Psalm 119:161-168 – SIN/SJIN – Sewe keer ‘n dag loof ek U oor u regverdige beslissings

Psalm119-sinDie 21ste deel van dié Psalm werk steeds met die gehegtheid aan die woord in die konteks van vervolging.  Hierdie keer maak hy spesifiek die keuse om nie mense in magsposisies te vrees nie, maar net in ontsag vir die Here se woord te leef.  Die Psalmis weet immers dat hy in ‘n sekere sin nie op God se ondersteuning en onderskraging kan staatmaak as hy nie van sy kant af met sy hele hart vasgryp aan God se woord en daarvolgens sy lewe inrig nie.

Wat hom hierin begelei, is die vreugde wat hy vind in die woord, presies soos Psalm 1 dit al uitgespel het: “Gelukkig is die mens … wat vreugde in die wet van die Here vind en sy wet dag en nag prewelend opsê.” (Ps. 1:1-2).  Trouens, sewe keer ‘n dag loof hy die Here oor sy regverdige beslissings, soos vers 163 meer letterlik vertaal kan word. Eugene Peterson vertaal dit so pragtig: “Seven times each day I stop and shout praises for the way you keep everything running right.” (The Message).  Dit is asof die Psalmis in ‘n konteks van aanvegting wil sê dat ‘n mens nog meer as gewoonlik die Here moet loof vir sy woord, meer in elk geval as die drie keer ‘n dag van ‘n Daniël (Dan. 6:11) en ‘n Dawid (Ps. 55:18: “In die aand en in die oggend, selfs in die middag ,het ek gekla en gesteun; toe het Hy my stem gehoor.”)!

Die Psalmis is soos iemand wat ‘n groot buit gevind het en hom net nie kan inhou van opgewondenheid oor sy geluk nie.  Soos Jesus ook in die NT in sy gelykenis oor die koninkryk op ‘n soortgelyke wyse vertel: “Met die koninkryk van die hemel gaan dit soos met ’n skat wat in ’n saailand onder die grond lê. Wanneer iemand dit kry, maak hy dit weer toe; en omdat hy baie in sy skik is, gaan verkoop hy alles wat hy het, en hy koop daardie land.” (Matt. 13:44).

Die omgekeerde is natuurlik dat in sy vreugde oor die woord, verberg hy ook nie sy afsku vir valsheid, d.w.s. vir mense wat die woorde van die Here verdraai en verontagsaam nie.  Hy het die wet van die Here lief en loop daarmee te koop (119:163).

Hoekom?  Want hy weet dat daar vrede (NAV het sekerheid) is vir diégene wat die wet liefhet, en dat daar vir hulle geen struikelblokke is in hulle toewyding aan die Here.  Struikelblokke in die lewe, ja, teenstand, selfs verguising, maar geen hindernis in hulle verhouding met die Here nie (119:165).

Daarom vestig hy sy hoop op die Here wat verlos en voer hy God se bevele uit, onderhou hy die bepalings, en leef hy in totale openheid teenoor die Here: “My hele lewe lê oop voor U.” (119:168 – BDV het: “want al my paaie lê oop en bloot voor U.”).

Hoekom?  Want hy weet dat die Here in ‘n sekere sin net oor sy lewe die wag kan hou, as hy bewustelik oop voor die Here leef.  Weereens soos Psalm 1 sê: “Ja, die Here sorg vir (ken) die pad van die regverdiges, maar die pad van die goddelose mense loop dood.” (Ps. 1:6).

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d