Skip to main content

Psalm 150 – Alles wat asem het, moet die Here oral loof!

Psalm150Psalm 150 roep alles wat asem het op om God te loof: “na die omvang van sy grootheid.”  Dit is die laaste van die Psalms wat ingesluit is in die kanon en sluit die vyfde Psalmboek met lof af.  Waar elkeen van die ander vier Psalmboeke egter afgesluit is met ‘n vers van lof (41:14; 72:18-19; 89:53 en 106:48), word die hele Psalmboek hiermee met ‘n volle loflied afgesluit.

Die Psalm bevat tien reëls wat op dieselfde patroon die lof van God besing, amper soos ‘n Tien Gebooie van lof, wat afsluit met ‘n elfde oproep: “Alles wat asem het, moet die Here loof”.

Die Psalm is eintlik baie eenvoudig saamgestel.

God moet oral geloof word – vers 1-2

Die eerste twee verse verklaar dat God oral geloof moet word, in die heiligdom op aarde sowel as in die hemel.  Twee redes word gegee:

  1. God se kragtige dade waarmee die geskiedenis waarskynlik betrek word.
  2. God se omvangryke grootheid waarmee die skepping waarskynlik betrek word.

God moet deur alles geloof word – vers 3-6

Die laaste vier verse dien as aanmoediging om jou eie stem by dié van die Psalm te voeg en die Here ook waar jy is, te loof met wat ook al tot jou beskikking is.

Tien opsies word gegee: ramshorings, harpe, liere, tamboeryne, koordanse, snaarinstrumente, fluite, simbale (2 keer genoem, wat ‘n mens by tien uitbring!), of jou eie stem.

Die punt is natuurlik nie dat dié lys van instrumente jou moet beperk nie.  Dit moet jou juis vrystel om jou eie stem van lof te vind voor die Here.  En sy kragtige dade sowel as sy omvangryke grootheid moet in jou lof ‘n getuienis aan hierdie wêreld word: “Alles wat asem het, moet inderdaad die Here oral loof!

Dit is die doel van jou bestaan en die hart van jou bestemming as mens.

DAAR IS MÔRE … EN OORMÔRE … ‘N VERRASSING …

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Psalms


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar