Psalm 141 – Maar op U bly my oë gerig

Psalm141Hierdie Psalm is ‘n kragtige bevestiging van ons absolute afhanklikheid van die Here om aan Hom getrou te bly.  Die enigste betroubare beskerming teen die versoekinge van die hart sowel as teen die verleiding van goddeloses bly die Here self: “Op U, Here, my God aan wie ek behoort, is my oë gerig.” (vers 8).  Vanuit dié geestelike fokus kán ons nee sê vir die versoekinge en verleidinge en ons lewens inrig om in die beskerming van God te floreer.

Daarom dat die Psalmis in die eerste plek moeite doen om direk met die Here te praat, om die Here om sy teenwoordigheid in alles te smeek: “Kom tog gou na my toe, luister tog na my, ek roep na U.” (vers 1). Maar, dat hy in die tweede plek terselfdertyd hom bereid verklaar om alles in sy vermoë te doen om die geselskap en teregwysing van regverdiges te verwelkom en die geselskap en invloed van goddeloses ten alle koste te vermy (vers 5).

Hy vergelyk sy gebed met die wierookoffer wat in die aand met die aansteek van die lampe in die tempel gebrand is (Eks. 30:8) en wat ‘n simbool was van die volk se voortdurende soeke na die teenwoordigheid van die Here.  Dit is dus die eerste fokus van sy lewe.  Daarin sal hy volhard.

Hy vergelyk die uitstrek van sy hande met die graanoffer wat soortgelyk in die aand met die aansteek van die lampe geoffer is, baie keer saam met die wierookoffer (Lev. 2:1).  Dit was ‘n offer van fynmeel wat sonder suurdeeg (Lev. 2:11) gebring is en óf as ‘n ringbrood (doughnut) óf as ‘n roosterkoek gebak is (Lev. 2:4).

Dit was dus ‘n simbool van die volk se voortdurende fokus op ‘n heilige lewe in die teenwoordigheid van die Here.  Hierdie is dus die tweede fokus van sy lewe, ‘n heilige lewe.  Daarin sal hy ook volhard.

Let op hoe die Psalmis die Here vertrou vir:

  • WOORDE: ‘n Wag voor sy mond – vers 3;
  • GEDAGTES: om hom weg te hou van gedagtes oor verkeerde dinge – vers 4.

Let op hoe die Psalmis vanuit dié vertroue hom voorneem om sy lewe in God se teenwoordigheid te leef:

  • KONSTRUKTIEWE GEDRAG: dat hy teregwysing van regverdiges in sy lewe verwelkom en dat hy voortdurend sy gebed sal voortsit selfs al gebeur dit te midde van die booshede wat die goddeloses pleeg – vers 5;
  • AFWYSENDE GEDRAG: dat hy nie saam met ander onreg sal doen en aan hulle feeste meedoen nie (letterlik: aan hulle lekkernye proe nie) – vers 4 – en selfs nie hulle gasvryheid aanvaar nie – vers 5.

Vers 5-7 is regtig moeilik om te vertaal.  Die laaste deel van vers 5 kan ook positief vertaal word in die betekenis dat die teregwysing van die regverdiges soos olie op sy kop uitgegiet word, en dat hy die nie sal weier nie.  Vers 6 kan leedvermakerig vertaal word soos in die NAV – “goed so” – of meer positief – “sou hulle nog hoor dat my woorde aangenaam is” – soos in die BDV.  Vers 7 kan dui óf op die goddeloses óf op die regverdiges se verguising.

Die belangrike is egter dat die fokus op die Here volgehou word: “Maar op U bly my oë gerig, Here, my Heer – by U skuil ek, moenie my lewe uitgiet nie.” (vers 8 – BDV).  Dit is Hy alleen wat ‘n mens kan beskerm van die strikke wat daar vir die regverdiges gestel word en wat die onregverdiges in hulle eie strikke kan laat omkom.

Wierookoffers en graanoffers in die NT

Dit is merkwaardig hoe die simboliek van die wierookoffer en die graanoffer ook steeds  ‘n rol speel in die NT beskrywing van ons gebede en ons lewens:

Die NT gebruik die simboliek van dié wierookoffer op twee maniere.

1.  Aan die een kant gebruik Johannes dit as ‘n simbool van die gebede van gelowiges. Die gebede van die gelowiges word twee keer soos wierook voor die Here deur beide die vier en twintig ouderlinge (Openb. 5:8) en die engel (Openb. 8:3) in die hemel geoffer.

Die eerste beskrywing van die gebede is bedoel as lofprysing wat deel is van die uitvoering van God se wêreldagenda.  Die tweede beskrywing van die gebede is bedoel om die Here vir regstelling te vra wat die oordele van die sewe trompette van God inlui.  Dit is uiteraard net so deel van die uitvoering van God se wêreldagenda.

2.  Aan die ander kant gebruik Paulus dit as ‘n simbool van die lewe van gelowiges. God gebruik die getuienis van ons lewens om die kennis van Christus oral soos ’n aangename geur te versprei: “Ons is die wierook wat deur Christus vir God gebrand word, waarvan die geur dié bereik wat gered word, sowel as dié wat verlore gaan. Vir dié wat verlore gaan, is dit ’n doodsreuk wat dood bring; vir dié wat gered word, is dit ’n lewensgeur wat lewe wek.” (2 Kor. 2:14-17).

Dit is waarom ons met soveel opregtheid in ons verbondenheid aan Christus, die opdrag van God in verantwoordelikheid aan God met alles in ons moet nakom, terwyl ons tegelykertyd ons afhanklikheid van God in ons gebedslewe uitleef.

Die NT gebruik ook die simboliek van die graanofffer en wel as ‘n teken van die liggaamlike offer wat Jesus Christus aan God geoffer het (Hebr. 10:5).

In die verlengde van dié beeld, waar gelowiges saam as die liggaam van Christus geteken word (Rom. 12:5; 1 Kor. 12:27), en Paulus baie maak van die feit dat ons fisiese liggame ‘n tempel van die Here is (1 Kor. 6:19), is dit geen wonder dat ons ook opgeroep word om ons liggame te stel: “as ’n lewende, heilige en aan God welgevallige offer—dit is julle redelike godsdiens.” (Rom. 12:1 – OAV).

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: