Skip to main content

Psalms vir die lewe

Aansluitend hierby, is dit duidelik dat die Psalms geskryf en versamel is as belangrike instrument van onderrig.  Die Psalms wys op onoortreflike wyse hoe geloof in God werk in die praktyk van die lewe, sowel as in die praktyk van die gemeenskap van gelowiges.  En die wonder daarvan is dat dit nie ’n steriele teologiese handboek met ’n katalogus van beskrywings oor God en die lewe is nie, maar ’n bundel roerende gesprekke met God oor die lewe in al sy veelkleurige gestaltes.

Een van die belangrikste lewenslesse wat die Psalms ons dus leer, is dat ons gesprek met God nooit losgemaak kán of hóéf te word van ons lewensomstandighede nie.

  • Wanneer dit goed gaan, is daar dankbaarheid en standvastigheid en kleur dit ons gesprek met God – uitgedruk in lofpsalms.
  • Wanneer ons gekonfronteer word met die donkerte in onsself en in die lewe, is daar worsteling en weerstand en kleur dit ook ons gesprek met God – uitgedruk in klaagpsalms.

Nog dieper as dit, die Psalms leer ons dat dit nie net ons persoonlike ervarings is wat deel is van ons gesprek met God nie, maar ook die verskeidenheid van ervarings in die wyer gemeenskap.  Ons gesprek met God word, trouens móét onontwykbaar gekleur word, deur ons ervarings – goed of sleg – binne die geloofsgemeenskap sowel as in die publieke gemeenskap.

Dit beteken dan ook dat die Psalms ons leer dat die angs oor en opstand teen ’n gebrek aan geregtigheid en billikheid in die wyer gemeenskap telkens ingetrek móét en kán word in ons gesprek en worsteling met God in die verwagting dat Hy sal optree en verandering bring.

Dit sluit natuurlik onmiddellik ook in dat ons self bereid en beskikbaar sal wees om deel van dié verandering te word.  Soos Brueggemann sê:

communion with God cannot be celebrated without attention to the nature of the community, both among human persons and with God … Indeed, it is through the question of justice that communion is mediated.” (The Message of the Psalms, 1984:169).

Dit is immers wat Jesus ook in die Bergrede illustreer deur ons te waarsku dat ons nie kan dink om met God in gemeenskap te kan tree – met ‘n offer by die altaar – sonder om eers jouself te versoen met jou medegelowige wat iets teen jou het nie (Matt. 5:23-24).  Gemeenskap en geregtigheid gaan saam … altyd!

Om die Psalms op dié manier te lees, laat hulle ’n omvattende lewe vir ons kry.  Dit gee lewe aan ons gesprek met God.  Dit laat ons gebed verander van ‘n abstrakte teoretiese gepraat na ’n praktiese persoonlike gesprek wat volledig gevoed word uit ons werklike ervarings in die lewe, die positiewe en die negatiewe ervarings daarvan.  En dit geld nie net ons eie ervarings nie, maar veral ook die ervarings van almal rondom ons.   Dan bring dit presies die verandering te weeg wat ons ten diepste begeer.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda