Skip to main content

Psalm 117 – God is oneindig betroubaar in sy onmeetlike liefde vir ons

Psalm117Hierdie Psalm het twee besondere dinge wat dit laat uitstaan.  Dit is die kortste Psalm, trouens die kortste hoofstuk in die Bybel.  Dit is ook die middelste hoofstuk in die Protestantse Bybel.  Daar is 594 hoofstukke daarvoor en 594 hoofstukke daarna, in totaal 1189 hoofstukke met Psalm 117 ingesluit.

Die Psalm is eintlik net een lang sin.  Dit roep alle nasies saam met die Godsvolk op om God te prys en wel om twee redes.

GOD SE LIEFDE IS ONMEETLIK: Die eerste rede is die feit dat God se liefde vir ons so sterk is.  Die Hebreeus gebruik ‘n woord vir “sterk” wat vir jou die idee gee dat sy liefde soos ‘n groot toring is wat ontsag by ons wek – soos om langs ‘n hoë gebou te staan en deur die grootte daarvan oorweldig te word .  Die NET Bible vertaal daarom op voetspoor van dieselfde woord in Ps. 103:11: “For his loyal love towers over us.”  Peterson vertaal dit só: “His love has taken over our lives.” (The Message).  Die OAV het dit weer as: “want sy goedertierenheid is geweldig oor ons.” Hoe ook al, God se liefde is ongelooflik groots in ons lewe.  Sy liefde is onmeetlik.

GOD SE TROU IS ONEINDIG: Die tweede rede is die feit dat daar geen einde aan God se trou is nie.  Soos God se liefde se “hoogte” oorweldigend groot is, is sy trou iets waarvan ‘n mens nie by die einde daarvan kan kom nie.  Dit asof God se liefde as ‘n vertikale werklikheid geteken word, en sy trou as ‘n horisontale werklikheid.  Sy trou kom vanuit die oneindigheid van die ooste en sterk tot die oneindigheid van die weste. Dieselfde van die suide af tot in die noorde.  Daar is geen einde aan God se trou nie.  Sy trou is oneindig.

En as jy dié twee dinge saamgooi, sy groot liefde, en sy oneindige trou, kan ‘n mens dit só opsom: God is oneindig betroubaar in sy onmeetlike liefde vir ons.

Daarom moet God geprys word.

Boodskap

Dit is ‘n boodskap wat vir alle nasies is. Daar is net een God vir alle nasies. Daar is ook net een God vir die kerk. Wat beteken dat almal opgeroep word om Hom vir sy betroubare liefde te loof, soos Paulus in Romeine 15:7-13 dit doen met ‘n aanhaling uit Psalm 117:1 (sowel as uit Ps 18:50; 2 Sam 22:50; Deut 32:43; Jes 11:10).

Die Psalm laat my ook dink aan Paulus wat in Efesiërs 3:14-21 bid:

16Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word, 17dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees. 18Mag julle in staat wees om saam met al die gelowiges te begryp hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. 19Mag julle sy liefde ken, liefde wat ons verstand te bowe gaan, en mag julle heeltemal vervul word met die volheid van God.  20Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, 21aan Hom kom die eer toe, in die kerk, deur ons verbondenheid met Christus Jesus, deur al die geslagte heen tot in alle ewigheid. Amen.”

Dink vandag terug aan ervarings wat vir jou onderstreep dat God se liefde vir jou sterk is, en dat daar geen einde aan sy trou is vir jou nie.  En prys Hom in gebed regdeur die dag.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda