Psalm 81 – Maak jy jou mond wyd oop, dan vul Ek dit!

Psalm 81 is weereens ’n “liturgiese preek” wat:

  • ’n oproep tot lof bevat (vers 2-6),
  • ’n lerende gedeelte (preek) wat God se voorsiening, die volk se koppigheid, maar ook God se gereedheid om te help as hulle sou luister op die tafel sit (vers 7-15) en
  • ’n appèl aan die einde om die Here te dien insluit, omdat dit God se voorsiening vir hulle sal ontsluit (16-17).

Jubel tot eer van God ons sterkte – vers 2-6

Dis interessant dat lof meermale die eerste oproep aan die volk van God is, selfs wanneer daar spesifieke dinge is wat aangespreek moet word.  Lofprysing kom voor skuldbelydenis, soos dit ook in die verhaal van die teruggekeerde ballinge in Nehemia 8 die geval was.  Hulle moes hulle hartseer bedwing nadat die Woord hulle aangespreek het en eers die Here loof en prys, vóór hulle in skuldbelydenis en boetedoening voor Hom vergader het.

Israel word hier tot feestelike lofprysing aangemoedig met sang, tamboeryne, liere en harpe op hulle onderskeie feeste.  Die ramshoring moet geblaas word om die verskillende feeste aan te kondig: nuwemaan, volmaan en so meer (vgl. Paulus wat sê dat dít in die nuwe bedeling tot ’n einde gekom het – Kol. 2:16).  Dit is God se instelling wat as dure plig op hulle gelê is reeds van die begin van hulle roeping as Godsvolk.

Vers 6b lui eintlik soos volg: “In ’n taal wat ek nie ken nie, hoor ek …” (2014 vertaling) wat dui op die feit dat die liturg (profeet/priester) ’n openbaring van God ontvang het wat hy nou aan die volk meedeel as gesaghebbende woord van God.

Israel, luister na My – vers 7-15

God se boodskap word dan in drie dele gelewer: God se oorvloedige voorsiening in die verlede (vers 7-11), die volk se koppigheid om na Hom te luister (vers 12-13) en God se gereedheid om te help as hulle sou luister (vers 14-15).

Let op hoe swaar tyd in Egipte in herinnering geroep word met die metafoor van die mandjies wat hulle kon neersit, waarmee God se verlossing uit Egipte geteken word.  Die gawe van die wet in die woestyn word met die stem uit die donderwolk geskets, die teenstand van die volk met die versoeking by Meriba.  Die wet self word in herinnering geroep met die verwysing na die eerste twee gebooie (vers 10).

Maar ná die geskiedenisles van God se voorsiening verander die fokus na die bevestiging van ’n belofte wat steeds vir hulle geld: “Maak jy jou mond wyd oop, dan vul Ek dit.” Die uitnodiging is dus vir elkeen wat na dié woord luister en daarop reageer, ook vandag nog.

Dan word teruggegaan na die geskiedenis van Israel se koppigheid wat nie na God wou luister nie en daarom deur die Here gelos is om hulle eie kop te volg, al was dit tot hulle skade.

Tóg is die Here onmiddellik gereed om te help as hulle maar net wou luister.  Hy sal dan verseker ingryp en hulle vyande verslaan.

God sal julle voed met die beste koring – vers 16-17

Die liturg sluit af met die appèl op die volk om te kies om na Hom te luister (vers 16-17).  “Dié wat voorgee dat hulle die Here dien, maar Hom haat, hulle straf sal vir altyd duur.” “Maar vir julle sal Hy voed met die beste koring, julle versadig met heuning uit ’n rots.”

Die boodskap van die Psalm

Dit is onmoontlik vir my om dié Psalm te lees sonder om die verhaal van George Müller te onthou.  Ek haal uit die “Bybel vir die Lewe.  24/7” ’n kort deel van sy lewensverhaal aan:

“1835 was ’n slegte jaar vir die Müllers.  George se vrou, Mary, se pa is oorlede en hulle vyftien maande oue babaseun het siek geraak en gesterf.  Mary was depressief en George het erge maagprobleme ontwikkel.  Die ergste was dat hulle geen geld oor gehad het nie.  In hierdie tyd het hy en sy vrou ’n sagte hart ontwikkel vir al die weeskinders in Engeland, maar hoe begin jy ’n kinderhuis sonder geld?  Toe lees George Psalm 81:11.  Hy het op God alleen vertrou en nooit in al sy jare vir iemand geld gevra nie.  Die Here het gesorg dat hy in sy leeftyd vir 10 000 weeskinders kon omgee.” (my beklemtoning)

Inderdaad: “Wat julle nodig het, sal Ek in oorvloed gee” (vers 11).  ’n Belofte uit dié Psalm wat menige lewe al aangeraak en verander het.  Trouens, in die oorspronklike Hebreeus staan daar: “Maak jy jou mond wyd oop, dan vul Ek dit”!  Die prentjie van ’n klein voëltjie in ’n nessie wat wag vir die kos wat sy ma of pa bring, inspireer my verbeelding om dieselfde, en méér, van God te verwag!

Ek gaan vandag tegemoet met die belofte van die Here: “Maak jy jou mond wyd oop, dan vul Ek dit”!

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: