Psalm 45 – Huwelikslied vir die koning en koningin

Na die worsteling en smeekgebede van Psalm 42-44 bring Psalm 45 ’n verandering in atmosfeer en fokus.  Een van die Koragiete dra die gedig voor aan die koning (vers 1-2) en:
  1. verheerlik die koning se heldhaftige oorwinnings wat geregtigheid laat geskied (vers 3-8).  Let op dat sy skoonheid en wysheid aan God se seën toegeskryf word.  Sy opdrag as koning word verbind aan die stryd vir die waarheid en vir die reg van die hulpelose, soos Spreuke dit ook meermale vermeld.  Sy invloed word vergelyk met dié van ’n verhewe wese waarmee kwasi-goddelike eienskappe aan hom toegeskryf word.
  2. besing die lof van die koningin wat die koning met haar skoonheid bekoor (vers 9-16).  Let op die beskrywing van sintuiglike plesier: haar klere ruik lekker, daar is vrolike musiek wat haar hart bly maak, sy is versier met goud van Ofir (baie bekend vir hulle goud, maar ongelukkig vandag heeltemal onbekend – daar is selfs een tradisie wat Ofir met Suid-Afrika identifiseer!).  Sy word aangeraai om haar volledig vir die koning te gee om aan hom te behoort en afskeid te neem van haar volk en familie, iets wat natuurlik nie sonder pyn kon geskied nie, ten spyte van die uitbundige vreugde van die seremonie.

Die Psalm sluit af met ’n gebed vir die bevestiging van sy koninkryk tot roem onder die volke vir altyd (vers 17-18).

Daarom is hierdie Koningspsalm gebruik as ’n huwelikslied vir die koning, soos die opskrif ook te kenne gee: “’n Lied van die liefde”.  Inhoudsgewys laat dit ’n mens dus eerder dink aan die styl van Hooglied (3:6-11) as aan die styl van die ander Psalms in die Psalmboek.

Betekenis

Die Psalm is egter deur die eeue op verskeie sekondêre betekenisvlakke gebruik.

  1. Die Psalm is later ingespan by gewone huwelike waar oor die bruid en bruidegom in koninklike terme gesing is.
  2. Nog later het die Psalm ’n Messiaanse interpretasie gekry soos ons dit lees in Hebreërs 1:8-9 waar uit Psalm 45:7-8 aangehaal word en op Christus van toepassing gemaak is.

Vergelyk die groot ooreenkomste (“verhewe wese” en “God” is die grootste verskil) in die tabel hieronder:

Psalm 45  

7U troon, verhewe wese,

staan vir altyd vas,

met u koninklike septer

laat u geregtigheid geskied.

8U het die reg lief en u haat

die onreg,

want, verhewe wese,

onder groot vreugde het u God

u bo u tydgenote tot koning

gesalf.

Hebreërs 1

8Maar van die Seun sê Hy:

“U troon, o God,

staan vir ewig vas,

met u koninklike septer

laat U reg geskied.

9U het die reg lief

en U haat die onreg.

Daarom het God, u God,

U onder groot vreugde

tot Koning gesalf

bo u tydgenote.”

3. Paulus gebruik waarskynlik ook dié Psalm as die vertrekpunt vir sy beskrywing van die huweliksverhouding as soortgelyk aan die verhouding tussen Christus en die kerk (Ef. 5:21-33).

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
  • Petrus on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofGoeie Dag Chris Ivm die nommer 666. Ek het 'n interessante video gesien oor iemand wat selfs 'n boek daaroor geskryf het en die nommer met Mohammad/Allah verbind. Denkend aan die Openbaring 13 skrywe waar die wat nie die merk dra nie van ekonomiese welvaart afgesny word kilnk dit vir my reg. Soos jy…
  • Chris van Wyk on Lukas 10:38-42 – Kies om na Jesus te luister, want dit sal nie van jou af weggeneem word nieMy voorreg, Reinette.
%d bloggers like this: