Psalm 1 (2de keer) – Die Here ken my
Lees dan Psalm 1 en fokus op wat dit vir jou sê in die lig van al die ander Psalms wat ons tot dusvêr gelees het.
Ek is getref deur die oorhoofse boodskap van die Psalms dat die mens sy doel en bestemming in die lewe saam met God vind, soos Psalm 1 reeds aangevoer het. Die Psalms leer my hoe om te bid, hoe om te leef, en hoe om God te loof. Dit help my om die emosies te verwoord wat ek oor die hele spektrum van die lewe ervaar. Dit spreek nie net my intellek aan nie, maar help my ook om gehoorsaam te wees en emosioneel gesond voor God te lewe.
Die Psalms help my om van ‘n oor-God gesprek na ‘n met-God gesprek te beweeg.
Ek het geleer dat enigiets wat die kwaliteit en ervaring van my gemeenskap met God bedreig ’n bedreiging vir die lewe self is. Die Psalms spoor my aan om met integriteit en vertroue te leef – om nougeset te let op hoe ek met God in verhouding leef, en Hom te vertrou, veral waar ek swaarkry of moedeloos is. Selfs wanneer daar twyfel is, en die donker dele van die lewe in die oë gestaar moet word, leer die Psalms my dat sin gevind word in die nabye teenwoordigheid van God.
Dit is dwaas om sonder God te probeer lewe. Soos Elwell dit stel, dit gaan goed met iemand wat “the corrosive influence of the cynical” vermy, “taking pleasure instead in every revelation of the mind and will of God, feeding his mental life on the divine Word”.
Dit is waarom, om by Psalm 1 aan te sluit: die fokus van die regverdiges net op een ding kan wees: die woord van God. Want, waar God se openbaring in my hart leef (Psalm 37:31), bepaal Hy my koers, trouens – soos Psalm 1:6 in die oorspronklike lui – ervaar ek dat “die Here die pad van die regverdiges ken”. En daar is niks wat my meer tot rus bring nie as dié ervaring, dat God my ken.
Sela
View all posts in this series
- Psalms 1-41 – 4de kwartaal 2011 - Oct 12, 2011
- WEEK 1: Inleiding op die Psalms – God is die sin en betekenis van die lewe - Oct 13, 2011
- Psalms ingedeel in vyf Psalmboeke - Oct 14, 2011
- Historiese raamwerk - Oct 17, 2011
- Teologiese temas, soorte Psalms en Jesus en die Psalms - Oct 18, 2011
- Samestelling van Psalms 1-41, leesplan en Lectio Divina - Oct 19, 2011
- Lectio Divina
- WEEK 2: Psalm 1-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede - Oct 20, 2011
- Psalm 1 – Geseënd is dié wat hul vreugde in God vind
- Psalm 2 – Geseënd is dié wat op God vertrou - Oct 21, 2011
- Psalm 3-4 – God bring rus en vrede as ons Hom vra - Oct 24, 2011
- Psalm 5 – God gee vreugde aan dié wat by Hom skuil - Oct 25, 2011
- Psalm 6 – Genesing is genade
- Psalm 7-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede - Oct 26, 2011
- WEEK 3: Psalm 9-14 – God verlos sy mense van allerlei verdrukkende omstandighede - Oct 27, 2011
- Psalm 9-10 – God gee nuwe moed en laat reg geskied
- Psalm 11 – om God te vertrou in ’n krisis - Oct 28, 2011
- Psalm 12 – Vertrou op die beloftes van die Here - Oct 31, 2011
- Psalm 13 – Kyk tog en luister na my, Here, my God - Nov 1, 2011
- Psalm 14 – Net ‘n dwaas sê daar is geen God nie - Nov 2, 2011
- WEEK 4: Psalm 15-24 – God nooi ons uit om in sy teenwoordigheid te lewe - Nov 3, 2011
- Psalm 15 + 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom
- Psalm 16 – Daar is niks goeds behalwe by God nie - Nov 4, 2011
- Psalm 23 – die gebed vir alle seisoene van die lewe
- Psalm 17 + 22 – God verontagsaam nie die gebed van die hulpelose nie - Nov 7, 2011
- Psalm 18 + 20-21 – God gee oorwinning - Nov 8, 2011
- Psalm 19 – God bestaan en God praat met ons - Nov 9, 2011
- WEEK 5: Psalm 25-33 – God roep ons op om moed te hou, want Hy is die Skepperkoning - Nov 10, 2011
- Psalm 25 + 33 – God sorg vir dié wat Hom vertrou
- Psalm 26 + 32 – God skenk ’n lewe van integriteit en vertroue - Nov 11, 2011
- Psalm 27 + 31 – Vertrou God, wees sterk en vol moed - Nov 14, 2011
- Psalm 28 + 30 – Lof aan God omdat Hy gehoor en gehelp het - Nov 15, 2011
- Psalm 29 – Die God van die natuur sorg ook vir sy kinders - Nov 16, 2011
- WEEK 6: Psalm 34-37 – God se teenwoordigheid word geken in die gemeenskap van gelowiges - Nov 17, 2011
- Psalm 34 – Dankbaarheid lei tot wysheid
- Psalm 37 – Wysheid lê in ’n God-gesentreerde lewe - Nov 18, 2011
- Psalm 35 – Gebed om redding in vervolging - Nov 21, 2011
- Psalm 36 – Laat U liefde bly by dié wat U erken - Nov 22, 2011
- Psalm 37 – Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie - Nov 23, 2011
- WEEK 7: Psalm 38-41 – God verlos ons van ons sonde en gee ons blydskap - Nov 24, 2011
- Psalm 38 – Moet my nie verlaat nie, help my gou, my Redder
- Psalm 39 – Ek wil sorgvuldig let op my lewe en op U - Nov 25, 2011
- Psalm 40 – U woord is my hele lewe - Nov 28, 2011
- Psalm 41 – Omgee vir swakkes gee vrymoedigheid in gebed - Nov 29, 2011
- Psalm 1 (2de keer) – Die Here ken my
- Mag ons vandag nog mense verag? - Sep 12, 2012
- Die 2de Psalmboek (42-72): Bedaar en erken dat Ek God is - Jan 23, 2013
- Opbou van Psalms 42-72 – digters en temas
- Indeling van die leeswerk vir Psalms 42-72
- Byeenkomste in Somerstrand
- Lectio Divina vir die Psalms
- Digterlike taal
- Psalms vir die lewe
- Oor die liedere wat ons sing in die kerk
- Ander bydraes oor die Psalms by Bybelskool.com
- Psalm 42-43 – Gebed bring vertroue selfs in die ervaring van God se afwesigheid - Jan 24, 2013
- Psalm 44 – Kom ons tog te hulp in ons ellende - Jan 25, 2013
- Psalm 45 – Huwelikslied vir die koning en koningin - Jan 28, 2013
- Psalm 46 – Bedaar en erken dat Ek God is - Jan 29, 2013
- Psalm 47 – ’n Verenigde volk van God uit al die nasies - Jan 30, 2013
- Psalm 48 – God sal ons altyd lei - Jan 31, 2013
- Psalm 49 – Dis dwaas om op rykdom te vertrou - Feb 1, 2013
- Psalm 50 – Loof God deur Hom in alles te erken en vereer - Feb 4, 2013
- Psalm 51 – Wees my genadig, o God - Feb 5, 2013
- Psalm 52 – God is goed en sorg vir my - Feb 6, 2013
- Psalm 53 – Dit is dwaas om sonder God te probeer lewe - Feb 7, 2013
- Psalm 54 – God red my uit elke benoudheid - Feb 8, 2013
- Psalm 55 – Laat jou sorge aan die Here oor - Feb 11, 2013
- Psalm 56 – God let op ons trane - Feb 12, 2013
- Psalm 57 – Van vrees na versekering - Feb 13, 2013
- Psalm 58 – Daar is tóg ’n God - Feb 14, 2013
- Wraakgierigheid in die Psalms
- Psalm 59 – Breek hulle stadig af deur u mag - Feb 15, 2013
- Psalm 60 – Laat dit tog weer met ons goed gaan - Feb 18, 2013
- Psalm 61 – Ek bid tot u van ver, Hoor my van naby - Feb 19, 2013
- Psalm 62 – Net by God vind ek rus - Feb 20, 2013
- Psalm 63 – Ek bly altyd naby U - Feb 21, 2013
- Psalm 64 – God sorg vir die regverdiges - Feb 22, 2013
- Psalm 65 – Waar U ook gaan, is daar oorvloed! - Feb 25, 2013
- Psalm 66 – God se dade moet vir almal vertel word - Feb 26, 2013
- Psalm 67 – Geseën om te seën - Feb 27, 2013
- Psalm 68 – God vul alles en almal met Sy teenwoordigheid - Feb 28, 2013
- Psalm 69 – Moenie dat dié wat op U vertrou, deur my toedoen teleurgestel word nie - Mar 1, 2013
- Psalm 70 – Kom tog gou na my toe, o God - Mar 4, 2013
- Psalm 71 – Moet my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie - Mar 5, 2013
- Psalm 72 – Leer die koning om volgens u wil te regeer - Mar 6, 2013
- Video oorsig oor die Psalms van The Bible Project - Dec 11, 2015
Alwyn du Plessis
Dankie Chris dat ons saam met jou deur Psalms kon stap….ek stap nog steeds en verteer nou weer vers vir vers met pen en papier in die hand.
Nellie Crouse
Dankie Chris vir wonderlike nuwe insigte en die
inskerping van die Psalms. My geliefde Psalms bly nog steeds Ps1, Ps 23, Ps 34 en al die honderd ander!!
Lily Groenewald
Weer eens het ek geleer die Psalms gee vir my gepaste woorde wanneer emosies oorweldig. Die gedagte dat Hy afbuig en luister,my soos die appel van sy oog beskerm en my in die skadu van sy vlerke bedek,is so vertroostend. Hy sorg vir my. Ek kan maar net stil wees in Hom en geduldig op Hom wag. Chris, dis ‘n voorreg om jou as fasiliteerder te hê. Dankie.
Chris van Wyk
Ek besef vandag dat die Psalms my die belangrikheid van twee konsepte geleer het: Verantwoordelikheid en Vertroue. In my geestelike groei is albei lewensbelangrik. Ek moet verantwoordelikheid neem vir my eie geestelike groei en met integriteit lewe. Maar ek kan dit net regkry as ek ook volledig op God vertrou en in afhanklikheid van Hom leef. Trouens, dit is hoe gebed werk: ek streef na integriteit in alles, en bely my swakheid en sonde, bevestig my vertroue op God se vergifnis en smeek op sy hulp en ingrype in alles, nie net dié goed wat ek nie kan regkry nie, maar ook dié goed wat binne my vermoë is. Want ek het Sy insig en wysheid nodig om die dinge wat ek vaardig is mee tot Sy eer te doen.
Tilla Olivier
Ek kan eintlik net ‘sela’ antwoord op wat almal verwoord het.
Die Ps studie was vir my soos kunsmis op my geestelike lewe, wat soveel nuwe groei tot gevolg gehad het.
Daardeur het ek
1. vir God weer leer ken en beleef as ‘n God van Genade en Liefde, Hy is Almagtig, Getrou, Goed, Hy lei my en bepaal my pad (Ps 41, 29; 37);
2. geleer hoe Hy wil he ek moet lewe, bv goed doen (Ps 37), in Hom my blydskap vind (Ps 29), met nuwe oe te kyk na Sy Skepping en Sy Woord (Ps 19), en meeste van ALLES: OM HOM TE VERTROU!(Ps 2).
Kosbare ervarings gehad.
Fanie van Emmenes
Dankie Chris, dit was ‘n geestelike ervaring om die eerste Psalmboek saam deur te werk. Dit was vir my voedsel vir die siel. Ek het weer begin om die Psalms te memoriseer wat my werklik help in gebed en wanneer ek God wil loof. Nogmaals dankie.