God-gesentreerde lewe - Nov 18, 2011
- Psalm 35 – Gebed om redding in vervolging - Nov 21, 2011
- Psalm 36 – Laat U liefde bly by dié wat U erken - Nov 22, 2011
- Psalm 37 – Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie - Nov 23, 2011
- WEEK 7: Psalm 38-41 – God verlos ons van ons sonde en gee ons blydskap - Nov 24, 2011
- Psalm 38 – Moet my nie verlaat nie, help my gou, my Redder
- Psalm 39 – Ek wil sorgvuldig let op my lewe en op U - Nov 25, 2011
- Psalm 40 – U woord is my hele lewe - Nov 28, 2011
- Psalm 41 – Omgee vir swakkes gee vrymoedigheid in gebed - Nov 29, 2011
- Psalm 1 (2de keer) – Die Here ken my
- Mag ons vandag nog mense verag? - Sep 12, 2012
- Die 2de Psalmboek (42-72): Bedaar en erken dat Ek God is - Jan 23, 2013
- Opbou van Psalms 42-72 – digters en temas
- Indeling van die leeswerk vir Psalms 42-72
- Byeenkomste in Somerstrand
- Lectio Divina vir die Psalms
- Digterlike taal
- Psalms vir die lewe
- Oor die liedere wat ons sing in die kerk
- Ander bydraes oor die Psalms by Bybelskool.com
- Psalm 42-43 – Gebed bring vertroue selfs in die ervaring van God se afwesigheid - Jan 24, 2013
- Psalm 44 – Kom ons tog te hulp in ons ellende - Jan 25, 2013
- Psalm 45 – Huwelikslied vir die koning en koningin - Jan 28, 2013
- Psalm 46 – Bedaar en erken dat Ek God is - Jan 29, 2013
- Psalm 47 – ’n Verenigde volk van God uit al die nasies - Jan 30, 2013
- Psalm 48 – God sal ons altyd lei - Jan 31, 2013
- Psalm 49 – Dis dwaas om op rykdom te vertrou - Feb 1, 2013
- Psalm 50 – Loof God deur Hom in alles te erken en vereer - Feb 4, 2013
- Psalm 51 – Wees my genadig, o God - Feb 5, 2013
- Psalm 52 – God is goed en sorg vir my - Feb 6, 2013
- Psalm 53 – Dit is dwaas om sonder God te probeer lewe - Feb 7, 2013
- Psalm 54 – God red my uit elke benoudheid - Feb 8, 2013
- Psalm 55 – Laat jou sorge aan die Here oor - Feb 11, 2013
- Psalm 56 – God let op ons trane - Feb 12, 2013
- Psalm 57 – Van vrees na versekering - Feb 13, 2013
- Psalm 58 – Daar is tóg ’n God - Feb 14, 2013
- Wraakgierigheid in die Psalms
- Psalm 59 – Breek hulle stadig af deur u mag - Feb 15, 2013
- Psalm 60 – Laat dit tog weer met ons goed gaan - Feb 18, 2013
- Psalm 61 – Ek bid tot u van ver, Hoor my van naby - Feb 19, 2013
- Psalm 62 – Net by God vind ek rus - Feb 20, 2013
- Psalm 63 – Ek bly altyd naby U - Feb 21, 2013
- Psalm 64 – God sorg vir die regverdiges - Feb 22, 2013
- Psalm 65 – Waar U ook gaan, is daar oorvloed! - Feb 25, 2013
- Psalm 66 – God se dade moet vir almal vertel word - Feb 26, 2013
- Psalm 67 – Geseën om te seën - Feb 27, 2013
- Psalm 68 – God vul alles en almal met Sy teenwoordigheid - Feb 28, 2013
- Psalm 69 – Moenie dat dié wat op U vertrou, deur my toedoen teleurgestel word nie - Mar 1, 2013
- Psalm 70 – Kom tog gou na my toe, o God - Mar 4, 2013
- Psalm 71 – Moet my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie - Mar 5, 2013
- Psalm 72 – Leer die koning om volgens u wil te regeer - Mar 6, 2013
- Video oorsig oor die Psalms van The Bible Project - Dec 11, 2015
Koba
Dankie vir julle tyd wat julle spandeer om mense soos ek wat nie altyd die Psalms so lekker verstaan nie, aan ons te verduidelik.
Liefde Groete
Koba
Chris van Wyk
Dankie vir jou waardering!