Psalm 69 – Moenie dat dié wat op U vertrou, deur my toedoen teleurgestel word nie
Aan die een kant skilder hierdie Psalm die ervaringe van iemand (Dawid) wat deurloop onder onredelike haat, bedreigings, vals beskuldigings en swendelary (vers 5), selfs van die gemeenskap (vers 13) en sy familie (vers 9). Dat hy boonop roep na God om hulp en moeg gewag is vir een of ander uitkoms, maak dit nie vir hom makliker nie (vers 4). Daarby word hy beledig en verkleineer omdat hy hom met God en sy huis assosieer – die beledigings teen God tref dus ook vir hom (vers 8-10).
Aan die ander kant word dié Psalm 17 keer aangehaal in die NT – in die evangelies, in Paulus se briewe sowel as in Johannes se Openbaring. Dié Psalm is dus wyd in die NT aangewend. Die aanhalings word op twee maniere gedoen. In die eerste plek word die Psalm gebruik in die begronding van die verhaal en gebeure van die evangelie van Jesus Christus, veral met betrekking tot die kruisiging. In die tweede plek word die Psalm gebruik in die interpretasie van die implikasies van die koms van die koninkryk van God, eerstens vir die Jode en tweedens vir die regverdiges met die Wederkoms. Ek lys dié verwysings met die tekste aan die einde van dié bydrae, sonder veel kommentaar, sodat jy self kan oorweeg wat dit vir jou sê.
Daar is verskillende maniere om die Psalm op te deel. Ek gebruik die vier-deling soos in die NAV (behalwe by vers 30 wat ek eerder met die volgende gedeelte saamlees):
- Red my van dié wat my sonder rede haat – vers 2-5. Die metafore wat Dawid hier gebruik om sy ontreddering te beskryf, is regtig roerend. Hy gebruik van dié metafore weer in vers 15 en verder. Die uitstaande eienskap van dié deel van sy gebed is die onafgebroke fokus op God, uitgedruk met die metafoor van ’n hees stem en dowwe oë. Elkeen van ons sal kan identifiseer met die ervarings van onredelike haat, bedreigings, vals beskuldigings en swendelary. Dawid moedig ons aan om nie op te hou om God se aangesig te soek, totdat Hy antwoord nie.
- Moenie dat dié wat op U vertrou, deur my toedoen teleurgestel word nie – vers 6-22. Dié deel van die Psalm beskryf twee ervarings van ’n gelowige wat ernstig is om God te dien. Aan die een kant is daar die groeiende bewussyn van sonde – “my verkeerde dade kan ek tog nie vir U wegsteek nie” – en die effek wat dit op die ander lede van die geloofsgemeenskap het. “Moenie dat dié wat op U vertrou, deur my toedoen teleurgestel word nie.” Aan die ander kant is daar die groeiende bewussyn van die teenstand van mense wat eintlik vir God wil bykom. “Omdat ek u huis liefhet, moet ek ly; die beledigings teen U het ook vir my getref.” Selfs in die gemeenskap word praatjies oor hom gemaak. Dawid bid dat God in Sy groot en wonderlike liefde en groot barmhartigheid sal antwoord en sy lot sal verander. “Moet tog nie u dienaar alleen laat nie!” Net God kan help. Mense het nie meegevoel en deernis nie. Hulle aanbod is gif en asyn vir sy honger en dors.
- Skrap hulle name uit die boek van die lewe, dat dit nie saam met dié, van die regverdiges opgeskryf staan nie! – vers 23-29. Dawid draai nie doekies om nie! Hy wil nie net dié skurke uit die lewe geruim hê nie. Hulle moet tot nie-bestaan vernietig word. Harde woorde wat woede verwoord, maar nie meer in die lig van Jesus se kruisdood op dié manier gebid kan word nie.
- God vergeet nie sy mense wat gevangenes is nie – vers 30-37. Die atmosfeer verander redelik dramaties in dié deel van die Psalm waarin die redding wat God gegee het, verwoord word. En Let op dat “dié wat by God hulp soek, sal moed skep!” God slaan ag op die armes en vergeet nie die gevangenes nie – iets wat Jesus ook as sy roeping in Lukas 4 uitspel. Daarom moet almal Hom prys. Dawid sluit af met ’n gebed vir Sion se herstel en die land se bevestiging.
Psalm 69 in die NT
Ps. 69:5 | Joh. 15:24-25 |
5Dié wat my sonder rede haat,is meer as die hare op my kop.Dié wat my vir altyd wil stilmaak,
is sterk. My vyande dwing my met vals beskuldigings om af te gee wat ek nie geroof het nie. |
24As Ek nie by hulle die werke gedoen het wat niemand anders gedoen het nie, sou hulle nie skuldig gewees het nie; maar nou sien hulle dit, en tog haat hulle My en my Vader. 25Maar die woorde wat in die Skrif geskrywe staan, moet vervul word: ‘Hulle het My sonder rede gehaat.’ |
Ps. 69:10 | Joh. 2:17 |
10Omdat ek u huis liefhet,moet ek ly;die beledigings teen U
het ook vir my getref. |
13Die paas13-fees van die Jode was naby, en Jesus het daarvoor na Jerusalem toe gegaan. 14Op die tempelplein het Hy die verkopers van beeste, skape en duiwe gekry en die geldwisselaars wat daar sit. 15Toe het Hy met toutjies ’n sweep gemaak en almal uit die tempel uitgejaag, ook die skape en die beeste. Die geld van die geldwisselaars het Hy op die grond gegooi en hulle tafels omgekeer. 16Vir die mense wat die duiwe verkoop het, het Hy gesê: “Vat hierdie goed hier weg! Moenie die huis van my Vader ’n besigheidsplek maak nie.”17Toe het sy dissipels daaraan gedink dat daar geskrywe staan: “Die liefde vir u huis verteer my.” |
Ps. 69:22 | Joh. 19:29 (vgl. Mark 15:23,36; Matt. 27:34,48; Luk. 23:36) |
22Toe ek honger was,het hulle my gif aangebied,toe ek dors was,
wou hulle my asyn laat drink. |
28Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors.”29Daar het ’n kan vol suur wyn gestaan. Die soldate het toe ’n spons vol suur wyn op ’n hisoptakkie gesit en dit teen sy mond gehou. 30Nadat Jesus die suur wyn gekry het, het Hy gesê: “Dit is volbring!” |
Ps. 69:23-24 | Rom 11:9-10 |
23Laat hulle feeste hulle tot ’n val bringen hulle offermaaltyehulle ondergang wees.
24Laat hulle stokblind word, laat hulle gebreklik word. |
9En Dawid sê:“Mag hulle maaltye vir hulle’n vangstrik en ’n val word
en ’n struikelblok en ’n straf. 10Mag hulle oë verduister word dat hulle nie sien nie; en buig hulle rug vir altyd krom.” |
Ps. 69:26 | Hand 1:20 |
26Laat hulle blyplekke verwoes wordsodat daar niemand oor isin hulle wonings nie, | 18“Met die geld wat Judas vir sy misdaad gekry het, het hy ’n stuk grond gekoop. Daar het hy vooroor geval en oopgebars, en al sy ingewande het uitgepeul. 19Dit het bekend geword onder al die inwoners van Jerusalem. Daarom word die plek in hulle taal Akeldama genoem. Dit beteken Bloedgrond.20“In die boek van die Psalms staan daar:Laat sy woonplek leeg word;
laat niemand daarin woon nie, en: laat ’n ander sy amp oorneem (vgl Ps. 109:8). |
Ps. 69:29 | Fil. 4:3; Open 3:5; 13:8; 17:8; 20:12,15; 21:27 |
29Skrap hulle nameuit die boek van die lewedat dit nie saam met dié
van die regverdiges opgeskryf staan nie! |
Al dié tekste praat van die boek van die lewe, maar het ’n meer positiewe hantering daarvan as in die Psalm. Die boek van die lewe kom van die begin van die Skepping af. God besluit self wie se name daar ingeskrywe word, hoewel Paulus ook oortuig was dat van sy medewerkers se name daarin geskrywe was (Fil. 4:3). Dit is ’n boek wat aan Jesus, die Lam, behoort. Die regverdiges se name word nooit uitgewis daaruit nie. |
View all posts in this series
- Psalms 1-41 – 4de kwartaal 2011 - Oct 12, 2011
- WEEK 1: Inleiding op die Psalms – God is die sin en betekenis van die lewe - Oct 13, 2011
- Psalms ingedeel in vyf Psalmboeke - Oct 14, 2011
- Historiese raamwerk - Oct 17, 2011
- Teologiese temas, soorte Psalms en Jesus en die Psalms - Oct 18, 2011
- Samestelling van Psalms 1-41, leesplan en Lectio Divina - Oct 19, 2011
- Lectio Divina
- WEEK 2: Psalm 1-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede - Oct 20, 2011
- Psalm 1 – Geseënd is dié wat hul vreugde in God vind
- Psalm 2 – Geseënd is dié wat op God vertrou - Oct 21, 2011
- Psalm 3-4 – God bring rus en vrede as ons Hom vra - Oct 24, 2011
- Psalm 5 – God gee vreugde aan dié wat by Hom skuil - Oct 25, 2011
- Psalm 6 – Genesing is genade
- Psalm 7-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede - Oct 26, 2011
- WEEK 3: Psalm 9-14 – God verlos sy mense van allerlei verdrukkende omstandighede - Oct 27, 2011
- Psalm 9-10 – God gee nuwe moed en laat reg geskied
- Psalm 11 – om God te vertrou in ’n krisis - Oct 28, 2011
- Psalm 12 – Vertrou op die beloftes van die Here - Oct 31, 2011
- Psalm 13 – Kyk tog en luister na my, Here, my God - Nov 1, 2011
- Psalm 14 – Net ‘n dwaas sê daar is geen God nie - Nov 2, 2011
- WEEK 4: Psalm 15-24 – God nooi ons uit om in sy teenwoordigheid te lewe - Nov 3, 2011
- Psalm 15 + 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom
- Psalm 16 – Daar is niks goeds behalwe by God nie - Nov 4, 2011
- Psalm 23 – die gebed vir alle seisoene van die lewe
- Psalm 17 + 22 – God verontagsaam nie die gebed van die hulpelose nie - Nov 7, 2011
- Psalm 18 + 20-21 – God gee oorwinning - Nov 8, 2011
- Psalm 19 – God bestaan en God praat met ons - Nov 9, 2011
- WEEK 5: Psalm 25-33 – God roep ons op om moed te hou, want Hy is die Skepperkoning - Nov 10, 2011
- Psalm 25 + 33 – God sorg vir dié wat Hom vertrou
- Psalm 26 + 32 – God skenk ’n lewe van integriteit en vertroue - Nov 11, 2011
- Psalm 27 + 31 – Vertrou God, wees sterk en vol moed - Nov 14, 2011
- Psalm 28 + 30 – Lof aan God omdat Hy gehoor en gehelp het - Nov 15, 2011
- Psalm 29 – Die God van die natuur sorg ook vir sy kinders - Nov 16, 2011
- WEEK 6: Psalm 34-37 – God se teenwoordigheid word geken in die gemeenskap van gelowiges - Nov 17, 2011
- Psalm 34 – Dankbaarheid lei tot wysheid
- Psalm 37 – Wysheid lê in ’n God-gesentreerde lewe - Nov 18, 2011
- Psalm 35 – Gebed om redding in vervolging - Nov 21, 2011
- Psalm 36 – Laat U liefde bly by dié wat U erken - Nov 22, 2011
- Psalm 37 – Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie - Nov 23, 2011
- WEEK 7: Psalm 38-41 – God verlos ons van ons sonde en gee ons blydskap - Nov 24, 2011
- Psalm 38 – Moet my nie verlaat nie, help my gou, my Redder
- Psalm 39 – Ek wil sorgvuldig let op my lewe en op U - Nov 25, 2011
- Psalm 40 – U woord is my hele lewe - Nov 28, 2011
- Psalm 41 – Omgee vir swakkes gee vrymoedigheid in gebed - Nov 29, 2011
- Psalm 1 (2de keer) – Die Here ken my
- Mag ons vandag nog mense verag? - Sep 12, 2012
- Psalms 42-72 – Bedaar en erken dat Ek God is - Jan 21, 2013
- Die 2de Psalmboek (42-72): Bedaar en erken dat Ek God is - Jan 23, 2013
- Opbou van Psalms 42-72 – digters en temas
- Indeling van die leeswerk vir Psalms 42-72
- Byeenkomste in Somerstrand
- Lectio Divina vir die Psalms
- Digterlike taal
- Psalms vir die lewe
- Oor die liedere wat ons sing in die kerk
- Ander bydraes oor die Psalms by Bybelskool.com
- Psalm 42-43 – Gebed bring vertroue selfs in die ervaring van God se afwesigheid - Jan 24, 2013
- Psalm 44 – Kom ons tog te hulp in ons ellende - Jan 25, 2013
- Psalm 45 – Huwelikslied vir die koning en koningin - Jan 28, 2013
- Psalm 46 – Bedaar en erken dat Ek God is - Jan 29, 2013
- Psalm 47 – ’n Verenigde volk van God uit al die nasies - Jan 30, 2013
- Psalm 48 – God sal ons altyd lei - Jan 31, 2013
- Psalm 49 – Dis dwaas om op rykdom te vertrou - Feb 1, 2013
- Psalm 50 – Loof God deur Hom in alles te erken en vereer - Feb 4, 2013
- Psalm 51 – Wees my genadig, o God - Feb 5, 2013
- Psalm 52 – God is goed en sorg vir my - Feb 6, 2013
- Psalm 53 – Dit is dwaas om sonder God te probeer lewe - Feb 7, 2013
- Psalm 54 – God red my uit elke benoudheid - Feb 8, 2013
- Psalm 55 – Laat jou sorge aan die Here oor - Feb 11, 2013
- Psalm 56 – God let op ons trane - Feb 12, 2013
- Psalm 57 – Van vrees na versekering - Feb 13, 2013
- Psalm 58 – Daar is tóg ’n God - Feb 14, 2013
- Wraakgierigheid in die Psalms
- Psalm 59 – Breek hulle stadig af deur u mag - Feb 15, 2013
- Psalm 60 – Laat dit tog weer met ons goed gaan - Feb 18, 2013
- Psalm 61 – Ek bid tot u van ver, Hoor my van naby - Feb 19, 2013
- Psalm 62 – Net by God vind ek rus - Feb 20, 2013
- Psalm 63 – Ek bly altyd naby U - Feb 21, 2013
- Psalm 64 – God sorg vir die regverdiges - Feb 22, 2013
- Psalm 65 – Waar U ook gaan, is daar oorvloed! - Feb 25, 2013
- Psalm 66 – God se dade moet vir almal vertel word - Feb 26, 2013
- Psalm 67 – Geseën om te seën - Feb 27, 2013
- Psalm 68 – God vul alles en almal met Sy teenwoordigheid - Feb 28, 2013
- Psalm 69 – Moenie dat dié wat op U vertrou, deur my toedoen teleurgestel word nie - Mar 1, 2013
- Psalm 70 – Kom tog gou na my toe, o God - Mar 4, 2013
- Psalm 71 – Moet my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie - Mar 5, 2013
- Psalm 72 – Leer die koning om volgens u wil te regeer - Mar 6, 2013
- Video oorsig oor die Psalms van The Bible Project - Dec 11, 2015