Psalm 112 – Ontsag vir God se gebooie bring vreugde; Vertroue verdryf die vrees vir slegte tyding
Psalm 112 is soos 111 ‘n akrostiese Psalm. Elke versreël begin met ’n opeenvolgende letter van die Hebreeuse alfabet. Dit gee 22 reëls vir elke letter van die alfabet. Dit is ook ‘n Hallelujalied soos Psalm 111 en 113 dit ook is.
Psalm 112 en 111 kom baie ooreen in inhoud met die fokus op bv. regverdigheid, genade, barmhartigheid, en voorsienigheid. In Psalm 111 word dit as God se karakter en werk beskryf. In Psalm 112 word dit nou as die gelowige se karakter en werk beskryf. Waar Ps. 111 gesê het dat God self sal sorg dat sy magtige dade nie vergeet word nie, word dit in Psalm 112 van die gelowige gesê: “‘n Regverdige bly vir altyd in die herinnering.” Dieselfde geld voorsiening. In Psalm 111 is dit God wat voorsien. In Psalm 112 is dit die “goedhartige” wat uitleen en al sy sake reg bestuur.
Die twee Psalms is dus keersye van mekaar. Wat van God in die een gesê word, word van die gelowiges in die ander gesê.
Omdat die twee Psalms maklik gememoriseer kon word vanweë die alfabetiese begin, het dit dus as ‘n soort kortbegrip gefunksioneer om kinders nie net die alfabet te leer nie, maar die “ABC” – in Psalm 111 – van wie God is en wat Hy doen: “Groots is die werke van die Here, ‘n bron van nadenke vir almal wat vreugde daarin vind.” Psalm 112 het hulle weer die “ABC” van wie gelowiges is en hoe hulle lewe, geleer.
Weereens gee ek hier die vertaling weer van die BDV met net die Hebreeuse alfabet letters vooraan om jou ‘n gevoel te gee van hoe dit werk – die eerste reël funksioneer as ‘n opskrif:
א Hoe gelukkig is die mens wat ontsag het vir die HERE,
ב wat groot vreugde vind in sy gebooie.
ג 2 Sy nageslag sal magtig wees in die land —
ד ‘n geslag opregtes wat geseën word.
ה 3 Oorvloedige rykdom is in sy huis,
ו en sy regverdigheid hou vir altyd stand.
ז 4 Hy skyn in die duisternis as ‘n lig vir die opregtes;
ח hy is genadig, barmhartig en regverdig.
ט 5 Dit gaan goed met ‘n mens wat goedhartig is en uitleen,
י wat sy sake eerlik bestuur;
כ 6 want hy sal nooit wankel nie.
ל ‘n Regverdige bly vir altyd in die herinnering.
מ 7 Vir slegte tyding is hy nie bang nie;
נ sy hart is standvastig, hy vertrou op die HERE.
ס 8 Sy hart is bestendig, hy is nie bang nie;
ע uiteindelik sien hy neer op sy teenstanders.
פ 9 Hy deel uit, hy gee aan behoeftiges;
צ sy regverdigheid hou vir altyd stand;
ק met waardigheid styg sy aansien.
ר 10 Die goddelose mens sien dit en vererg hom;
שׁ hy kners sy tande maar verloor moed.
ת Die begeerte van goddelose mense gaan tot niet.
Elke reël van die vers skets ‘n aspek van die gelowige se lewe voor God en voor die mense, soms in kombinasie met ‘n ander reël. Op grond van die beklemtoning van sy ontsag vir God se gebooie in vers 2 en die feit dat hy daarom vir slegte tyding nie bang is nie, kan die Psalm in twee dele gedeel word, maar dit is maar net om die boodskap op ‘n manier op te som: Ontsag vir God se gebooie bring vreugde (112:2-6) en, Vertroue op God verdryf die vrees vir slegte tyding (112:7-10).
Ontsag vir God se gebooie bring vreugde – 112:2-6
Psalm 112 herhaal die belangrike paradigmatiese boodskap van Psalm 1: “Hoe gelukkig is die mens wat ontsag het vir die HERE, wat groot vreugde vind in sy gebooie.” En voeg daaraan by: “Sy nageslag sal magtig wees in die land — ‘n geslag opregtes wat geseën word.“
Dit is die beginsels van ‘n geseënde en gelukkige lewe, die “ABC” van ‘n gesonde geloofslewe. Dit is die basis vir die oorvloed wat ‘n mens selfs in die voorsiening van die Here kan beleef. Dit is ook die basis van ‘n lewe wat ‘n nalatenskap laat.
Let op hoe wonderlik sulke mense vir hulle medemense is: “Hy skyn in die duisternis as ‘n lig vir die opregtes.” Hoekom? Want hy of sy is genadig, barmhartig, regverdig, goedhartig en eerlik. Jy kan op hom of haar staatmaak, want hulle wankel nooit nie. Hulle nalatenskap sal vir altyd in die herinnering bly.
Vertroue op God verdryf die vrees vir slegte tyding – 112:7-10
Omdat die gelowige ‘n ontsag vir God het, dryf dit die vrees vir slegte tyding uit. Sy hart kan standvastig bly, want Hy vertrou op die Here. Hy hoef nie bang te wees nie, want hy weet in die lig van God se grootsheid en betroubaarheid, hoef hy nie vir teenstanders bang te wees nie.
Trouens, in sy goedhartigheid en regverdigheid, styg juis sy aansien en waardigheid. Goddelose mense sien dit raak, kners op hulle tande van woede, maar kan niks aan die aansien en waardigheid doen nie. Dit maak hulle moedeloos, want selfs al sou hulle slaag om iemand dood te maak, sal dit niks doen aan die “lig” wat uit hulle lewe skyn nie.
Boodskap
Watter kragtoer van ‘n Psalm! Waar God se grootsheid en betroubaarheid in Psalm 111 onderstreep is, word die gelowiges se ontsag vir God se gebooie wat die vrees vir slegte tyding verdryf – omdat hulle op dié grootste en betroubare God vertrou – in Psalm 112 beklemtoon.
Psalm 119 sal nog verder hierop uitbrei, maar selfs kinders kon hierdie eenvoudige boodskap verstaan en omarm. Dit geld eintlik enige kind van die Here, ek en jy ook.
God se Woord – die volle openbaring wat ons in die Bybel het – bring vreugde en vertroue. Hoekom? Want die Een wat dit vir ons gegee het, is groots en betroubaar.
Ons kan die Woord dus as ‘n riglyn vir ons lewe neem. Ons kan genadig, barmhartig, regverdig, goedhartig en eerlik lewe, want dit is hoe ons God leer ken het. Ons kan sóós Hy voorsien vir dié wat behoeftig raak – om watter rede ook al – en op God vertrou dat Hy ook daarvoor voorsiening sal maak.
Gee jouself vandag daarvoor om genadig, barmhartig, regverdig, goedhartig en eerlik te lewe. Omarm iemand wat nood het en sorg dat alles wat jy doen reg bestuur word. Dan beloof die Here sal jou regverdigheid vir altyd in stand bly en as ‘n lig vir ander dien.
View all posts in this series
- BYBELSKOOL OOR PSALM 107-150 - Aug 20, 2015
- Die praktiese waarde van die Psalms - Aug 31, 2015
- Inleiding op die vyfde Psalmboek (107-150)
- Hoe om die Psalms te lees
- Psalm 107 – God is goed en getrou – aan sy liefde is daar geen einde nie - Sep 1, 2015
- Psalm 108 – Ek wil die rooidag met lof wakker maak – u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke - Sep 2, 2015
- Psalm 109 – U is goed en getrou, moet U nie doof hou nie - Sep 3, 2015
- Psalm 110 – U volk is gereed vir die dag waarop u u magte monster - Sep 4, 2015
- Psalm 111 – God se werk is groots en betroubaar - Sep 7, 2015
- Psalm 112 – Ontsag vir God se gebooie bring vreugde; Vertroue verdryf die vrees vir slegte tyding - Sep 8, 2015
- Psalm 113 – Prys die Here van waar die son opkom tot waar dit ondergaan - Sep 9, 2015
- Psalm 114 – Jubel uitgelate oor die Uittog uit Egipte - Sep 10, 2015
- Psalm 115 – Nie aan ons nie, Here, maar aan u Naam kom die eer toe - Sep 11, 2015
- Psalm 116 – Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede - Sep 14, 2015
- Psalm 117 – God is oneindig betroubaar in sy onmeetlike liefde vir ons - Sep 15, 2015
- Psalm 118 – Aan sy liefde is daar geen einde nie - Sep 16, 2015
- Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here - Sep 17, 2015
- Psalm 119:1-8 – ALEF: God begelei en inspireer ons deur sy wet en getuienisse
- Psalm 119:9-16 – BET: Gehoorsaamheid aan God se woord bewaar van sonde - Sep 18, 2015
- Psalm 119:17-24 – GIMEL: God se woorde is raadgewers wat insig gee - Sep 21, 2015
- Psalm 119:25-32 – DALET: Die pad van u bevele volg ek geesdriftig - Sep 22, 2015
- Psalm 119:33-40 – HE: Onderrig my dat ek enduit u voorskrifte kan nakom - Sep 23, 2015
- Psalm 119:41-48 – WAW – Die liefde vir God se wet gee vryheid en vrymoedigheid - Sep 24, 2015
- Psalm 119:49-56 – ZAJIN – Onthou tog u woord aan u dienskneg - Sep 25, 2015
