Skip to main content

Psalm 48 – God sal ons altyd lei

Hierdie Psalm besing met passie die berg van die Here in Jerusalem, Sion, soos ook in ‘n hele paar ander Psalms gedoen word (76, 84, 87, 122). Op ’n dieper vlak gaan dit egter natuurlik oor God self wat lofwaardig oor die hele aarde is.  Dit is Sy teenwoordigheid wat met Sion geassosieer word waardeur Sion ’n simbool van God self geword het.

Die Psalm het 4 dele:

  1. God se grootheid word besing soos dit gesimboliseer word deur Sion – vers 2-3.  Let op dat die grootsheid daarvan nie net bedoel is vir die volk van God nie, maar as vreugde vir die hele aarde.  Jesus het in die Bergrede ’n frase uit vers 2 gebruik om God se verbintenis aan Jerusalem te beskrywe: ”die stad van die groot Koning” (Matt. 5:35).
  2. God se beskerming vanaf Sion word geloof aan die hand van konkrete ervarings daarvan, beide in die verlede as in die hede – vers 4-9.  Die effek van God se beskerming op die nasies word met twee metafore geteken, dié van ’n vrou in barensnood en dié van die skepe van Tarsis wat met die oostewind vergaan.  Die wonder van persoonlike ervarings wat die stories uit die verlede rugsteun val ’n mens op.  Let ook op hoe verskillend gelowiges se ervaring is as hulle Sion sien.  Hulle is bly as hulle Sion sien, terwyl die nasies bang word by dieselfde ervaring.
  3. God se trou word oordink in die tempel op Sion as ’n getuienis vir die nasies van die aarde en almal aangemoedig om daaroor bly te wees – vers 10-12.
  4. God se leiding word bewonder as getuienis vir die volgende geslag van God se mense – vers 13-15.  “Dié God is ons God vir altyd; Hy sal ons altyd lei.”

Daarmee word vier van God se belangrikste eienskappe geteken wat ook vir ons in ons gebede en lewe voor God kan inspireer: God is groot, God beskerm, God is betroubaar, God lei sy mense.

Neem vandag genoeg tyd om God vir sy grootheid te loof, Hom te dank vir sy beskerming, na te dink oor sy betroubaarheid en leiding in verskillende situasies waardeur jy al gekom het en jou verbintenis aan Hom in die woorde van vers 15 te bevestig:  “Dié God is ons God vir altyd; Hy sal ons altyd lei.”

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda