Die praktiese waarde van die Psalms

Psalm107Die Psalms bly steeds die mees praktiese boek in die Bybel.  Dit leer ons hoe om na God te luister en insig te kry in sy wil vir ons lewe.  Dit leer ons hoe om te bid, beide wanneer dit sleg gaan en wanneer dit goed gaan.  Daarom is daar klaagpsalms sowel as lofpsalms.  Die wye verskeidenheid van Psalms leer ons dus hoe om God te loof en te aanbid in alle omstandighede.  En dit leer ons hoe om saam met ander vir Hom te leef.

Die Psalms spreek daarom ons hele menswees aan.  Dit spreek ons intellek aan deur nie net God se betroubaarheid in die verlede in spel te bring nie, maar ook sy beloftes vir die toekoms (kognitief).  Dit leer ons hoe om van harte gehoorsaam te wees veral in hoe die wet as God se riglyne vir die lewe ons tot liefde vir mekaar en ons naaste kan inspireer (konatief).  Dit help ons ook om emosioneel gesond voor God te lewe deur vir ‘n wye reeks emosies plek te maak en maniere te gee om daaraan in ons verhouding voor God uiting te gee (affektief).

Ons het reeds kennis geneem in ons studie van die Psalms dat die vyf Psalmboeke na die terugkeer uit die ballingskap saamgestel is om as Liedboek van die volk in die tempel en sinagoges gebruik te word in die liturgie (Esra 2:65; 3:10-13).  200 sangers en sangeresse het immers teruggekom na die ballingskap en het saam met die priesters en Leviete aan die hand van dié Psalms die volk begelei met trompette en simbale!

Met dié Psalms het hulle die volk gehelp om nie net “oor” God te praat nie, maar “met” Hom.  Dit is dan ook die fokus van dié Bybelskool oor die laaste en vyfde Psalmboek.  Ek wil jou help om aan die hand van dié Psalms met God besig te raak.

Ons gaan die 43 Psalms van die vyfde Psalmboek elke weeksdag lees, behalwe Psalm 119 wat weens die lengte daarvan in 22 dele gelees gaan word (die letters van die Hebreeuse alfabet sal in die titel van die Psalmdeel aangebring word).  Dit gee 64 “Psalms” wat in 17 dae in die derde kwartaal en 47 dae in die vierde kwartaal gelees gaan word.  Ons begin 31 Augustus en eindig 7 Desember.  Tussen-in is daar ‘n week waarin ek nie iets gaan plaas nie, weens die Algemene Sinode.

Hier is skakels na die vorige vier Psalmboeke wat al by my Bybelskool behandel is, sowel as die skakel na die volgende reeks Psalms:

View all posts in this series

Psalms


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
  • Mariaana on RomeineHoe maak ek om die bybelstudie oor die boek Romeine te bekom En ook oor God Se wil asb
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieHi Petrus, FF Bruce verklaar dit in sy kommentaar só: "Moenie in jou hart sê: ‘Wie sal na die hemel opvaar nie?’ – dit wil sê om Christus neer te brin…
%d bloggers like this: