Psalm 119:169-176 – TAW – Hou my lewend sodat ek U kan loof

Psalm119-tawDie Psalm word in die 22ste deel afgesluit met die belydenis dat die sin van die lewe lê in die lof aan God: “Hou my lewend sodat ek U kan loof.”  En daaraan voeg hy toe: “Laat u beslissings my help.” (119:175).  Dit beteken dat die Psalmis sy beroep doen op God se voorsienigheid (beslissings) om in hierdie lewe in lof teenoor God te kan leef.

Daarom stort hy sy hulpkrete en smeekgebede uit voor die Here, sowel as sy lofprysing en sang.  Hy soek insig ooreenkomstig God se woord.  Hy verwag redding volgens God se beloftes.  Hy verwag dat God hom sal leer, want hy verkies om God se opdragte na te kom bo alles.

Daarom sien hy uit na God se verlossing, want hy vind in God se wet sy vreugde.  Trouens: “My lippe laat lofprysing uitstroom, want U leer my u voorskrifte.” (119:171).  Wat hy vra, gee die Here alreeds.

Maar, alles is nog nie soos dit moet wees nie, selfs nie in sy eie lewe nie. Daarom sluit hy die 22ste deel en daarmee ook Psalm 119 as ‘n geheel af met die  versugting: “As ek sou ronddwaal soos ‘n skaap wat weggeraak het, soek my dan, want u gebooie het ek nie verontagsaam nie.” (119:176).

Hierop sal die Here Jesus natuurlik jare later antwoord met sy drie gelykenisse oor dié wat ronddwaal: die verlore skaap, verlore muntstuk en verlore seun (Luk. 15 – lees wat ek daaroor skrywe in my bydrae: Lukas 14:1-15:32 – God het ’n hart vir verlorenes).  Dit is die Goeie Herder wat dié funksie vir elkeen wat in Hom glo, nakom, en hulle die oorvloed van sy teenwoordigheid gee.

Dit beteken dus dat die Psalmis besef dat die Here se hart vir hom, die Here se sorg en bystand, die Here se voorsiening uiteindelik baie belangriker is as sy eie hart vir die Here, sy eie vasgryp aan die Here se woord, en sy eie gehoorsaamheid daaraan, selfs waar dit in die fynste besonderhede is.

God gee vir ons wat Hy van ons vra.  Dit is die evangelie.  Dit is oorvloedig en genoegsaam.  Hy gee dit in die Woord en in die werklikheid.  Soli Deo Gloria.

Ek het soveel seën geput uit Leslie Allen se (Word-reeks) kommentaar op Psalm 119 dat ek graag ‘n aanhaling maak uit sy opsomming van dié Psalm:

The prayer for insight into the Torah in v 169 and the appeal for Yahweh’s “rulings” or promises of intervention in v 175 have illustrated the two poles of the psalm. At one end stands the revealed Torah, and it is for insight into this that the psalmist prays so that he may fulfill Yahweh’s moral will in his life. At the other end stands the hope of divine providential intervention, and for this too he prays out of his distress. The dual manifestation of God is itself bridged by the Torah’s examples and promises of aid to the faithful. In the interim the psalmist is kneeling, communing with God through the fellowship of prayer. He looks this way with the eyes of faith and that way with the eyes of hope. From this double spiritual stance the same living God becomes present through the written revelation and can be expected to become present through the providential overruling of adversity in the believer’s life and also through imparting wisdom in understanding and applying the Torah.

Dít verwoord my eie vasgryp aan die skriftelike openbaring van die Here terwyl ek voluit leef met die verwagting dat ek sy voorsiening op baie konkrete maniere in die werklikheid van my lewe sal ervaar.  Vanuit die geskrewe Woord leef ek na die alledaagse werklikheid toe in die verwagting dat eenmaal die toekomstige werklikheid vir my en alle gelowiges sal oopgaan.  Sela.

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: