Psalm 119:1-8 – ALEF: God begelei en inspireer ons deur sy wet en getuienisse

Psalm119-alefSes van die woorde wat as sinonieme vir die wet funksioneer, word in hierdie eerste deel van die besondere Psalm 119 aangetref: woord/wet (torâh – 119:1 – “law”), verordeninge/bepalings (‘edût – 119:2 – “rules” of “testimonies”) – ek verkies eintlik die woord getuienisse as vertaling hier, soos dit in die OAV was, bevele/opdragte (piqqûdîm – 119:4 – “precepts”), voorskrifte (huqqîm – 119:5 – “statutes”), gebooie/bevele (mizwôt – 119:6 – “commandments”), bepalings/regverdige beslissings (mishpâtîm – 119:7 – “judgments”).

Die eerste gedeelte plaas dus onomwonde God se hele openbaring op die tafel.  God gee nie net sy wet met sy bepalings, bevele, opdragte en voorskrifte nie, die begeleidende kant van sy openbaring nie. Nee, Hy gee ook getuienisse van wat werk vir dié: “wat Hom met hulle hele hart soek.”  Hy gee ook regverdige beslissings wat bestudeer kan word, voorbeelde wat inspireer, sodat ‘n mens nie net gemotiveer word om Hom met ‘n opregte hart te loof nie, maar ook geïnspireer word om hulle na te kom … terwyl ‘n mens tog steeds ook bid: “moet my tog nooit in die steek laat nie”!

Watter wonderlike manier om dié Psalm te begin.  Dit is inderdaad die onfeilbare roete wat lei na geluk: “Hoe gelukkig is mense wie se lewenspad onberispelik is en wat die wet van die Here volg.”  Dit is juis wanneer ‘n mens doen wat God vir ons almal wys deur sy openbaring dat ons gelukkig kan wees.

Soos Jesus veel later sy “wet van die koninkryk” in die Bergrede sou aankondig: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.Matt. 5:3).  Hy spreek ook die duiwel se versoeking in die eerste plek aan met die stellige vertroue op God se Woord: “’n Mens leef nie net van brood nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom.” (Matt. 4:4 – aangehaal uit Deut. 8:3).

Dit beteken egter nie dat alles daarmee sonder enige probleme in die lewe gebeur nie.  Die Psalmis is in die res van die Psalm maar net te bewus van die teenstand en teëspoed wat ‘n mens op dié pad kan tref:

doodsgevaar – 119:25; kommer – 119:28; teleurstelling – 1119:31; nutteloosheid – 119:37; venyn – 119:39; vals beskuldigings – 119:42,78; onwaarhede – 119:43; ellende – 119:50,92,153; felle spot – 119:51; ontsteltenis – 119:53; strikke – 119:61,110; swaarkry – 119:67,71,75,107 – trouens, dit is ‘n “teken van u trou” – vernedering bring verandering, al is dit ook hoe moeilik om te aanvaar!; beswaddering – 119:69; oudword – 119:83; listige vervolging ook deur maghebbers – 119:84,86,150,157,161; vernietiging – 119:95; vyande – 119:98; gevaar – 119:109; huigelary – 119:113; ongenadigheid – 119:121; wetsoortreders – 119:126; kwaad wat dreig om die oorhand te kry – 119:133; trane en ontsteltenis oor wetsoortreders – 119:136,139; angs en benoudheid – 119:143; regsake teen hom – 119:154; teëstanders – 119:157; verraad van ontroues – 119:158; leuens – 119:163.  Dit is nogal ‘n mondvol!

Maar, waar ‘n mens die Here met jou hele hart soek (119:2), nie onreg doen nie (119:3), sy opdragte noukeurig nakom (119:4), dán is dit wat jou lewenspaaie standvastig raak, iets waarna die Psalmis verlang (119:5).  Uiteindelik sal Hy aan die einde van die Psalm bely dat sy hele lewe oop lê voor God (119:168) en dat Hy afhanklik is van die insig wat God bring om inderdaad te kan lewe op só ‘n manier dat sy lewe die Here kan loof (119:175).  Daarin sal God se openbaring sy grootste en belangrikste ondersteuning wees.

En selfs as hy sou wegdwaal, vra hy van die Here aan die einde van die Psalm: “As ek sou ronddwaal soos ‘n skaap wat weggeraak het, soek my dan, want u gebooie het ek nie verontagsaam nie.”  (119:176).  Laat ‘n mens dink aan Jesus wat dié behoefte van die Psalmis in sy gelykenisse oor die verlore penning, skaap en seun ingewerk het in Lukas 15, nie waar nie!

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d