Skip to main content

Hoe om die Psalms te lees

Psalm107Jy kan natuurlik enige metode gebruik in jou leeswerk van die Psalms.

’n Uitstekende manier om die Psalms te lees is om dit met die Lectio Divina metode te lees.  Lectio Divina is ’n eeue-oue metodiek om die Bybel só te lees dat jy God se stem daarin hoor en leer om op Hom te reageer.  Hier is ’n 6-stap proses wat baie goed werk (Fryling):

LEES

  • Kom tot rus– fokus op jou asemhaling, sit gemaklik, gee jou kommer vir die Here (Silencio)
  • Lees die Psalm– lees die kort inleiding wat ek gee oor die Psalm, lees die Psalm in die Bybel dan self biddend, en lees laastens die bydraes wat ek oor die inhoud en boodskap van die Psalm skrywe (Lectio).

LUISTER

  • Oordink die betekenis van die Psalm– kies ’n vers of woord uit die Psalm wat jou ruk/troos/uitdaag en oordink die praktiese betekenis daarvan vir jou (Meditatio)
  • Antwoord die Here in gebed – fokus op wat jy gehoor het; jy kan ook hier voorbidding doen (Oratio)

LEEF

  • Geniet God se teenwoordigheid– doen dit sonder woorde (Contemplatio)
  • Wees gehoorsaam aan God – gaan doen wat jy gehoor het (Incarnatio)

Leesplan

Hier is my indeling van die leeswerk – die byeenkomste in Somerstrand sal weer op Woensdae gebeur 18:00-19:00 soos ons onderling dit met mekaar sal reël.

Inleiding Maandag 31 Augustus 2015
Psalm 107 Dinsdag 01 September 2015
Psalm 108 Woensdag 02 September 2015 (byeenkoms)
Psalm 109 Donderdag 03 September 2015
Psalm 110 Vrydag 04 September 2015
Psalm 111 Maandag 07 September 2015
Psalm 112 Dinsdag 08 September 2015
Psalm 113 Woensdag 09 September 2015 (byeenkoms)
Psalm 114 Donderdag 10 September 2015
Psalm 115 Vrydag 11 September 2015
Psalm 116 Maandag 14 September 2015
Psalm 117 Dinsdag 15 September 2015
Psalm 118 Woensdag 16 September 2015 (byeenkoms)
Psalm 119:1-8 – Alef Donderdag 17 September 2015
Psalm 119:9-16 – Bet Vrydag 18 September 2015
Psalm 119:17-24 – Gimel Maandag 21 September 2015
Psalm 119:25-32 – Dalet Dinsdag 22 September 2015
Psalm 119:33-40 – He Woensdag 23 September 2015 (byeenkoms)
Psalm 119:41-48 – Waw Donderdag 24 September 2015
Psalm 119:49-56 – Zajin Vrydag 25 September 2015
Psalm 119:57-64 – Get Maandag 28 September 2015
Psalm 119:65-72 – Tet Dinsdag 29 September 2015
Psalm 119:73-80 – Jod Woensdag 30 September 2015 (byeenkoms)
Psalm 119:81-88 – Kaf Donderdag 01 Oktober 2015
Psalm 119:89-96 – Lamed Vrydag 02 Oktober 2015
Psalm 119:97-104 – Mem Maandag 12 Oktober 2015
Psalm 119:105-112 – Nun Dinsdag 13 Oktober 2015
Psalm 119:113-120 – Samek Woensdag 14 Oktober 2015 (byeenkoms)
Psalm 119:121-128 – Ajin Donderdag 15 Oktober 2015
Psalm 119:129-136 – Pe Vrydag 16 Oktober 2015
Psalm 119:137-144 – Tsade Maandag 19 Oktober 2015
Psalm 119:145-152 – Kof Dinsdag 20 Oktober 2015
Psalm 119:153-160 – Resj Woensdag 21 Oktober 2015 (byeenkoms)
Psalm 119:161-168 – Sjin/Sin Donderdag 22 Oktober 2015
Psalm 119:169-176 – Taw Vrydag 23 Oktober 2015
Psalm 120 Maandag 26 Oktober 2015
Psalm 121 Dinsdag 27 Oktober 2015
Psalm 122 Woensdag 28 Oktober 2015 (byeenkoms)
Psalm 123 Donderdag 29 Oktober 2015
Psalm 124 Vrydag 30 Oktober 2015
Psalm 125 Maandag 02 November 2015
Psalm 126 Dinsdag 03 November 2015
Psalm 127 Woensdag 04 November 2015 (byeenkoms)
Psalm 128 Donderdag 05 November 2015
Psalm 129 Vrydag 06 November 2015
Psalm 130 Maandag 09 November 2015
Psalm 131 Dinsdag 10 November 2015
Psalm 132 Woensdag 11 November 2015 (byeenkoms)
Psalm 133 Donderdag 12 November 2015
Psalm 134 Vrydag 13 November 2015
Psalm 135 Maandag 16 November 2015
Psalm 136 Dinsdag 17 November 2015
Psalm 137 Woensdag 18 November 2015 (byeenkoms)
Psalm 138 Donderdag 19 November 2015
Psalm 139 Vrydag 20 November 2015
Psalm 140 Maandag 23 November 2015
Psalm 141 Dinsdag 24 November 2015
Psalm 142 Woensdag 25 November 2015 (byeenkoms)
Psalm 143 Donderdag 26 November 2015
Psalm 144 Vrydag 27 November 2015
Psalm 145 Maandag 30 November 2015
Psalm 146 Dinsdag 01 Desember 2015
Psalm 147 Woensdag 02 Desember 2015 (byeenkoms)
Psalm 148 Donderdag 03 Desember 2015
Psalm 149 Vrydag 04 Desember 2015
Psalm 150 Maandag 07 Desember 2015
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…