- Psalm 119:57-64 – GET – U, Here, is my deel; U troue liefde vul die aarde - Sep 28, 2015
- Psalm 119:65-72 – TET – U is goed en doen goed; leer my u voorskrifte - Sep 29, 2015
- Psalm 119:73-80 – JOD – U hande het my gemaak en aan my ‘n plek gegee - Sep 30, 2015
- Psalm 119:81-88 – KAF – Op u woord wag ek sodat ek dit kan nakom - Oct 1, 2015
- Psalm 119:89-96 – LAMED – Vir ewig staan u woord vas - Oct 2, 2015
- Bydraes hervat Maandag 12 Oktober - Oct 6, 2015
- Psalm 119:97-104 – MEM – Insig in God se openbaring kom deur gehoorsaamheid - Oct 12, 2015
- Psalm 119:105-112 – NUN – Ek gehoorsaam U ten spyte van gevaar - Oct 13, 2015
- Psalm 119:113-120 – SAMEK – Ontsag vir God se woord bring ondersteuning en onderskraging - Oct 14, 2015
- Psalm 119:121-128 – AJIN – Insig lê anderkant die pyn van gehoorsaamheid - Oct 15, 2015
- Psalm 119:129-136 – PE – As u woorde oopgaan, gee dit lig - Oct 16, 2015
- Psalm 119:137-144 – TSADE – My ywer vir u woorde verteer my wanneer my teenstanders dit vergeet - Oct 19, 2015
- Psalm 119:145-152 – KOF – Op u woorde wag ek - Oct 20, 2015
- Psalm 119:153-160 – RESJ – Die hoofsaak van u woord is waarheid - Oct 21, 2015
- Psalm 119:161-168 – SIN/SJIN – Sewe keer ‘n dag loof ek U oor u regverdige beslissings - Oct 22, 2015
- Psalm 119:169-176 – TAW – Hou my lewend sodat ek U kan loof - Oct 23, 2015
- Psalm 120 – Here, bevry my van bedrieglike tonge - Oct 26, 2015
- Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nie - Oct 27, 2015
- Psalm 122 – Mag daar vrede in jou wees, Jerusalem - Oct 28, 2015
- Psalm 123 – Ons oë is gerig op God totdat Hy ons genadig is - Oct 29, 2015
- Psalm 124 – As die Here nie vir ons was nie … dan het hulle ons lewendig ingesluk - Oct 30, 2015
- Psalm 125 – Here, doen goed aan die goeies, aan dié wat opreg is in hulle harte - Nov 2, 2015
- Psalm 126 – Dié wat met trane saai, sal met gejuig maai. - Nov 3, 2015
- Psalm 127 – As die Here die huis nie bou nie, swoeg die bouers tevergeefs daaraan - Nov 4, 2015
- Psalm 128 – Hoe gelukkig is elkeen wat vir die Here ontsag het, wat sy paaie volg! - Nov 5, 2015
- Psalm 129 – Verlossing uit verdrukking; Verguising vir verdrukkers - Nov 6, 2015
- Psalm 130 – Uit die dieptes roep ek na U, Hoor tog my stem - Nov 9, 2015
- Psalm 131 – Groot dade en wonderwerke kom van God af - Nov 10, 2015
- Psalm 132 – Here, laat u gesalfde se kroon skitter - Nov 11, 2015
- Psalm 133 – Kyk hoe goed, hoe mooi is eensgesindheid onder gelowiges - Nov 12, 2015
- Psalm 134 – Mag die Here jou seën uit Sion - Nov 13, 2015
- Psalm 135 – God is goed; God is groot; God sorg vir sy volk - Nov 16, 2015
- Psalm 136 – Want vir ewig duur sy troue liefde - Nov 17, 2015
- Psalm 137 – Jerusalem bly my grootste vreugde - Nov 18, 2015
- Psalm 138 – U besiel my met innerlike krag - Nov 19, 2015
- Psalm 139 – Die wonder van God en van menswees - Nov 20, 2015
- Psalm 140 – Hou my veilig teen geweldenaars - Nov 23, 2015
- Psalm 141 – Maar op U bly my oë gerig - Nov 24, 2015
- Psalm 142 – Lei my uit gevangenskap dat ek u Naam kan loof - Nov 27, 2015
- Psalm 143 – U goeie Gees moet my lei op gelyk grond - Nov 30, 2015
- Psalm 144 – Hoe gelukkig is die volk wie se God die Here is - Dec 1, 2015
- Psalm 145 – Die Here is goed vir almal - Dec 2, 2015
- Psalm 146 – Ek wil my God besing solank as wat ek bestaan - Dec 3, 2015
- Psalm 147- Die Here vind vreugde in hulle wat vir Hom ontsag het - Dec 4, 2015
- Psalm 148 – Alles en almal loof die Here uit hemel en aarde - Dec 7, 2015
- Psalm 149 – Die Here is sy volk goedgesind en sal hulle vergeld - Dec 8, 2015
- Psalm 150 – Alles wat asem het, moet die Here oral loof! - Dec 9, 2015
- Psalm 151 – God luister na, roep en gebruik Dawid in die geveg met Goliat - Dec 10, 2015