Psalm 125 – Here, doen goed aan die goeies, aan dié wat opreg is in hulle harte

Psalm125Dié Psalm vertolk die vertroue van die pelgrims op die Here.  God is vir hulle net so onwankelbaar soos die Sionsberg waarop die tempel gebou is.  Trouens, soos hulle na die omringende berge om Jerusalem kyk – omtrent soos ‘n muur van berge wat almal hoër was as die berg in Jerusalem – weet hulle dat die Here sy volk net só sal beskerm, “van nou af tot in ewigheid.”

Elke keer as hulle by Jerusalem aankom en die bekende simbole van hulle geloof sien, word hulle dus in dié geloof in God bevestig.  God is net so onwankelbaar as die Sionsberg.  Hy is net so beskermend soos die muur van berge om Jerusalem.

Dit ontlok in hulle die belydenis dat God se onwrikbare beskerming sal keer dat die: “goddelose septer” – soos vers 3 letterlik vertaal kan word – die simbool van die gevaar van ‘n goddelose regering, nie vir altyd die regverdiges sal verguis, en hulle verlei word om self op ‘n onregverdige manier daarteen op te tree nie.

Hiermee verwys die Psalmis na die goddelose heersers wat van tyd tot tyd oor hulle grondgebied die botoon gevoer het.  Dit kan selfs wees dat hy verwys na van hulle eie heersers wat die Here nie gedien het nie.

Die Psalmis verlaat hom egter nie op die moontlikheid om die reg in eie hande te neem nie, maar op sy vertroue dat die Here nie sal toelaat dat goddeloses vir altyd sal oorheers nie.  Daarom is sy belydenis ook ‘n implisiete afwysing van enige poging van die regverdiges om hulle hande met onregverdige optrede vuil te maak.

Die enigste legitieme weerstand lê in die vertroue op God self.  Daarom bid hy drie gebede vir en oor die geloofsgemeenskap:

  1. Here, doen goed aan die goeies, aan dié wat opreg is in hulle harte.” Dit is ‘n gebed wat ons ook in elke situasie waarin ons is, en waarin mense ná aan ons verkeer, kan bid. Ons mag God vertrou dat Hy alles ten goede sal laat meewerk vir dié wat Hy liefhet (Rom. 8:28).
  2. Laat dié wat afdraai op kronkelpaaie, wat nie meer die reguit pad loop wat die Here in sy Woord uitspel nie (vgl. Ps. 119), begaan om hulle eie rigting in te slaan, “saam met dié wat onreg pleeg.” Waar jy die reg in eie hande neem, word jy immers nes die onregverdiges.
  3. Vrede oor Israel!” Dit is die belangrikste gebed wat ‘n mens eintlik vir enigiemand kan bid, want vrede sluit heelheid en oorvloed in, beide in terme van die lewe hier en nou sowel as die verhouding met God wat tot in ewigheid duur.

Dit is dus drie gebede wat jy gerus vandag vir jouself en jou mense, sowel as vir ons land kan bid:

  1. Here, doen goed aan die goeies.
  2. Here, laat dié wat hulle eie rigting inslaan oor aan hulle verkeerde weë, in die hoop dat dit hulle suur sal bekom en tot inkeer sal bring. Rom. 1-4 waar die Here die afvallige mensdom aan hulle sondes “oorgee”, sodat hulle die vryspraak in Christus as die enigste hoop sal kan raaksien.
  3. Gee vrede vir u kinders.
View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: