Skip to main content

Psalm 69 – Moenie dat dié wat op U vertrou, deur my toedoen teleurgestel word nie

Hierdie Psalm is swanger aan betekenis.

Aan die een kant skilder hierdie Psalm die ervaringe van iemand (Dawid) wat deurloop onder onredelike haat, bedreigings, vals beskuldigings en swendelary (vers 5), selfs van die gemeenskap (vers 13) en sy familie (vers 9).  Dat hy boonop roep na God om hulp en moeg gewag is vir een of ander uitkoms, maak dit nie vir hom makliker nie (vers 4).  Daarby word hy beledig en verkleineer omdat hy hom met God en sy huis assosieer – die beledigings teen God tref dus ook vir hom (vers 8-10).

Aan die ander kant word dié Psalm 17 keer aangehaal in die NT – in die evangelies, in Paulus se briewe sowel as in Johannes se Openbaring.  Dié Psalm is dus wyd in die NT aangewend.  Die aanhalings word op twee maniere gedoen.  In die eerste plek word die Psalm gebruik in die begronding van die verhaal en gebeure van die evangelie van Jesus Christus, veral met betrekking tot die kruisiging.  In die tweede plek word die Psalm gebruik in die interpretasie van die implikasies van die koms van die koninkryk van God, eerstens vir die Jode en tweedens vir die regverdiges met die Wederkoms.  Ek lys dié verwysings met die tekste aan die einde van dié bydrae, sonder veel kommentaar, sodat jy self kan oorweeg wat dit vir jou sê.

Daar is verskillende maniere om die Psalm op te deel.  Ek gebruik die vier-deling soos in die NAV (behalwe by vers 30 wat ek eerder met die volgende gedeelte saamlees):

  • Red my van dié wat my sonder rede haat – vers 2-5.  Die metafore wat Dawid hier gebruik om sy ontreddering te beskryf, is regtig roerend.  Hy gebruik van dié metafore weer in vers 15 en verder.  Die uitstaande eienskap van dié deel van sy gebed is die onafgebroke fokus op God, uitgedruk met die metafoor van ’n hees stem en dowwe oë.  Elkeen van ons sal kan identifiseer met die ervarings van onredelike haat, bedreigings, vals beskuldigings en swendelary.  Dawid moedig ons aan om nie op te hou om God se aangesig te soek, totdat Hy antwoord nie.
  • Moenie dat dié wat op U vertrou, deur my toedoen teleurgestel word nie – vers 6-22.  Dié deel van die Psalm beskryf twee ervarings van ’n gelowige wat ernstig is om God te dien.  Aan die een kant is daar die groeiende bewussyn van sonde – “my verkeerde dade kan ek tog nie vir U wegsteek nie” – en die effek wat dit op die ander lede van die geloofsgemeenskap het.  “Moenie dat dié wat op U vertrou, deur my toedoen teleurgestel word nie.” Aan die ander kant is daar die groeiende bewussyn van die teenstand van mense wat eintlik vir God wil bykom.  “Omdat ek u huis liefhet, moet ek ly; die beledigings teen U het ook vir my getref.”  Selfs in die gemeenskap word praatjies oor hom gemaak.  Dawid bid dat God in Sy groot en wonderlike liefde en groot barmhartigheid sal antwoord en sy lot sal verander.  “Moet tog nie u dienaar alleen laat nie!”  Net God kan help.  Mense het nie meegevoel en deernis nie.  Hulle aanbod is gif en asyn vir sy honger en dors.
  • Skrap hulle name uit die boek van die lewe, dat dit nie saam met dié, van die regverdiges opgeskryf staan nie! – vers 23-29.  Dawid draai nie doekies om nie!  Hy wil nie net dié skurke uit die lewe geruim hê nie.  Hulle moet tot nie-bestaan vernietig word.  Harde woorde wat woede verwoord, maar nie meer in die lig van Jesus se kruisdood op dié manier gebid kan word nie.
  • God vergeet nie sy mense wat gevangenes is nie – vers 30-37.  Die atmosfeer verander redelik dramaties in dié deel van die Psalm waarin die redding wat God gegee het, verwoord word.  En Let op dat “dié wat by God hulp soek, sal moed skep!”  God slaan ag op die armes en vergeet nie die gevangenes nie – iets wat Jesus ook as sy roeping in Lukas 4 uitspel.  Daarom moet almal Hom prys.  Dawid sluit af met ’n gebed vir Sion se herstel en die land se bevestiging.

Psalm 69 in die NT

Ps. 69:5 Joh. 15:24-25
5Dié wat my sonder rede haat,is meer as die hare op my kop.Dié wat my vir altyd wil stilmaak,

is sterk. My vyande dwing

my met vals beskuldigings

om af te gee wat ek nie geroof het nie.

24As Ek nie by hulle die werke gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle nie skuldig gewees het nie; maar nou sien hulle dit, en tog haat hulle My en my Vader. 25Maar die woorde wat in die Skrif geskrywe staan, moet vervul word: ‘Hulle het My sonder rede gehaat.
Ps. 69:10 Joh. 2:17
10Omdat ek u huis liefhet,moet ek ly;die beledigings teen U

het ook vir my getref.

13Die paas13-fees van die Jode was naby, en Jesus het daarvoor na Jerusalem toe gegaan. 14Op die tempelplein het Hy die verkopers van beeste, skape en duiwe gekry en die geldwisselaars wat daar sit. 15Toe het Hy met toutjies ’n sweep gemaak en almal uit die tempel uitgejaag, ook die skape en die beeste. Die geld van die geldwisselaars het Hy op die grond gegooi en hulle tafels omgekeer. 16Vir die mense wat die duiwe verkoop het, het Hy gesê: “Vat hierdie goed hier weg! Moenie die huis van my Vader ’n besigheidsplek maak nie.”17Toe het sy dissipels daaraan gedink dat daar geskrywe staan: “Die liefde vir u huis verteer my.”
Ps. 69:22 Joh. 19:29 (vgl. Mark 15:23,36; Matt. 27:34,48; Luk. 23:36)
22Toe ek honger was,het hulle my gif aangebied,toe ek dors was,

wou hulle my asyn laat drink.

28Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.”29Daar het ’n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het toe ’n spons vol suur wyn op ’n hisoptakkie gesit en dit teen sy mond gehou. 30Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!”
Ps. 69:23-24 Rom 11:9-10
23Laat hulle feeste hulle tot ’n val bringen hulle offermaaltyehulle ondergang wees.

24Laat hulle stokblind word,

laat hulle gebreklik word.

9En Dawid sê:“Mag hulle maaltye vir hulle’n vangstrik en ’n val word

en ’n struikelblok en ’n straf.

10Mag hulle oë verduister word

dat hulle nie sien nie;

en buig hulle rug vir altyd krom.”

Ps. 69:26 Hand 1:20
26Laat hulle blyplekke verwoes wordsodat daar niemand oor isin hulle wonings nie, 18“Met die geld wat Judas vir sy misdaad gekry het, het hy ’n stuk grond gekoop. Daar het hy vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgepeul. 19Dit het bekend geword onder al die inwoners van Jerusalem. Daarom word die plek in hulle taal Akeldama genoem. Dit beteken Bloedgrond.20“In die boek van die Psalms staan daar:Laat sy woonplek leeg word;

laat niemand daarin woon nie,

en:

laat ’n ander sy amp oorneem (vgl Ps. 109:8).

Ps. 69:29 Fil. 4:3; Open 3:5; 13:8; 17:8; 20:12,15; 21:27
29Skrap hulle nameuit die boek van die lewedat dit nie saam met dié

van die regverdiges

opgeskryf staan nie!

Al dié tekste praat van die boek van die lewe, maar het ’n meer positiewe hantering daarvan as in die Psalm.  Die boek van die lewe kom van die begin van die Skepping af.  God besluit self wie se name daar ingeskrywe word, hoewel Paulus ook oortuig was dat van sy medewerkers se name daarin geskrywe was (Fil. 4:3).  Dit is ’n boek wat aan Jesus, die Lam, behoort.  Die regverdiges se name word nooit uitgewis daaruit nie.
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda