Psalm 59 – Breek hulle stadig af deur u mag
Dawid en Mikal
Ons vind dié verhaal in 1 Sam 19, terwyl Dawid nog vir Saul in sy huis op die lier gespeel het. Saul het dié dag met sy spies in sy hand gesit toe ”’n boosaardige gees wat deur die Here gestuur is,” oor Saul gekom het, en hy geprobeer het om Dawid met die spies dood te maak. Dawid het egter gekoes en gevlug vir sy lewe na sy eie huis. Saul het toe van sy mense na Dawid se huis toe gestuur “om hom dop te hou en hom in die môre dood te maak.”
Dawid se vrou Mikal, Saul se dogter, het hom egter gewaarsku dat hy moet vlug anders word hy doodgemaak. Sy het hom deur die venster laat afsak en hy het só ontsnap. Mikal het gemaak asof hy nog daar is en ‘n afgodsbeeld op die bed met ’n bokhaarnet om die kop gedraai en dit met ’n kombers toegemaak. Toe Saul se mense vir Dawid die volgende oggend kom soek, het sy gesê hy is siek. Saul het hulle egter beveel om hom met bed en al na hom te bring sodat hy Dawid kon doodmaak. Toe eers het hulle agter gekom Dawid is weg. Saul was baie kwaad vir Mikal, maar sy het sy gramskap ontwyk deur Dawid te beskuldig dat hy haar met die dood gedreig het.
Mikal se lewe verloop hierna baie tragies en haar verhouding met Dawid versuur rampspoedig.
- Saul gee haar aan ‘n ander man, Palti die seun van Lajis uit Gallim (1 Sam 25:44), maar met Dawid se uiteindelike kroning ‘n paar jaar later eis hy haar weer terug van Palti. Roerend word daar oor Palti se hartseer geskryf toe Isboset vir Abner gestuur het om Mikal by hom weg te vat: “Hy het saam met sy vrou geloop, huil-huil agter haar aan tot by Bagurim. Toe sê Abner vir hom: ‘Gee pad! Loop terug!’ Hy het toe maar omgedraai.” (2 Sam 3:16).
- Mikal was duidelik ook nie tevrede met dié toedrag van sake nie en vervies haar op ’n keer vir Dawid toe dié voor die ark uitgeloop en dans het en spreek haar misnoeë daarmee uit, waarop hy haar tot haar dood vermy het. “En tot die dag van haar dood het Saul se dogter Mikal nie ’n kind gehad nie.” (2 Sam 6:23).
Haar houding teenoor Dawid verander van baie verlief (1 Sam 18:20) na ’n diep veragting (1 Kron. 15:29) en hulle verhouding van een van beskerming (1 Sam 19) na een van verwydering (2 Sam 6:23). Tragies.
Uitleg
Die Psalm is ’n diep persoonlike worsteling van Dawid met die geweld van sy vyande terwyl hy nêrens oortree het nie. “Ek is onskuldig en tog bestorm hulle my.” Telkens word die gevaar van die nasies egter bygetrek waarmee die Psalm ook betekenis vir die geloofsgemeenskap gekry het.
Die Psalm kan in drie dele verdeel word: vers 2-6, vers 7-14, vers 15-18 – onder andere as gevolg van die Selas, asook die herhalende inhoud van vers 7 en 15 wat telkens ’n nuwe deel van die Psalm inlei:
- Red my van my vyande, my God – vers 2-6. Dawid bid vir God se hulp om hom te red, beskerm en bevry van sy vyande en teëstanders, mense wat onreg doen en moord wil pleeg. Dawid is ontsteld omdat hy nie oortree het nie en hulle hom onskuldig bestorm en aanval. Anargie heers. Daarom vra hy hulp van God. Let op hoe hy God met ’n omvattende beskrywing aanspreek: “U is die Here God, die Almagtige, die God van Israel!” Daarmee fokus hy vervolgens op God se hulp ook vir die gevaar van die nasies: “Moenie genade betoon aan sulke lae verraaiers nie.” Harde woorde!
- Breek hulle stadig af deur u mag en laat hulle ondergaan – vers 7-14. Dawid vergelyk die vyande met grommende skuimende-mond honde wat hom omsingel. Hy put krag uit God se spottende houding teenoor hulle, waarin hy uit Psalm 2 aanhaal, en daarmee ook die nasies weer in spel bring. Op God wil Dawid sy hoop gevestig hou, want Hy is sy veilige vesting. Interessant genoeg wil hy nie hê dat die vyande/nasies eensklaps uitgewis sal word nie, maar eerder stadig, sodat hulle straf nie ongemerk sal verbygaan nie en almal terdeë daarvan bewus sal kan wees. Hy vra ook dat hulle eintlik met hulle eie woorde en houding gevang sal word, sodat dit duidelik blyk dat hulle hul straf verdien. Nogal ’n interessante perspektief. ’n Skielike dood sou vermoedelik die gevaar kon inhou dat mense vir hulle jammer kon voel, inplaas daarvan om terdeë bewus te wees van die regverdigheid van hulle lotsbestemming, juis vanweë die stadige verloop van die proses. “Dan sal almal weet dat God oor sy volk Jakob en oor die hele aarde regeer.” Nogal ’n belangrike perspektief wat rekening hou met die voordeel van die wiele van geregtigheid wat stadig draai …
- U is my veilige vesting – vers 15-18. Weereens word die vyande met honde vergelyk met die byvoeging dat hulle aan die tjank gaan as hulle nie genoeg kry nie! Let ook op dat hulle werk in die donker gedoen word. Daarteenoor sal Dawid elke môre teenoor God jubel, want hy is ’n kind van die dag. God is vir hom ’n veilige vesting (twee keer herhaal om dit te beklemtoon). Daarom wil hy God se eer en trou besing.
Dít is ’n Psalm om te gebruik in tye van groot aanvegting, veral in persoonlike krisisse, maar ook wanneer ’n gemeenskap onder beleg is van anargie en wetteloosheid. Onthou dat die Psalm vir jou “woorde vir jou woede” gee, maar dat jou gebed vir jou vyande uiteindelik eerder hulle transformasie in die oog het. “Laat hulle ondergaan” kan dan gebid word as “laat hulle dade ondergaan” terwyl steeds vir die inkeer van die vyande en die omkeer van die uitwerking van hulle dade gebid word. En onthou dat daar voordele is in die wiele van geregtigheid wat stadig draai. Die impak van die verandering is groter as dit langsamerhand tot stand kom. Geduld en vertroue is die wagwoord!
View all posts in this series
- Psalms 1-41 – 4de kwartaal 2011
- WEEK 1: Inleiding op die Psalms – God is die sin en betekenis van die lewe
- Psalms ingedeel in vyf Psalmboeke
- Historiese raamwerk
- Teologiese temas, soorte Psalms en Jesus en die Psalms
- Samestelling van Psalms 1-41, leesplan en Lectio Divina
- Lectio Divina
- WEEK 2: Psalm 1-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede
- Psalm 1 – Geseënd is dié wat hul vreugde in God vind
- Psalm 2 – Geseënd is dié wat op God vertrou
- Psalm 3-4 – God bring rus en vrede as ons Hom vra
- Psalm 5 – God gee vreugde aan dié wat by Hom skuil
- Psalm 6 – Genesing is genade
- Psalm 7-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede
- WEEK 3: Psalm 9-14 – God verlos sy mense van allerlei verdrukkende omstandighede
- Psalm 9-10 – God gee nuwe moed en laat reg geskied
- Psalm 11 – om God te vertrou in ’n krisis
- Psalm 12 – Vertrou op die beloftes van die Here
- Psalm 13 – Kyk tog en luister na my, Here, my God
- Psalm 14 – Net ‘n dwaas sê daar is geen God nie
- WEEK 4: Psalm 15-24 – God nooi ons uit om in sy teenwoordigheid te lewe
- Psalm 15 + 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom
- Psalm 16 – Daar is niks goeds behalwe by God nie
- Psalm 23 – die gebed vir alle seisoene van die lewe
- Psalm 17 + 22 – God verontagsaam nie die gebed van die hulpelose nie
- Psalm 18 + 20-21 – God gee oorwinning
- Psalm 19 – God bestaan en God praat met ons
- WEEK 5: Psalm 25-33 – God roep ons op om moed te hou, want Hy is die Skepperkoning
- Psalm 25 + 33 – God sorg vir dié wat Hom vertrou
- Psalm 26 + 32 – God skenk ’n lewe van integriteit en vertroue
- Psalm 27 + 31 – Vertrou God, wees sterk en vol moed
- Psalm 28 + 30 – Lof aan God omdat Hy gehoor en gehelp het
- Psalm 29 – Die God van die natuur sorg ook vir sy kinders
- WEEK 6: Psalm 34-37 – God se teenwoordigheid word geken in die gemeenskap van gelowiges
- Psalm 34 – Dankbaarheid lei tot wysheid
- Psalm 37 – Wysheid lê in ’n God-gesentreerde lewe
- Psalm 35 – Gebed om redding in vervolging
- Psalm 36 – Laat U liefde bly by dié wat U erken
- Psalm 37 – Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie
- WEEK 7: Psalm 38-41 – God verlos ons van ons sonde en gee ons blydskap
- Psalm 38 – Moet my nie verlaat nie, help my gou, my Redder
- Psalm 39 – Ek wil sorgvuldig let op my lewe en op U
- Psalm 40 – U woord is my hele lewe
- Psalm 41 – Omgee vir swakkes gee vrymoedigheid in gebed
- Psalm 1 (2de keer) – Die Here ken my
- Mag ons vandag nog mense verag?
- Psalms 42-72 – Bedaar en erken dat Ek God is
- Die 2de Psalmboek (42-72): Bedaar en erken dat Ek God is
- Opbou van Psalms 42-72 – digters en temas
- Indeling van die leeswerk vir Psalms 42-72
- Byeenkomste in Somerstrand
- Lectio Divina vir die Psalms
- Digterlike taal
- Psalms vir die lewe
- Oor die liedere wat ons sing in die kerk
- Ander bydraes oor die Psalms by Bybelskool.com
- Psalm 42-43 – Gebed bring vertroue selfs in die ervaring van God se afwesigheid
- Psalm 44 – Kom ons tog te hulp in ons ellende
- Psalm 45 – Huwelikslied vir die koning en koningin
- Psalm 46 – Bedaar en erken dat Ek God is
- Psalm 47 – ’n Verenigde volk van God uit al die nasies
- Psalm 48 – God sal ons altyd lei
- Psalm 49 – Dis dwaas om op rykdom te vertrou
- Psalm 50 – Loof God deur Hom in alles te erken en vereer
- Psalm 51 – Wees my genadig, o God
- Psalm 52 – God is goed en sorg vir my
- Psalm 53 – Dit is dwaas om sonder God te probeer lewe
- Psalm 54 – God red my uit elke benoudheid
- Psalm 55 – Laat jou sorge aan die Here oor
- Psalm 56 – God let op ons trane
- Psalm 57 – Van vrees na versekering
- Psalm 58 – Daar is tóg ’n God
- Wraakgierigheid in die Psalms
- Psalm 59 – Breek hulle stadig af deur u mag
- Psalm 60 – Laat dit tog weer met ons goed gaan
- Psalm 61 – Ek bid tot u van ver, Hoor my van naby
- Psalm 62 – Net by God vind ek rus
- Psalm 63 – Ek bly altyd naby U
- Psalm 64 – God sorg vir die regverdiges
- Psalm 65 – Waar U ook gaan, is daar oorvloed!
- Psalm 66 – God se dade moet vir almal vertel word
- Psalm 67 – Geseën om te seën
- Psalm 68 – God vul alles en almal met Sy teenwoordigheid
- Psalm 69 – Moenie dat dié wat op U vertrou, deur my toedoen teleurgestel word nie
- Psalm 70 – Kom tog gou na my toe, o God
- Psalm 71 – Moet my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie
- Psalm 72 – Leer die koning om volgens u wil te regeer
- Video oorsig oor die Psalms van The Bible Project
Tags: Psalms
Trackback from your site.
Chris van Wyk
| #
Hi Yvonne, dankie vir die korreksie! Seën vir jou leeswerk hierdie jaar.
Chris van Wyk
| #
Hi Miems, die wet is duidelik dat ‘n mens nie moord mag pleeg nie (Eks 20:13) soos Jesus (Matt 5:21-22) en Paulus (Rom 13:9) dit ook bevestig. Die Heidelbergse Kategismus verduidelik dit so:
Sondag 40
105 Vraag: Wat eis God in die sesde gebod?
Antwoord: Ek mag nie self en ook nie deur iemand anders my naaste onteer, haat, beledig of doodmaak nie. Ek mag dit nie met my gedagtes, woorde of gebare doen nie en nog minder met die daad (a). Ek moet alle wraaksug laat vaar (b). Ek mag ook myself nie kwaad aandoen of moedswillig in gevaar begewe nie (c). Daarom dra die owerheid die swaard om doodslag te weer (d).
(a) Matt 5:21, 22; 26:52; Gen 9:6. (b) Ef 4:26; Rom 12:I9; Matt 5:25;18:35. (c) Rom 13:14; Kol 2:23; Matt 4:7. (d) Gen 9:6; Eks 21:14; Matt 26:52; Rom 13:4.
106 Vraag: Praat hierdie gebod net van doodmaak?
Antwoord: Deur doodmaak te verbied, leer God ons dat Hy die wortel daarvan (a), soos afguns, haat (b), woede (c) en wraaklus verafsku. Dit alles is vir Hom heimlike moord (d).
(a) Spr 14:30; Rom 1:29. (b) 1 Joh 2:11. (c) Jak 1:20; Gal 5:19-21. (d) 1 Joh 3:15.
107 Vraag: Het ons die gebod gehoorsaam as ons maar net nie ons naaste doodmaak, soos hierbo gesê is nie?
Antwoord: Nee, terwyl God afguns, haat en woede verbied, gebied Hy dat ons ons naaste moet liefhê soos onsself (a). Ons moet teenoor hom geduldig, vredeliewend, sagmoedig, barmhartig en vriendelik wees (b), alles wat hom kan benadeel, sover moontlik probeer voorkom (c) en selfs aan ons vyande goed doen (d).
(a) Matt 22:39; 7:12; Rom 12:10. (b) Ef 4:2; Gal 6:1, 2;Matt 5:5; Rom 12:18; Luk 6:36; Matt 5:7; 1 Pet 3:8; Kol 3:12. (c) Eks 23:5. (d) Matt 5:44, 45; Rom 12:20.
Chris van Wyk
| #
Ek het ook ‘n paar gedagtes oor gebed by: https://bybelskool.com/drie-vaste-gebedstye-vir-elke-dag/
Chris van Wyk
| #
Hi Frans – ek het ‘n paar gedagtes oor vas geplaas by: https://bybelskool.com/die-plek-van-vas-in-geloofsgewoontes/. Daarin is ‘n pdf van Calvyn oor vas.
Frans Scheepers
| #
Ek soek na handleiding vir die tyd waarin ons is, vir die pandemie. Veral oor intense gebed.
Chris van Wyk
| #
Dankie Chantelle – jy kan my bydraes oor Esegiël hier bereik: https://bybelskool.com/esegiel-blad/
Chantelle
| #
Baie Dankie hier oor Baie ekstra kennis by gelas 🙏👋, ek is op soek na notasoor die boek Esegiel.
Kan my kontak op my epos Dankie
Groete
Chantelle du Plessis
Chris van Wyk
| #
Hi Anton
Dit is nie my punt nie, maar die punt van die Dordtse Leerreëls op grond van die Skrif. Hier is dit in konteks aangehaal:
1. Alle mense het in Adam gesondig en hulle skuldig gemaak aan die vloek en die ewige dood. Daarom sou God niemand verontreg het as dit sy wil was om die hele menslike geslag in die sonde en vervloeking te laat bly en vanweë die sonde te veroordeel nie. Daarom leer die apostel: die hele wêreld is voor God doemwaardig (Rom 3:19). Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God (Rom 3:23) en: Die loon van die sonde is die dood (Rom 6:23).
2. Die liefde van God is egter hierin geopenbaar dat Hy sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê (1 Joh 4:9; Joh 3:16).
3. Om mense tot geloof te bring, stuur God uit louter goedheid verkondigers van hierdie vreugdevolle boodskap na wie Hy wil en wanneer Hy wil. Deur hulle diens word die mense geroep tot bekering en geloof in Christus, die gekruisigde, want: Hoe kan hulle in Hom glo van Wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? (Rom 10:14,15).
4. Die toorn van God bly op hulle wat hierdie evangelie nie glo nie. Hulle wat die evangelie egter aanneem en die Verlosser, Jesus, met ‘n ware en lewende geloof omhels, word deur Hom van die toorn van God en van die verderf verlos, en Hy skenk hulle die ewige lewe (Joh 3:36; Mark 16:16).
5. Die oorsaak of skuld van daardie ongeloof, net soos van alle ander sondes, lê beslis nie by God nie, maar by die mens. Die geloof in Jesus Christus en die saligheid deur Hom is egter ‘n genadegawe van God. Soos geskrywe is: Uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God (Ef 2:8), ook: Dit is aan julle genadiglik gegee om in Christus te glo (Fil 1:29).
6. Dat God aan sommige mense in die tyd die gawe van die geloof skenk en aan ander dit nie skenk nie, volg uit sy ewige besluit. Immers: Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend (Hand 15:18), en Hy doen alles volgens die raad van sy wil (Ef 1:11). Volgens hierdie besluit maak God genadiglik die harte van die uitverkorenes ontvanklik – hoe verhard hierdie harte ook al mag wees – en buig hulle om tot geloof. Hulle wat egter nie uitverkies is nie, laat Hy volgens sy regverdige oordeel in hulle boosheid en verharding bly. Hierin veral kom vir ons tot openbaring die diepe, barmhartige en tegelyk regverdige onderskeiding tussen die mense wat almal ewe verlor is. Dit is die besluit van die uitverkiesing en verwerping wat in die Woord van God geopenbaar is. Verkeerde, onreine en onstandvastige mense verdraai hierdie leer tot hulle eie verderf, maar aan die heiliges en godvresendes gee dit ‘n onuitspreeklike troos.
7. Hierdie uitverkiesing is ‘n onveranderlike voorneme van God. Daarvolgens het Hy nog voor die skepping ‘n sekere aantal mense uit die hele menslike geslag uitverkies. Hierdie menslike geslag het deur hulle eie skuld van hulle oorspronklike ongeskondenheid in sonde en verderf verval. Die uitverkorenes is dus nie beter of waardiger as die ander nie, maar verkeer saam met die ander in die gemeenskaplike ellende. Nogtans het Hy hulle, uit volkome vrye welbehae van sy wil en uit louter genade, tot die saligheid in Christus uitverkies. God het Christus ook van ewigheid af tot Middelaar en Hoof van al die uitverkorenes en tot Fondament van die saligheid gestel. So het Hy ook besluit om die uitverkorenes aan Christus te gee om hulle salig te maak. Deur sy Woord en Gees roep en trek God die uitverkorenes kragdadiglik tot gemeenskap met Hom. Hy het dus besluit om aan die uitverkorenes die ware geloof in Christus te gee, hulle te regverdig en te heilig en om hulle, wat kragtig in die
gemeenskap van sy Seun bewaar word, uiteindelik as bewys van sy barmhartigheid en tot lof van sy oorvloedige en heerlike genade te verheerlik. Soos geskrywe is: In Christus het God Hy ons uitverkies voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons vir sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde (Ef 1:4,5,6); en elders: Die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook
verheerlik (Rom 8:30).
8. Hierdie uitverkiesing is nie veelvoudig nie, maar een en dieselfde vir almal wat salig word, in die Ou sowel as in die Nuwe Testament. Die Skrif verkondig immers aan ons net een welbehae, voorneme en raad van die wil van God. Hiervolgens het Hy ons van ewigheid af uitverkies tot die genade sowel as tot die heerlikheid, tot die saligheid sowel as tot die weg na die saligheid wat Hy voorberei het, sodat ons daarin kan wandel (Ef 1:4,5; 2:10).
9. Hierdie uitverkiesing het nie op grond van vooruitgesiene geloof, geloofsgehoorsaamheid, heiligheid of enige ander goeie hoedanigheid of geskiktheid van die mens tot stand gekom nie. Dit alles kan nooit vooraf as rede of voorwaarde vir die uitverkiesing van die mens vereis word nie. Die uitverkiesing is immers die oorsaak van geloof en geloofsgehoorsaamheid, heiligheid, ensovoorts. Daarom is die uitverkiesing die fontein van alle saligheid waaruit geloof, heiligheid en al die ander saligmakende gawes, en uiteindelik die ewige lewe self, as vrugte en gevolge daarvan voortvloei. Die apostel getuig immers: Om heilig en sonder gebrek voor Hom te wees (Ef 1:4), en nie ómdat ons alreeds so was nie.
10. Die oorsaak van hierdie genadige uitverkiesing is inderdaad slegs die welbehae van God. Dit bestaan nie daarin dat Hy uit alle moontlikhede sekere menslike hoedanighede of dade as ‘n voorwaarde vir die saligheid uitgekies het nie. Dit bestaan wel hierin dat Hy sekere bepaalde mense uit die hele menigte van sondaars as sy eiendom aangeneem het. Soos geskrywe is: Toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie, …, is vir haar (nl Rebekka) gesê: Die oudste sal die jongste dien. Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat (Rom 9:11,12,l3); en: Daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe (Hand
13:48).
11. God self is alwys, onveranderlik, alwetend en almagtig, en daarom kan sy daad van uitverkiesing nie ongedaan gemaak, oorgedoen, verander, herroep of afgebreek word nie. Die uitverkorenes kan ook nie verwerp of in getal verminder word nie.
12. Die uitverkorenes word op God se tyd van hulle ewige en onveranderlike uitverkiesing tot saligheid verseker. Dit gebeur verskillend en nie vir almal in gelyke mate nie. Hierdie versekering ontvang hulle nie as hulle nuuskierig die verborgenhede en dieptes van God probeer deursoek nie. Hulle ontvang die sekerheid egter as hulle in hulleself die onfeilbare vrugte van die uitverkiesing, soos in die Woord van God aangewys, met geestelike blydskap en heilige vreugde waarneem. Hierdie onfeilbare vrugte van die uitverkiesing is die ware geloof in Christus, die kinderlike vrees van God, die droefheid oor die sonde volgens die wil van God, die honger en dors na die geregtigheid, ensovoorts (2 Kor 13:5).
13. Vir die kinders van God is die besef en die sekerheid van hierdie uitverkiesing daagliks steeds meer rede om hulle voor die aangesig van God te verootmoedig, om die diepte van sy barmhartigheid te aanbid, om hulleself te reinig en om Hom, wat hulle eerste so uitnemend liefgehad het, ook van hulle kant vurig lief te hê. Dit is dan ook onmoontlik dat hierdie leer van die uitverkiesing en die besinning daaroor die kinders van God sal laat ophou om die gebooie van God te gehoorsaam of dat hulle onverskillig sou word deur ‘n sondige lewe te lei. Deur die regverdige oordeel van God is dit juis die geval met hulle wat die genade van die uitverkiesing ligtelik vir hulleself toe-eien of ydellik en ligsinnig daaroor praat, sonder dat hulle begeer om in die weë van die uitverkorenes te
wandel.
14. Hierdie leer van die Goddelike uitverkiesing is verder, volgens die wyse besluit van God, deur die profete, deur Christus self en deur die apostels in sowel die Ou as die Nuwe Testament verkondig. Daarna is dit in die heilige Skrifte bekend gemaak en bewaar. Daarom moet dit vandag nog op die regte tyd en plek in die kerk van God – waarvoor dit in die besonder bestem is – uiteengesit word. Hierdie leer moet egter oordeelkundig, met gelowige eerbied en heilige ontsag, sonder ‘n nuuskierige ondersoek na die weë van die Allerhoogste, verkondig word. Dit alles moet gebeur tot eer van die heilige Naam van God en tot ‘n lewende troos vir sy volk (Hand 20:27; Rom 12:3; 11:33,34; Heb 6:17,18).
15. Verder toon die heilige Skrif hierdie ewige en onverdiende genade van ons uitverkiesing baie duidelik aan en verkondig dit nadruklik aan ons. Dit getuig bowendien dat nie alle mense uitverkies is nie, maar dat sommige nie uitverkies is nie of in die ewige uitverkiesing van God verbygegaan is. God het besluit om hulle, na sy volkome vrye, regverdige, onberispelike en onveranderlike welbehae, in die gemeenskaplike ellende te laat bly. Daarin het hulle hulleself deur hulle eie skuld gestort. God het immers besluit om nie aan hulle die saligmakend~ geloof én die genade van die bekering te gee nie. Om sy geregtigheid te openbaar, het God besluit om hierdie mense aan hulleself oor te laat, hulle onder sy regverdige oordeel te laat bly en om hulle nie alleen oor hulle ongeloof nie, maar ook oor al hulle ander sondes te veroordeel en ewig te straf. Dit is die besluit van die verwerping, wat God hoegenaamd nie tot bewerker van die sonde maak nie, want dit sou ‘n godslasterlike gedagte wees. Inteendeel, dit sê juis dat God ‘n gedugte, onberispelike en regverdige Regter is wat die sonde straf.
16. Hulle wat die lewende geloof in Christus, die vaste vertroue, die gewetensrus, die beoefening van kinderlike gehoorsaamheid en die roem in God deur Christus nog nie ten volle ervaar nie – ofskoon hulle die middele gebruik waardeur God hulle beloof, het om hierdie dinge in ons te bewerk – moet nie mismoedig word wanneer hulle van die verwerping hoor nie. Hulle moet hulleself ook nie onder die verworpenes reken nie, maar ywerig voortgaan om die middele te gebruik, vurig verlang na die tyd van oorvloediger genade en dit ook met eerbied en ootmoed verwag. Hulle wat ernstig begeer om hulle tot God te bekeer, om Hom alleen gehoorsaam te wees en van die liggaam van die dood verlos te word, maar op die pad van die vroomheid en die geloof nog nie so ver gekom het as wat hulle wel wou nie, behoort nog minder die leer van die verwerping te vrees. Die barmhartige God het immers beloof dat Hy die dowwe lamppit nie sal uitblus en die geknakte riet nie sal verbreek nie. Maar
hierdie leer is tereg verskriklik vir almal wat God en die Verlosser, Jesus Christus, verag en hulleself geheel en al aan wêreldse sorge en sondige begeertes oorgegee het. Dit sal so bly solank hulle hulle nie met erns tot God bekeer nie.
17. Die Woord van God, waaruit ons die wil van God leer ken, getuig daarvan dat die kinders van die gelowiges heilig is. Hulle is nie van nature heilig nie, maar kragtens die genadeverbond waarin hulle saam met hulle ouers opgeneem is. Gelowige ouers moet daarom nie twyfel aan die uitverkiesing en saligheid van hulle kinders wat God in hulle kinderjare uit hierdie lewe wegneem nie (Gen 17:7; Hand 2:39;1 Kor 7:14).
18. Teen iemand wat oor hierdie genade van die onverdiende uitverkiesing en gestrengheid van die regverdige verwerping in opstand is, stel ons die woorde van die apostel: O, mens, wie is jy wat teen God antwoord? (Rom 9:20); en ook die woorde van ons Saligmaker: Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? (Matt 20:15). Maar ons wat hierdie verborgenhede godvresend en met eerbied aanbid; roep saam met die apostel uit: O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë! Want wie het die gedagte van die Here geken of wie was sy raadsman gewees? Of wie het iets aan Hom gegee, dat dit vergeld moet word? Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid! Amen (Rom 11:33-36).
Anton
| #
Chris, jou punt 7 is tog duidelik onwaar. Jy sê: “Baie wat deur die evangelie geroep is, bekeer hulle nie, glo nie in Christus nie, maar sterf in ongeloof. Dit gebeur, nie omdat die offer wat Christus aan die kruis volbring het, gebrekkig of onvoldoende is nie, maar deur hul eie skuld.”
Verder aan sê jy egter: “So het God slegs aan die uitverkorenes die regverdigende geloof geskenk om hulle daardeur onfeilbaar salig te maak.”
Hoe kan dit die ongelowiges se skuld wees dat hulle nie glo nie as God die saligmakende geloof van hulle weerhou?
Yvonne
| #
Ds Chris ek is so dankbaar dat ek al u hardewerk mag gebruik en geniet…..seenwense….mag ek vra vir n korreksie , tel dit vanoggend op tydens my stilte tyd Gen 26…die voorlaaste paragraaf by u boodskap noem u Sara se naam ipv Rebekka…dis nie kritiek nie asb…gedurende die inperking en weens my swak gehoor is Bybelskool van groot seen vir my…baie dankie