Skip to main content

Psalm 147- Die Here vind vreugde in hulle wat vir Hom ontsag het

Psalm147Psalm 147 raai die geloofsgemeenskap ook aan om op die Here te vertrou, soos Psalm 146, maar begrond dit nie net in God se kongruente karakter nie, maar veral in sy vreugdevolle versorging wat Hy ten toonstel in die natuur sowel as in die geskiedenis van sy mense: ”Die Here vind vreugde in hulle wat vir Hom ontsag het, wat hulle hoop vestig op sy troue liefde.

Die Psalm kan in drie verdeel word op grond van die opdrag om die Here se lof te besing in vers 1, 7 en 12. In aldrie dele word op verskillende maniere die geweldige grootheid van God besing wat in sy kreatiewe krag in die kosmos ten toon gestel word, sowel as die grenslose genot van God wat in sy vreugdevolle versorging van alles wat leef en beef – kraaie en kinders – ten toon gestel word.  God is groot in sy almag, maar ook vol van genade in sy nabyheid.

Besing God se grootheid in die skepping en die geskiedenis – vers 1-6

Die Psalmis sien God se grootheid raak in sy herbouing van Jerusalem waar die verstrooides vanuit die ballingskap weer ‘n tuiste gevind het.  Hulle gebroke harte is genees en hulle wonde is verbind.  Die Here het die verdruktes weer opgehelp en bevestig.

Die verwysing na die sterre wat die Here name kan gee, word hier eintlik as ‘n metafoor gebruik om sy Herderskap te beklemtoon.  Die Here se geweldige grootheid word nie net gedemonstreer in die feit dat die sterre soos sy skape is wat Hy versorg nie, maar ook in die feit dat Hy sy mense soos sy skape terugbring uit die verstrooiing en bó die goddelose mense verhef en bevestig.

Besing God se vreugde in sy skepping en skepsels – vers 7-11

Hoekom sou God dit doen?  Die Psalmis begrond dit in God se grenslose genot in sy skepping en sy skepsels.  Hy sorg vir hulle almal, omdat Hy in hulle ‘n intense vreugde vind – kraaie en kinders.  Hy verheug Hom in die wolke en die reën, in die gras op die berge sowel as in die diere en die jong kraaie wat krys, en veral in dié wat vir Hom ontsag het en op Hom hoop.

Hy is doodgewoon lief vir almal en wil aan hulle sy genade in oorvloed uitstort en hulle versorg.

Besing God se sorg vir Jerusalem en die natuur deur sy woorde – vers 8-20

Weereens keer die Psalmis terug na die herbouing en beveiliging van Jerusalem en loof die Here vir die seën wat dit vir die kinders in die families en vir die families binne die gemeenskap gebring het.  Hulle kan nou veilig woon en die voorsiening wat God gee in die natuur geniet.

Let op hoe God se woord as effektief beide in die natuur as in die geloofsgemeenskap geteken word.  God stuur sy woorde uit en dit bring reën sowel as insig.  Dit versorg die gemeenskap beide met kos om te eet sowel as met woorde om geestelik van te leef en hulle gemeenskapslewe op te begrond.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda