Psalm 90 – Leer ons ons dae só gebruik dat ons wysheid bekom

O God, our help in ages past

Our hope for years to come,

Our shelter from the stormy blast,

And our eternal home.”

So lui die eerste vers van Isaac Watts se parafrase van hierdie Psalm reeds in 1719 n.C. wat steeds wêreldwyd in die Christelike kerk gesing word.  Hy het nege verse geskryf; die eerste vers het aanvanklik begin met “Our God …”, maar is deur John Wesley verander na “O God”.

Hy het die essensie van hierdie Psalm op ’n besondere raak manier vasgevang.  God was ’n toevlug (skuilplek – 2014 vertaling) van geslag tot geslag (vers 1): “in ages past”, sowel as die hoop “for years to come”.  Om die waarheid te sê, Hy is “our eternal home.”  Want, is Hy dan nie van ewigheid tot ewigheid God nie? (vers 2)

Die prentjie wat die woord toevlug/skuilplek oproep, is dié van ’n kraal of opstal waar skape of bokke weg van die wind en weer en gevaar beskerm word.  Só is God vir ons, sê die Psalmdigter, wat die tradisie aan Moses verbind (vgl. ook die lied van Moses in Deut. 31:30–32:47).  Om die waarheid te sê, die woord vir toevlug word ook gebruik vir God se woonplek (Deut. 26:15) waarin Hy natuurlik die Een is wat die veiligheid daarvan waarborg.  Dit is dié wete wat  rus bring in onstuimige omstandighede.

Voordat jy verder lees, eien dié woord vir jouself toe: “God is vir jou ’n toevlug van geslag tot geslag.”

Die Psalm verdeel in twee natuurlike dele:

  • Vers 1–12 is ’n lofprysing op God se werk in die volheid van die lewe van die mensdom wat afsluit met ’n gebed dat die Here ons wysheid sal gee.
  • Vers 13–17 is ’n gebed dat God sy ontferming en liefde in oorvloed aan sy volk sal gee sodat God se goedheid en grootheid vir die nageslag duidelik sal bly.

Lofprysing – vers 1–12

God word geloof vir sy beskerming wat nie net deur die geslagte in die geskiedenis ervaar is nie, maar ook van die begin van die skepping af – “voordat die berge gebore is”.  Trouens, die frase “van ewigheid tot ewigheid” kan ook vertaal word as “van die begin af tot die einde toe” wat God se allesomvattende sorg en betrokkenheid by alle mense uitdruk.

Tog, sê die Psalmis, is God nie aan die verloop van tyd gebonde of onderworpe nie.  “Duisend jaar is vir U soos gister as dit verby is.” (vers 4).  Dit beteken nie dat tyd geen betekenis vir God het nie, net dat tyd as’t ware inpas as net een deel van die ewigheid waarin God bestaan – waar Hy self geen begin of einde het nie.

Hierteenoor word die mens se eindigheid geskets met die beeld van gras wat maar vir ’n dag bestaan voor dit afgesny word, en verlep en verdroog (vers 5–6).  So is mense onderworpe aan die verganklikheid van die dood.  Daar is ’n absolute einde aan hulle kortstondige bestaan, wat skerp kontrasteer met die oneindigheid van God se bestaan.

Voeg dit by die ander probleem van mense – dat hulle weens hulle oortredinge en sonde aan God se toorn onderworpe is – en die ellende van die mensdom is maar al te duidelik.  Ons jare skiet verby soos ’n gedagte en is vol swaarkry en leed (moeite en rampe – 2014 vertaling) waaroor die Psalmis uitroep: “Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom,” of soos die 2014 vertaling dit het: “Om ons lewensdae na waarde te skat – dit moet U ons leer, sodat ons ’n hart vol wysheid kan verwerf.” (vers 12).

God ken ons soos ons werklik is – eindig, verganklik, geneig tot sonde, onderworpe aan die moeite en rampe van die lewe.  Die geheim van die lewe is dat ’n mens dit doodgewoon erken, en nie net sonder voorgee en met meer eerlikheid sal lewe nie, maar ook jou sal instel om beter die geleenthede en potensiaal wat daar wel is, raak te sien en te benut.  Dit is die tipe wysheid wat ons van God moet afbid, sê die Psalmis, sodat ons die dae wat ons uit God se hand ontvang, kan “tel”, d.w.s. met wysheid kan gebruik.

Gebed – vers 13–17

In hierdie deel van die Psalm bely die Psalmis dat die geheim van die lewe afhanklik is van God se gawes, van sy ontferming (vers 13), sy liefde (vers 14), en die jare wat Hy ons gee (vers 15).  Dit is wanneer Hy elke dag sy liefde in oorvloed gee (vers 14) en Hy sorg dat Sy werk en grootheid duidelik raak vir ons kinders (vers 16) dat die lewe sin begin maak en ons blydskap kan belewe (vers 15).

Daarom vra die Psalmis dat ons die goedheid van die Here ons God só sal belewe, dat Hy die werk van ons hande in stand sal hou.  Watter ongelooflike insig in hoe die lewe werk, en watter belangrike gebed om te bid!

Die boodskap van die Psalm

Dié Psalm is baie bewus van twee goed: 1) hoe onbeduidendheid menslike lewe werklik is in vergelyking met God se grootheid en ewigheid; en 2) hoe afhanklik die mens is van God se ontferming, liefde, en goedheid.  Daar is niks wat goed is wat nie van God af kom nie.  Daarom is die enigste verwagting en hoop wat sin maak van die lewe, in God self en die gawes wat Hy gee, geleë.

Daarom kan ek myself vind in hierdie aanhaling van Nicolas Herman, beter bekend as Brother Lawrence: “The time of business,” het hy gesê, “does not with me differ from the time of prayer and in the noise and clutter of my kitchen, while several persons are at the same time calling for different things, I possess God in as great tranquility as if I were upon my knees at the blessed sacrament.” (The Practice of the Presence of God the best rule of a Holy Life. https://archive.org/details/brotherlawrencep00lawr)

Die hele lewe is in God se hand en moet as sodanig deur my gelewe word.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: