Skip to main content

WEEK 4: Psalm 15-24 – God nooi ons uit om in sy teenwoordigheid te lewe

Psalm 15-24 fokus op die sentrale rol wat die tempel speel as plek waar God se teenwoordigheid beleef en gevier kan word.  Met dié Psalms word ons uitgenooi om God se teenwoordigheid op te soek en vanuit die invloed wat Hy in ons hele bestaan het te leef.

Uiteraard kan elkeen van die Psalms op hulle eie gelees word, soos dit aanvanklik ook geskryf is.  Daar is egter ook ’n besondere chiastiese (konsentriese) patroon merkbaar in die wyse waarop die Psalms in die Psalmboek gerangskik is.  Dit help ‘n mens om Psalm 19 as die sentrum of spilpunt van hierdie reeks Psalms te sien, en die absolute sentrale rol wat dit speel raak te sien, om teologies oor die Godsopenbaring na te dink.

Let op die volgende:

  • Psalm 15 en 24 beantwoord dieselfde sentrale vraag: Wie mag in die tempel kom?
  • Psalm 16 en 23 beklemtoon die  vertroue op die beskerming van Jahwe.
  • Psalm 17 en 22 bid om verlossing vanuit hierdie vertroue.
  • Psalm 18 en 20-21 fokus die gebed spesifiek op die verlossing van die koning en gesalfde.
  • Psalm 19 is die sentrale Psalm in hierdie groep, die spilpunt, wat beide op God se teenwoordigheid in sy Skeppingswerk fokus (Ps 8 ) as op die sentrale rol wat Sy woorde speel om sy teenwoordigheid te ervaar (Ps 1, 14).  Hierdie woorde is natuurlik in die tempel gehuisves (die kliptafels in die Ark van die verbond), en as die basis van die Godsopenbaring aan die volk verkondig.
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar