Skip to main content

Psalm 113 – Prys die Here van waar die son opkom tot waar dit ondergaan

Psalm113Dié Psalm is vir my: “Hanna se lied,” die onvrugbare vrou aan wie die Here vir Samuel gegee het (1 Sam. 2).  Dit is ook die derde Hallelujalied (Ps. 111-113) wat die volk oproep om die Here in absolute uitbundigheid te loof.

Die Psalm roep almal onder die son op om die Here te prys vir sy heerskappy en majesteit (113:4-6).  God illustreer dit immers in sy genade wat hulpeloses verhef (113:7-8) en kinders aan ‘n kinderlose gee (113:9).  So maak van Hy haar huis ‘n tuiste, en maak van ‘n onvrugbare vrou: “’n gelukkige ma van kinders”!   Daarom moet almal die Here prys: “van waar die son opkom tot waar dit ondergaan.” (113:1-3).

Dit is dan ook die drie dele van die Psalm.

Almal onder die son moet die Here loof – 113:1-3

Die hele wêreld word opgeroep om die Here te prys. Nie net in dié tyd nie, maar vir altyd.  Nie net in die land nie, maar: “van waar die son opkom tot waar dit ondergaan.” Nie net sy diensknegte nie, maar eintlik almal oor wie Hy heers.

Wie is so majestueus soos die Here? – 113:4-6

Want, die Here is hoog bo al die nasies, selfs hoog bó die hemel uit.  Daar is niemand so majestueus soos Hy nie.  Hy: “moet “afbuk om na die hemel en die aarde te kyk”!   Dit is asof die ganse hemelruim en die aarde soos ‘n speelding vir die Here is wat Hy van hoek tot kant met een oogopslag kan raaksien.

Die Here hef hulpeloses op en maak ma’s gelukkig met kinders – 113:7-9

Dié Here is nie net groots en majestueus nie, maar Hy bekommer Hom oor hulpeloses en behoeftiges en laat hulle van die ashoop af opstaan en by die vooraanstaande mense van die volk sit.  Hy hef hulpeloses en behoeftiges dus op vanuit hulle nederige “stof”-bestaan en maak van hulle mense van betekenis.

Die Here bekommer Hom ook oor onvrugbare vroue en gee vir hulle kinders sodat hulle huise tuistes word. Só word elke onvrugbare vrou: “‘n gelukkige ma van kinders.”  Die verhaal van Hanna is die inspirerende krag agter dié verwysing.  Lees haar wonderlike lofgebed in 1 Samuel 2 nadat Eli vir haar gebid en die Here: “aan haar gedink” het en vir haar ‘n seun gegee het.  Ek het drie kort bydraes oor die verloop van Samuel se geboorte by: 1 Samuel – God werk altyd “behind the scenes”; 1 Samuel 1 – en die Here het aan haar gedink; 1 Samuel 2 – Hy beskerm sy troue dienaars op hulle pad.

Vgl. ook Jes. 54:1 wat soos dié Psalm die Here loof vir sy voorsiening (William Carey se moderne sendingbeweging is uit dié profesie gebore!) en Maria se loflied wat verbind word aan Hanna se wonderlike lofgebed: Luk. 1:46–55.

Boodskap

Die Psalm steek in my ‘n bruisende vreugde aan, ‘n dankbaarheid oor God se majesteit en grootsheid, maar ook ‘n ontsag vir sy genade aan hulpelose mense en sy geskenke aan kinderlose mense.  Dié Psalm ontlok in my ‘n begeerte om: “van waar die son opkom tot waar dit ondergaan” die Here te loof, elke dag, en vir altyd.  Nie net vir wat ek ontvang nie, al is dit baie, maar vir wat God ook vir ander mense gee.  Dit verskaf my ‘n intense vreugde.

Die beskrywing van ‘n tuiste is natuurlik ook ‘n metafoor vir God se geskenk van ‘n gemeenskap aan elkeen van ons waar ‘n mens kan gedy, al sou jy die gawe van eie kinders nooit self smaak nie.  Hoe nodig het almal van ons dit nie!  En dié Psalm nooi ons uit om die Here daarvoor te vertrou.  Selfs al kom die tuiskoms nie deur kinders nie, maar deur die gemeenskap met ander gelowiges, of miskien deur ouerlose kinders vir wie jy ‘n ma of pa kan wees.

Wie weet wat kan met jou gebeur ná jy dié Psalm gelees het!

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda