Psalm 119:121-128 – AJIN – Insig lê anderkant die pyn van gehoorsaamheid
Die kumulatiewe gewig van die getuienis van Psalm 119 dat God se openbaring saak maak, begin in hierdie sestiende deel van die Psalm my bewussyn só diepsinnig binnedring dat dit vir my voel asof die Psalmis se ervarings en gebede my eie raak.
- Aan die een kant oorrompel die geheelboodskap van die Psalm my dat dit goed gaan met dié wat wandel volgens die woord van die Here. “Hoe strelend is u woorde teen my verhemelte, selfs strelender as heuning vir my mond … U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my lewenspad.” (119:103,105).
- Aan die ander kant is ek net so intens bewus van die pyn en verguising wat saamgaan daarmee om die openbaring van die Here onwrikbaar en sorgvuldig na te kom (119:128). En bid ek ook die gebed van die Psalmis: “Ek doen wat reg en billik is; moet my nie aan my verdrukkers oorlaat nie.” (119:121).
En kan ek vandag elkeen van hierdie verse van harte bid: “Waarborg die goeie vir u dienskneg; vermeteles moet my nie verdruk nie.” (119:122). As dit dan só is dat dit goed gaan met dié wat wandel volgens die woord van die Here, soos die Psalm sê, waarborg dit dan vir my; sorg dat dit vir my in vervulling laat gaan; sorg dat die goeie my nie verbygaan nie …
- “My oë smag na u verlossing, na u belofte van geregtigheid.” (119:123).
- “Handel met u dienskneg volgens u troue liefde.” (119:124a).
Die oplossing vir die pyn van dissipelskap lê egter nie in die vermyding van die pyn van gehoorsaamheid nie, maar in die omhelsing daarvan, om IN die pyn te leer wat God se voorskrifte is. Want, dit is dié wat ly wat gehoorsaamheid leer ken, wat deur God geleer word, hoe nou verder. Dit is die punt van dié Psalm. Ons is God se diensknegte beide in die ervaring van sy troue liefde as in die ervaring van die pyn van gehoorsaamheid. Daarom, steeds die versugting, selfs en veral in die pyn van navolging: “en leer my u voorskrifte …” (119:124b).
Ek het altyd gewonder wat presies dit beteken dat Jesus gehoorsaamheid geleer het deur sy pyn, tot ek Hebreërs 2 vroeër bestudeer het en agtergekom het dat die pyn van gehoorsaamheid jou verlos van jou vrees vir die dood. Trouens, die deelkry aan die “littekens van Jesus” is ons “handelsmerk” as kinders van die Here. Paulus gebruik dié beskrywing in Gal. 6:7 waar hy verwys na die wonde wat hy in sy navolging van die Here opgedoen het. Die wonde het hom “gekenmerk” (die Griekse woord stigma word gebruik) as ‘n volgeling van Jesus. Die wonde was nou sy “handelsmerk”.
Lyding in gehoorsaamheid het egter nie net die effek dat dit jou vrees vir die dood wegneem nie, maar dit verdiep ook jou vreugde om een met die Leidsman en Voleinder van ons geloof te wees, as jy ook deel in sy lyding. Daar is ‘n ongekende diep vreugde – iets wat jy net leer ken as dit gebeur – in ‘n mens as jy bevoorreg genoeg is om vir die Here te ly, soos die verhaal van Dmitri ons ook geleer het. Lyding oortuig jou op ‘n vreemde, maar diepsinnige manier, dat jy deel is van sy heilige familie!
Dié woorde kom diep uit my hart, omdat ek die afgelope tyd iets hiervan begin ervaar het, sonder om op die detail daarvan in te gaan.
Daarom is my behoefte vandag dieselfde as die Psalmis s’n: “gee aan my insig sodat ek u bepalings kan ken.” (119:125). Want, ek leer hier dat kennis nie net met verklaring te make het nie, hoe belangrik dit ook al is. Kennis het met insig te make, en dié insig kom baie keer eers tot jou as jy pyn in jou gehoorsaamheid van God se openbaring ervaar. Insig lê anderkant die pyn van gehoorsaamheid.
Daarmee saam bid ek ook dat die Here in sy regverdigheid sal optree, omdat dit net só duidelik is vir my vandag dat mense rondom ons die openbaring (wet) van God kragteloos maak met hulle oortredings daarvan. (119:126). Soos dit in die Psalmis se tyd was, só is dit ook vandag.
Daarteenoor moet die Psalmis natuurlik homself aan God se bevele en opdragte oorgee om dit sorgvuldig na te kom, soos dit ook gevra word van elkeen van ons (119:128a). Daarom sê die Psalmis, het hy God se bevele lief: “ja, meer as goud, as suiwer goud.” (119:127). En die omgekeerde is net so waar: “En elke pad van bedrog haat ek.” (119:128b).
View all posts in this series
- BYBELSKOOL OOR PSALM 107-150
- Die praktiese waarde van die Psalms
- Inleiding op die vyfde Psalmboek (107-150)
- Hoe om die Psalms te lees
- Psalm 107 – God is goed en getrou – aan sy liefde is daar geen einde nie
- Psalm 108 – Ek wil die rooidag met lof wakker maak – u liefde reik tot in die hemel, u trou tot in die wolke
- Psalm 109 – U is goed en getrou, moet U nie doof hou nie
- Psalm 110 – U volk is gereed vir die dag waarop u u magte monster
- Psalm 111 – God se werk is groots en betroubaar
- Psalm 112 – Ontsag vir God se gebooie bring vreugde; Vertroue verdryf die vrees vir slegte tyding
- Psalm 113 – Prys die Here van waar die son opkom tot waar dit ondergaan
- Psalm 114 – Jubel uitgelate oor die Uittog uit Egipte
- Psalm 115 – Nie aan ons nie, Here, maar aan u Naam kom die eer toe
- Psalm 116 – Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede
- Psalm 117 – God is oneindig betroubaar in sy onmeetlike liefde vir ons
- Psalm 118 – Aan sy liefde is daar geen einde nie
- Psalm 119 – Dit gaan goed met dié wat wandel volgens die woord van die Here
- Psalm 119:1-8 – ALEF: God begelei en inspireer ons deur sy wet en getuienisse
- Psalm 119:9-16 – BET: Gehoorsaamheid aan God se woord bewaar van sonde
- Psalm 119:17-24 – GIMEL: God se woorde is raadgewers wat insig gee
- Psalm 119:25-32 – DALET: Die pad van u bevele volg ek geesdriftig
- Psalm 119:33-40 – HE: Onderrig my dat ek enduit u voorskrifte kan nakom
- Psalm 119:41-48 – WAW – Die liefde vir God se wet gee vryheid en vrymoedigheid
- Psalm 119:49-56 – ZAJIN – Onthou tog u woord aan u dienskneg
- Psalm 119:57-64 – GET – U, Here, is my deel; U troue liefde vul die aarde
- Psalm 119:65-72 – TET – U is goed en doen goed; leer my u voorskrifte
- Psalm 119:73-80 – JOD – U hande het my gemaak en aan my ‘n plek gegee
- Psalm 119:81-88 – KAF – Op u woord wag ek sodat ek dit kan nakom
- Psalm 119:89-96 – LAMED – Vir ewig staan u woord vas
- Bydraes hervat Maandag 12 Oktober
- Psalm 119:97-104 – MEM – Insig in God se openbaring kom deur gehoorsaamheid
- Psalm 119:105-112 – NUN – Ek gehoorsaam U ten spyte van gevaar
- Psalm 119:113-120 – SAMEK – Ontsag vir God se woord bring ondersteuning en onderskraging
- Psalm 119:121-128 – AJIN – Insig lê anderkant die pyn van gehoorsaamheid
- Psalm 119:129-136 – PE – As u woorde oopgaan, gee dit lig
- Psalm 119:137-144 – TSADE – My ywer vir u woorde verteer my wanneer my teenstanders dit vergeet
- Psalm 119:145-152 – KOF – Op u woorde wag ek
- Psalm 119:153-160 – RESJ – Die hoofsaak van u woord is waarheid
- Psalm 119:161-168 – SIN/SJIN – Sewe keer ‘n dag loof ek U oor u regverdige beslissings
- Psalm 119:169-176 – TAW – Hou my lewend sodat ek U kan loof
- Psalm 120 – Here, bevry my van bedrieglike tonge
- Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nie
- Psalm 122 – Mag daar vrede in jou wees, Jerusalem
- Psalm 123 – Ons oë is gerig op God totdat Hy ons genadig is
- Psalm 124 – As die Here nie vir ons was nie … dan het hulle ons lewendig ingesluk
- Psalm 125 – Here, doen goed aan die goeies, aan dié wat opreg is in hulle harte
- Psalm 126 – Dié wat met trane saai, sal met gejuig maai.
- Psalm 127 – As die Here die huis nie bou nie, swoeg die bouers tevergeefs daaraan
- Psalm 128 – Hoe gelukkig is elkeen wat vir die Here ontsag het, wat sy paaie volg!
- Psalm 129 – Verlossing uit verdrukking; Verguising vir verdrukkers
- Psalm 130 – Uit die dieptes roep ek na U, Hoor tog my stem
- Psalm 131 – Groot dade en wonderwerke kom van God af
- Psalm 132 – Here, laat u gesalfde se kroon skitter
- Psalm 133 – Kyk hoe goed, hoe mooi is eensgesindheid onder gelowiges
- Psalm 134 – Mag die Here jou seën uit Sion
- Psalm 135 – God is goed; God is groot; God sorg vir sy volk
- Psalm 136 – Want vir ewig duur sy troue liefde
- Psalm 137 – Jerusalem bly my grootste vreugde
- Psalm 138 – U besiel my met innerlike krag
- Psalm 139 – Die wonder van God en van menswees
- Psalm 140 – Hou my veilig teen geweldenaars
- Psalm 141 – Maar op U bly my oë gerig
- Psalm 142 – Lei my uit gevangenskap dat ek u Naam kan loof
- Psalm 143 – U goeie Gees moet my lei op gelyk grond
- Psalm 144 – Hoe gelukkig is die volk wie se God die Here is
- Psalm 145 – Die Here is goed vir almal
- Psalm 146 – Ek wil my God besing solank as wat ek bestaan
- Psalm 147- Die Here vind vreugde in hulle wat vir Hom ontsag het
- Psalm 148 – Alles en almal loof die Here uit hemel en aarde
- Psalm 149 – Die Here is sy volk goedgesind en sal hulle vergeld
- Psalm 150 – Alles wat asem het, moet die Here oral loof!
- Psalm 151 – God luister na, roep en gebruik Dawid in die geveg met Goliat
Tags: Psalms
Trackback from your site.
Chris van Wyk
| #
Hi Tabita – ek het kennis geneem van sy afsterwe, maar ongelukkig bied ek nie só ‘n kursus aan nie. Jy kan hoor by jou kerk se opleidingsinstansies of daar verdere moontlikhede vir jou is. Jy kan ook by SATS probeer: https://www.sats.edu.za/programmes/undergraduate/higher-certificate-in-christian-counselling/
Tabita
| #
Goeie dag pastoor. My naam is Tabita. Ek het n pastorale kursus gedoen deur past. Chris Mengel. Ongelukig en baie hartseer, aan die einde van my finale jaar het die Here hom kom haal. Bied pastoor sulke kursese aan of weet pastoor dalk waar ek my finale jaar kan voltooi groot asb? Groete en geseende dag vir u.
Chris van Wyk
| #
Klik net op Confirm Follow in die e-pos wat wordpress.com na jou Inbox stuur.
Chris van Wyk
| #
Hi Esmé, ek sal jou e-pos insit op daardie bladsy. Jy moet net die e-pos wat WordPress vir jou stuur goedkeur.
Esme Dorfling
| #
Ek wil graag aansluit by 2021 bybel lees program.
Chris van Wyk
| #
Hi Yunis, die reëling was om vermorsing te voorkom. Die pa moes bereken of sy familie ‘n lam sou kon opeet. Minder as tien mense in ‘n gesin, veral as dit kleiner kinders was, sou dit moontlik nie maak nie! Daarom kon hulle met hulle bure deel, sodat die vleis nie vermors word nie. Want, onthou, alles is verbrand aan die einde van die maaltyd. As ‘n mens simbolies daarna kyk, kan ‘n mens mededeelsaamheid en samewerking in die koninkryk daarin lees.
Yunis Duimpies
| #
Goeie middag Ds Chris
Baie dankie vir Ds se uiteensetting oor Exodus 12 in verband met die uittog uit Egipte.Ek wil net graag weet,wat beteken dit simbolies wanneer as huisgesinne die lammetjie saam moet eet en as hulle te klein is vir die lam,hulle saam met hulle bure deel.Ek hoop u verstaan wat ek bedoel.Baie dankie
Chris van Wyk
| #
Hi Yvonne, dankie vir die korreksie! Seën vir jou leeswerk hierdie jaar.
Chris van Wyk
| #
Hi Miems, die wet is duidelik dat ‘n mens nie moord mag pleeg nie (Eks 20:13) soos Jesus (Matt 5:21-22) en Paulus (Rom 13:9) dit ook bevestig. Die Heidelbergse Kategismus verduidelik dit so:
Sondag 40
105 Vraag: Wat eis God in die sesde gebod?
Antwoord: Ek mag nie self en ook nie deur iemand anders my naaste onteer, haat, beledig of doodmaak nie. Ek mag dit nie met my gedagtes, woorde of gebare doen nie en nog minder met die daad (a). Ek moet alle wraaksug laat vaar (b). Ek mag ook myself nie kwaad aandoen of moedswillig in gevaar begewe nie (c). Daarom dra die owerheid die swaard om doodslag te weer (d).
(a) Matt 5:21, 22; 26:52; Gen 9:6. (b) Ef 4:26; Rom 12:I9; Matt 5:25;18:35. (c) Rom 13:14; Kol 2:23; Matt 4:7. (d) Gen 9:6; Eks 21:14; Matt 26:52; Rom 13:4.
106 Vraag: Praat hierdie gebod net van doodmaak?
Antwoord: Deur doodmaak te verbied, leer God ons dat Hy die wortel daarvan (a), soos afguns, haat (b), woede (c) en wraaklus verafsku. Dit alles is vir Hom heimlike moord (d).
(a) Spr 14:30; Rom 1:29. (b) 1 Joh 2:11. (c) Jak 1:20; Gal 5:19-21. (d) 1 Joh 3:15.
107 Vraag: Het ons die gebod gehoorsaam as ons maar net nie ons naaste doodmaak, soos hierbo gesê is nie?
Antwoord: Nee, terwyl God afguns, haat en woede verbied, gebied Hy dat ons ons naaste moet liefhê soos onsself (a). Ons moet teenoor hom geduldig, vredeliewend, sagmoedig, barmhartig en vriendelik wees (b), alles wat hom kan benadeel, sover moontlik probeer voorkom (c) en selfs aan ons vyande goed doen (d).
(a) Matt 22:39; 7:12; Rom 12:10. (b) Ef 4:2; Gal 6:1, 2;Matt 5:5; Rom 12:18; Luk 6:36; Matt 5:7; 1 Pet 3:8; Kol 3:12. (c) Eks 23:5. (d) Matt 5:44, 45; Rom 12:20.
Chris van Wyk
| #
Ek het ook ‘n paar gedagtes oor gebed by: https://bybelskool.com/drie-vaste-gebedstye-vir-elke-dag/