Skip to main content

Psalm 119:33-40 – HE: Onderrig my dat ek enduit u voorskrifte kan nakom

Psalm119-heHierdie vyfde gedeelte van die Psalm is ‘n gebed wat saamgestel is uit agt versoeke aan die Here, dinge wat hy nodig het om in ‘n verhouding met God te kan lewe:

  1. Onderrig my …
  2. Gee my insig …
  3. Begelei my …
  4. Laat my hart …
  5. Weerhou my oë …
  6. Doen u woord gestand …
  7. Neem bespotting van my weg …
  8. Hou my lewend … (2x – 119:37,40)

Hoekom?  Want dit sal hom help om die doel van sy lewe te kan bereik, ‘n doel wat alles met God se openbaring aan hom te make het.  Hy vind vreugde daarin en verlang daarna.  So klink dit:

  1. Hy wil God se voorskrifte enduit nakom … dit is iets wat hy moet leer.
  2. Hy wil God se wet met sy hele hart nakom en onderhou … dit is iets waarvoor hy insig nodig het.
  3. Hy vind vreugde in God se bevele … daarom kan dit hom begelei.
  4. Hy wil God se bepalings nakom, en nie op winsbejag uit wees nie … daarom is dit ‘n hartsaak.
  5. Hy wil nie na nuttelose dinge staar wat hom sy lewe kan kos nie … daarom het hy ‘n wag voor sy oë nodig, soos Job ook eenmaal vermeld het (Job. 31:1 – vgl. Jesus in Matt. 5:29 wat dieselfde sê).
  6. Hy wil hê dat daar ontsag vir God sal wees … daarom vra hy dat God sy woord aan hom gestand sal doen as ‘n getuienis aan ander.
  7. Hy wil God se goeie beslissings ervaar … want dit sal bespotting van hom wegneem.
  8. Hy verlang na God se opdragte want die geregtigheid daarvan sal hom in die lewe hou.

Dit gee jou eintlik ‘n uitgebreide model om in jou gebedslewe te gebruik.

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on 1 Kronieke 28-29Groete!
  • Wansen Engelbrecht on 1 Kronieke 28-29Baie dankie. Groetnis Wansen Engelbrecht Klerksdorp
  • Chris van Wyk on Genesis 1:1-2:3Is dit op 'n selfoon?
  • Johan Kirsten on Genesis 1:1-2:3Middag Chris. Ek merk dat as jy op die "menu" hierbo tik, die blok wat aan die linkerkant verskyn, blanko is. Daar is wel "onsigbare" skakels wat jou na die verskillende bladsye neem. Groete. Johan
  • Chris van Wyk on Psalm 11Dankie, Jenny. Ek het self weer baie moed uit dié Psalm 11 gekry. Veral uit die feit dat ons nie baie beheer het oor die fondamente nie, maar op God kan vertrou wat opregtes suiwer en goddeloses skroei, soos dit in die laaste deel van die Psalm uitgespel word. God kan oneindig meer doen as wat ons k…
  • Jenny on Psalm 11Baie dankie vir die boodskap wat weereens soos vorige boodskappe my help om deur baie swaar tye te kan kom. Die laaste jaar is daar so baie berge wat my toesak dat ek net kan vasklou aan God se woord en U maak dit makliker om sekere dinge beter te verstaan en net aan te hou glo en vertrou. Baie dank…
  • Chris van Wyk on Die Twaalf Kleiner ProfeteDankie Johan, waardeer.
  • Johan v Zyl on Die Twaalf Kleiner ProfeteHi Chris net so baie dankie vir die enorme werk wat jy in Bybelskool doen. Ek gebruik dit elke dag in my bediening hier in Lichtenburg Klipkerk. Ek het op 60 die Bybel herontdek met nuwe passie . Jesusliefde Johan v Zyl
  • Chris van Wyk on Salwing in die BybelEk is bly, Stoffie, dat ek kon help. Die waarhede in die Skrif is ons diepste en enigste beskerming teen dwaling.
  • Stoffie Van Dyk on Salwing in die BybelEk het die afgelope Sondag 'n diens bygewoon wat my baie ontstem het - mense in die gehoor is gesalf deur 'n "profetes", en snaakse dinge het gebeur. Hierdie hele skrywe oor die salfgebruik, en van die antwoorde op vrae was vir my baie leersaam omdat dit vir my Skriftuurlik is. Baie dankie
  • Chris van Wyk on 2 Samuel 18Dankie Lesley, waardeer.
  • Lesley Barnard on 2 Samuel 18Pragtig, ñ mooi toepaslike verduideliking.
  • Chris van Wyk on 2 Samuel 17Hi Hettie. Daar is twee letters in Hebreeus wat amper dieselfde geskryf word, maar verskillend uitgespreek word. Daar is die normale h wat uitgespreek word soos ons dit normaalweg doen. Dan is daar egter ook die letter ḥ (geskryf met 'n h met 'n punt onder) wat anders uitgespreek word. Die uitspraak…
  • Hettie Swart on 2 Samuel 17Baie dankie vir die oopbreek van die Woord. Ek sien dat my Bybel 35 vertaling na Husai verwys en nie Gusai soos in die Bybelstudie aangetoon word nie. Is dit verskillende uitsprake vir dieselfde mens? Help my reg asseblief.
  • Chris van Wyk on Josua 2 – Ragab se ontsag vir Jahwe spaar die verkenners se lewe👍