Skip to main content

Psalm 117 – God is oneindig betroubaar in sy onmeetlike liefde vir ons

Psalm117Hierdie Psalm het twee besondere dinge wat dit laat uitstaan.  Dit is die kortste Psalm, trouens die kortste hoofstuk in die Bybel.  Dit is ook die middelste hoofstuk in die Protestantse Bybel.  Daar is 594 hoofstukke daarvoor en 594 hoofstukke daarna, in totaal 1189 hoofstukke met Psalm 117 ingesluit.

Die Psalm is eintlik net een lang sin.  Dit roep alle nasies saam met die Godsvolk op om God te prys en wel om twee redes.

GOD SE LIEFDE IS ONMEETLIK: Die eerste rede is die feit dat God se liefde vir ons so sterk is.  Die Hebreeus gebruik ‘n woord vir “sterk” wat vir jou die idee gee dat sy liefde soos ‘n groot toring is wat ontsag by ons wek – soos om langs ‘n hoë gebou te staan en deur die grootte daarvan oorweldig te word .  Die NET Bible vertaal daarom op voetspoor van dieselfde woord in Ps. 103:11: “For his loyal love towers over us.”  Peterson vertaal dit só: “His love has taken over our lives.” (The Message).  Die OAV het dit weer as: “want sy goedertierenheid is geweldig oor ons.” Hoe ook al, God se liefde is ongelooflik groots in ons lewe.  Sy liefde is onmeetlik.

GOD SE TROU IS ONEINDIG: Die tweede rede is die feit dat daar geen einde aan God se trou is nie.  Soos God se liefde se “hoogte” oorweldigend groot is, is sy trou iets waarvan ‘n mens nie by die einde daarvan kan kom nie.  Dit asof God se liefde as ‘n vertikale werklikheid geteken word, en sy trou as ‘n horisontale werklikheid.  Sy trou kom vanuit die oneindigheid van die ooste en sterk tot die oneindigheid van die weste. Dieselfde van die suide af tot in die noorde.  Daar is geen einde aan God se trou nie.  Sy trou is oneindig.

En as jy dié twee dinge saamgooi, sy groot liefde, en sy oneindige trou, kan ‘n mens dit só opsom: God is oneindig betroubaar in sy onmeetlike liefde vir ons.

Daarom moet God geprys word.

Boodskap

Dit is ‘n boodskap wat vir alle nasies is. Daar is net een God vir alle nasies. Daar is ook net een God vir die kerk. Wat beteken dat almal opgeroep word om Hom vir sy betroubare liefde te loof, soos Paulus in Romeine 15:7-13 dit doen met ‘n aanhaling uit Psalm 117:1 (sowel as uit Ps 18:50; 2 Sam 22:50; Deut 32:43; Jes 11:10).

Die Psalm laat my ook dink aan Paulus wat in Efesiërs 3:14-21 bid:

16Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, 17dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. 18Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. 19Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.  20Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, 21aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen.”

Dink vandag terug aan ervarings wat vir jou onderstreep dat God se liefde vir jou sterk is, en dat daar geen einde aan sy trou is vir jou nie.  En prys Hom in gebed regdeur die dag.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.
  • Marius smit on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieHoekom beskerm die Here jou juis aan jou regterkant?
  • runawayjoyous2427b27b07 on Eenjaar Bybelleesprogram – 366 daeBaie dankie!