Psalm 108 – Ek wil die rooidag met lof wakker maak – u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke
Hierdie Psalm word as ‘n Psalm van Dawid aangekondig en word saamgestel uit twee vorige Psalms van hom in die 2de Psalmboek (42-72): Ps. 57:7-11 en Ps. 60:5-12. Dié twee Psalms het ontstaan uit onderskeidelik:
- Dawid se vlug vir Saul die grot in, waar hy ten spyte van die gevaar by God skuiling gevind het (Psalm 57 – Van vrees na versekering) en
- die oorwinning oor die Arameërs na God hulle eers verstoot het (Psalm 60 – Laat dit tog weer met ons goed gaan).
Dele van dié twee Psalms word nou hier hergebruik as ‘n lofprysing aan God vir die verlossing uit ballingskap (en ander grotte of gate waarin hulle hulle bevind het) asook as ‘n gebed dat God hulle sal help in die konteks van nuwe vyande.
Daarmee wys die samestellers van die vyfde Psalmboek ook vir ons hoe ons self die Psalms kan inspan in ons eie diverse omstandighede. Dié Psalms is daar vir hergebruik en vir aanpassing in die pad wat ons self met die Here loop. Ons kan saam met die Psalm vir God loof vir vorige uitkomste, en Hom smeek vir nuwe uitkomste.
Die Psalm word in twee dele opgedeel:
- LOFPRYSING – 108:2-7 – Die Psalmis voel weer veilig. Sy situasie is omgekeer. Hy is verlos van die spreekwoordelik gat wat vir hom gegrawe is (gegewe Dawid se ervaring in die grot). Hy wil daarom in die oopte gaan sing, die rooidag wakker maak, omdat God sy situasie verander het. Om die waarheid te sê, die nasies moet hiervan kennis neem. God se liefde reik tot in die hemel, sy trou tot in die wolke. Daarom kan Dawid ook staatmaak daarop en by die Here intree daarvoor, dat Hy sy grootheid sal toon, en inderdaad verlossend sal optree om alle mense uit die verskillende vorme van wat as ‘n soort grotbestaan beskryf kan word, te bevry.
- HELP ONS TOG HERE – 108:8-14 – Die Psalmis weet nuwe uitdagings wag. Hy ervaar veral die verraad van Edom as ‘n dreigende gevaar, soos Obadja, Jeremia 49, en Esegiël 25 en 35-36 in die onlangse verlede verwoord het. “Help ons tog teen die vyand, want die hulp van mense – dit is niks.” Die vernedering wat hulle aan die hand van Edom ondergaan het, moet omgekeer word. Hy beroep hom op God se beloftes oor die uitbreiding van hulle grondgebied na Sigem en die Sukkotlaagte – weerskante van die Jordaan – en die feit dat nie net die grondgebied van Israel (Gilead, Manasse en Efraim na die noorde, Juda rondom Jerusalem) aan die Here behoort nie, maar selfs Moab en Edom na die ooste en Filistea na die weste aan die Middellandse See. “Met God aan ons kant sal ons oorwin, Hy self sal ons vyande vertrap.”
Boodskap
Die boodskap van die Bybel het altyd nuwe toepassings in nuwe situasies. Dit is waarom dit só belangrik is om jouself in die Woord te verdiep, om die Bybel ‘n huis te maak waarin jy woon. Want, dan kan jy ook soos hierdie na-ballingskap gemeenskap die ouer Psalms gebruik om ‘n nuwe Psalm te skryf vir die situasie waarin jy jou nou bevind.
Dink vandag aan ‘n situasie waarin jy in ‘n gat geval het of in ‘n grot moes gaan wegkruip het … en die Here jou daaruit verlos het. Maak dié dag daarom ‘n dag van lofprysing, as jy vroeg genoeg opgestaan het: “maak die rooidag wakker!” En praat daaroor met mense: “God se liefde reik tot in die hemel, sy trou tot in die wolke.”
Dink ook vandag aan ‘n situasie waarin jy of iemand naby aan jou steeds vasgeval is … en bid dat die Here jou daaruit verlos: “Help ons tog teen die vyand, want die hulp van mense – dit is niks. Met God aan ons kant sal ons oorwin, Hy self sal ons vyande vertrap.”
View all posts in this series
- BYBELSKOOL OOR PSALM 107-150 - August 20, 2015
- Die praktiese waarde van die Psalms - August 31, 2015
- Inleiding op die vyfde Psalmboek (107-150)
- Hoe om die Psalms te lees
- Psalm 107 – God is goed en getrou – aan sy liefde is daar geen einde nie - September 1, 2015
- Psalm 108 – Ek wil die rooidag met lof wakker maak – u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke - September 2, 2015
- Psalm 109 – U is goed en getrou, moet U nie doof hou nie - September 3, 2015
- Psalm 110 – U volk is gereed vir die dag waarop u u magte monster - September 4, 2015
- Psalm 111 – God se werk is groots en betroubaar - September 7, 2015
- Psalm 112 – Ontsag vir God se gebooie bring vreugde; Vertroue verdryf die vrees vir slegte tyding - September 8, 2015
- Psalm 113 – Prys die Here van waar die son opkom tot waar dit ondergaan - September 9, 2015
- Psalm 114 – Jubel uitgelate oor die Uittog uit Egipte - September 10, 2015
- Psalm 115 – Nie aan ons nie, Here, maar aan u Naam kom die eer toe - September 11, 2015
- Psalm 116 – Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede - September 14, 2015
- Psalm 117 – God is oneindig betroubaar in sy onmeetlike liefde vir ons - September 15, 2015
- Psalm 118 – Aan sy liefde is daar geen einde nie - September 16, 2015
- Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here - September 17, 2015
- Psalm 119:1-8 – ALEF: God begelei en inspireer ons deur sy wet en getuienisse
- Psalm 119:9-16 – BET: Gehoorsaamheid aan God se woord bewaar van sonde - September 18, 2015
- Psalm 119:17-24 – GIMEL: God se woorde is raadgewers wat insig gee - September 21, 2015
- Psalm 119:25-32 – DALET: Die pad van u bevele volg ek geesdriftig - September 22, 2015
- Psalm 119:33-40 – HE: Onderrig my dat ek enduit u voorskrifte kan nakom - September 23, 2015
- Psalm 119:41-48 – WAW – Die liefde vir God se wet gee vryheid en vrymoedigheid - September 24, 2015
- Psalm 119:49-56 – ZAJIN – Onthou tog u woord aan u dienskneg - September 25, 2015
- Psalm 119:57-64 – GET – U, Here, is my deel; U troue liefde vul die aarde - September 28, 2015
- Psalm 119:65-72 – TET – U is goed en doen goed; leer my u voorskrifte - September 29, 2015
- Psalm 119:73-80 – JOD – U hande het my gemaak en aan my ‘n plek gegee - September 30, 2015
- Psalm 119:81-88 – KAF – Op u woord wag ek sodat ek dit kan nakom - October 1, 2015
- Psalm 119:89-96 – LAMED – Vir ewig staan u woord vas - October 2, 2015
- Bydraes hervat Maandag 12 Oktober - October 6, 2015
- Psalm 119:97-104 – MEM – Insig in God se openbaring kom deur gehoorsaamheid - October 12, 2015
- Psalm 119:105-112 – NUN – Ek gehoorsaam U ten spyte van gevaar - October 13, 2015
- Psalm 119:113-120 – SAMEK – Ontsag vir God se woord bring ondersteuning en onderskraging - October 14, 2015
- Psalm 119:121-128 – AJIN – Insig lê anderkant die pyn van gehoorsaamheid - October 15, 2015
- Psalm 119:129-136 – PE – As u woorde oopgaan, gee dit lig - October 16, 2015
- Psalm 119:137-144 – TSADE – My ywer vir u woorde verteer my wanneer my teenstanders dit vergeet - October 19, 2015
- Psalm 119:145-152 – KOF – Op u woorde wag ek - October 20, 2015
- Psalm 119:153-160 – RESJ – Die hoofsaak van u woord is waarheid - October 21, 2015
- Psalm 119:161-168 – SIN/SJIN – Sewe keer ‘n dag loof ek U oor u regverdige beslissings - October 22, 2015
- Psalm 119:169-176 – TAW – Hou my lewend sodat ek U kan loof - October 23, 2015
- Psalm 120 – Here, bevry my van bedrieglike tonge - October 26, 2015
- Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nie - October 27, 2015
- Psalm 122 – Mag daar vrede in jou wees, Jerusalem - October 28, 2015
- Psalm 123 – Ons oë is gerig op God totdat Hy ons genadig is - October 29, 2015
- Psalm 124 – As die Here nie vir ons was nie … dan het hulle ons lewendig ingesluk - October 30, 2015
- Psalm 125 – Here, doen goed aan die goeies, aan dié wat opreg is in hulle harte - November 2, 2015
- Psalm 126 – Dié wat met trane saai, sal met gejuig maai. - November 3, 2015
- Psalm 127 – As die Here die huis nie bou nie, swoeg die bouers tevergeefs daaraan - November 4, 2015
- Psalm 128 – Hoe gelukkig is elkeen wat vir die Here ontsag het, wat sy paaie volg! - November 5, 2015
- Psalm 129 – Verlossing uit verdrukking; Verguising vir verdrukkers - November 6, 2015
- Psalm 130 – Uit die dieptes roep ek na U, Hoor tog my stem - November 9, 2015
- Psalm 131 – Groot dade en wonderwerke kom van God af - November 10, 2015
- Psalm 132 – Here, laat u gesalfde se kroon skitter - November 11, 2015
- Psalm 133 – Kyk hoe goed, hoe mooi is eensgesindheid onder gelowiges - November 12, 2015
- Psalm 134 – Mag die Here jou seën uit Sion - November 13, 2015
- Psalm 135 – God is goed; God is groot; God sorg vir sy volk - November 16, 2015
- Psalm 136 – Want vir ewig duur sy troue liefde - November 17, 2015
- Psalm 137 – Jerusalem bly my grootste vreugde - November 18, 2015
- Psalm 138 – U besiel my met innerlike krag - November 19, 2015
- Psalm 139 – Die wonder van God en van menswees - November 20, 2015
- Psalm 140 – Hou my veilig teen geweldenaars - November 23, 2015
- Psalm 141 – Maar op U bly my oë gerig - November 24, 2015
- Psalm 142 – Lei my uit gevangenskap dat ek u Naam kan loof - November 27, 2015
- Psalm 143 – U goeie Gees moet my lei op gelyk grond - November 30, 2015
- Psalm 144 – Hoe gelukkig is die volk wie se God die Here is - December 1, 2015
- Psalm 145 – Die Here is goed vir almal - December 2, 2015
- Psalm 146 – Ek wil my God besing solank as wat ek bestaan - December 3, 2015
- Psalm 147- Die Here vind vreugde in hulle wat vir Hom ontsag het - December 4, 2015
- Psalm 148 – Alles en almal loof die Here uit hemel en aarde - December 7, 2015
- Psalm 149 – Die Here is sy volk goedgesind en sal hulle vergeld - December 8, 2015
- Psalm 150 – Alles wat asem het, moet die Here oral loof! - December 9, 2015
- Psalm 151 – God luister na, roep en gebruik Dawid in die geveg met Goliat - December 10, 2015