Psalm 51 – Wees my genadig, o God
Die Psalm kan op verskillende manier ingedeel word. Vers 1-2 is duidelik ’n inleiding en vers 20-21 ’n verdere stukkie kommentaar. Die hart van die Psalm lê in die gebed van vers 3-19 wat volgens die inhoud daarvan in twee breë kategorieë verdeel kan word wat ook die boodskap van die Psalm die beste beskrywe:
- Gebed om vergifnis – vers 3-11;
- Gebed om herstel – vers 12-19.
Die laaste 2 verse, vers 20-21, se verwysing na die herbou van die mure van Jerusalem en die hervatting van die offerkultus kan moontlik metafories bedoel wees, maar is meer waarskynlik in die na-ballingskap tydvak bygevoeg. Dit gee aan die Psalm ’n gemeenskapsbetekenis wat die persoonlike betekenis daarvan uitbrei en afrond.
Gebed om vergifnis
Met die inleidende sin, “Wees my genadig, o God …” begin hierdie Psalm met die diepste nood van sondaarmense, die behoefte aan ’n herstelde verhouding met God.
Die basis van sy gebed om vergifnis word in God se troue liefde (gesed) en groot barmhartigheid (compassion) gevind (vers 3). Die woord wat vir barmhartigheid gebruik word, ragamîm, kan op verskillende maniere verklaar word. Een van die moontlike verklarings is dat die woord die intensiewe vorm is van die woord vir baarmoeder (rêgêm). Dit gee die betekenis aan die woord van die gevoel wat ’n ma vir haar ongebore kind het. Om vir God om barmhartigheid te vra, beteken dus volgens dié verklaring dat ’n mens van God vra dat Hy met dieselfde liefde as ’n ma vir haar ongebore kind teenoor jou sal optree. Nogal iets om oor na te dink in jou meditasie oor dié teks!
Die gebed om God se genade (vers 3) is ook die tipe gebed wat die tollenaar in die tempel gebid het: “O God, wees my, sondaar, genadig” (Luk. 18:13). Waarop Jesus opgemerk het dat die tollenaar – eerder as die Fariseër wat op homself en sy nakoming van die wet in terme van die 7de-9de gebod staatgemaak het en op ander neergesien het – genade gevind het by God en huis toe gegaan het as iemand wie se saak met God reg is. Let op dat die Fariseër juis dié gebooie aanhaal wat Psalm 50 (vers 16-20) as sonde uitwys, maar dat dit hom nie red van Jesus se oordeel nie. Hy begryp nie dat hy nie homself in die laaste instansie kan regverdig voor God nie en steeds die genade van God nodig het, soos ons almal. Selfs Dawid, die koning na God se hart, het immers genade nodig gehad, soos Psalm 51 dit vir ons uitspel.
Die gebed in vers 3, “wis my oortredings uit” vra waarskynlik dat God Dawid se oortredinge uit God se boek oor Dawid se doen en late sal uitvee en die gebed in vers 4, “was my skoon van my skuld” na die reiniging van Dawid se binnekant, soos hy in vers 8 weer sal herhaal. Dawid wil dus hê dat die bewussyn van sy sonde beide uit God se hart, sowel as uit sy eie hart, sal verdwyn.
Let op hoe duidelik Dawid bewus is daarvan dat sy sonde ten diepste teen God is: “Teen U alleen het ek gesondig, ek het gedoen wat verkeerd is in u oë”, (vers 6), selfs al was dit primêr gerig teen sy naaste. Hy erken daarom ook dat God se oordeel oor hom regverdig is, soos aanvanklik aan hom oorgedra deur die profeet Natan.
Terloops, Paulus gebruik in sy brief aan die Romeine hierdie vers, “U uitspraak is dus reg en u oordeel regverdig“, om God se regverdige oordeel oor alle mense te bevestig: “Dit staan vas dat God betroubaar is en elke mens ’n leuenaar, soos daar geskrywe staan: ‘U is regverdig wanneer U uitspraak doen en U wen U saak wanneer U aangekla word.’”
Dawid openbaar hiermee ’n diep stuk wysheid, soos Spreuke 28:13 dit ook het: “Wie sy sonde wegsteek, moet niks goeds te wagte wees nie; wie sy sonde bely en daarvan afsien, sal genade ontvang.” Maar, Dawid gaan nog dieper en verklaar dat hierdie sonde deel van sy menswees is (vers 7). En daarvan kan ’n mens net verlos word deur God se genade.
Hierdie verklaring van Dawid is tradisioneel met die leerstuk van die erfsonde uitgedruk. Let op dat hy die ”erfsonde” nie net as ’n persoonlike werklikheid en skuld van homself as mens uitdruk nie (“Ek was al skuldig toe ek gebore is”), maar ook as ’n sosiale werklikheid (“met sonde belaai toe my moeder swanger geword het”). Dawid is gebore as sondaar in ’n wêreld wat ook vol is van sonde en wat op soveel wyses ’n wedersydse impak het op sy werklikheid. Sonde is dus ook nie net ’n uitsonderlike gebeurtenis nie, soos in die sonde met Batseba te siene is nie, maar kenmerk sy mensheid van die begin af sowel as die mensheid van sy gemeenskap, veral in die verbreekte verhouding met God (vers 6) wat in houdings en gedrag teenoor die naaste gesien kan word (vers 1-2).
Lees ook hierdie beoordeling van menswees in die res van die Skrif om die prentjie net meer volledig te kry:
- “Van sy jeug af bedink die mens net slegte dinge” – God in Gen 8:21;
- “Wie kan rein uit onrein laat voortkom? Niemand nie!” – Job in Job 14:4;
- “Hoe kan ’n mens rein wees? Hoe kan ’n sterfling onskuldig wees? As God nie eers die hemelwesens vertrou nie en selfs die hemel nie rein is in sy oë nie, hoeveel minder ’n onrein,verdorwe mens wat boosheid indrink soos water?” – Elifas in Job 15:14-16;
- “Hoe kan ’n mens reg hê voor God? Hoe kan iemand wat uit ’n vrou gebore is, onskuldig wees? As vir God selfs die maan nie helder is nie en die sterre nie blink genoeg nie, hoeveel te minder ’n mens, ’n blote wurm, ’n mensekind, wat maar net ’n ruspe is?” – Bildad in Job 25:4-6;
- “Moet tog nie ’n regsaak teen my begin nie, want niemand wat leef, is voor U onskuldig nie!” – Dawid in Ps. 143:2;
- “Wat uit die mens gebore is, is mens; en wat uit die Gees gebore is, is gees.” – Jesus in Joh. 3:6.
Gebed om herstel
Hierteenoor word die wonder van God se betrokkenheid by mense reg van die begin van hulle bestaan natuurlik ook reg deur die Bybel erken. Ons lees dit op ’n hele paar plekke:
- “U het my die eerste lewenslig laat sien, my veilig laat rus aan die bors van my moeder. Van my geboorte af is ek onder u sorg, van die begin van my lewe af is U my God.” – Dawid in Ps 22:10-11;
- “U het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder. Ek wil U loof, want U het my op ’n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering. Dit weet ek seker: geen been van my was vir U verborge toe ek gevorm is waar niemand dit kon sien nie, toe ek aanmekaargeweef is diep in die moederskoot. U het my al gesien toe ek nog ongebore was, al my lewensdae was in u boek opgeskrywe nog voordat ek gebore is.” – Dawid in Ps 139:13–16;
- “Het U my nie soos botter berei, soos kaas gevorm nie? U het vir my vel en vleis gegee,U het my bene en senings aanmekaargeweef. U het my die lewe gegee en my met liefde versorg, met sorg het U oor my gewaak.” – Job in Job 10:10–12.
Dit vorm dus die agtergrond vir die gebed om herstel wat Dawid in die tweede deel van die Psalm van God vra. Net soos die sonde van die begin af ’n woord in mense se lewe spreek, só doen God dit immers ook. En dít is waarvoor Dawid vra, dat God diep in sy binneste weer vir hom God se wil sal bekend maak, hom opregtheid diep in sy hart sal gee (vers 8). Soos Peterson in The Message vertaal: “Enter me, then; conceive a new, true life.” Die Century Version vertaal vers 8 só: “You want me to be completely truthful, so teach me wisdom.”
Daarmee erken Dawid dat opregtheid (waarheid) ’n gawe is, dat die vermoë om te doen wat God wil, ’n werk is wat Hy doen binnekant ons. Let op dat hy vra dat God die sonde weg sal neem (vers 9 – vgl. ook Jes. 1:18 vir dieselfde metafoor van “witter as sneeu”), waarmee hy waarskynlik vir meer vra as maar net dat die sonde met Batseba weggeneem sal word. Hy wil van sy sondigheid verlos word, iets wat eers in Christus Jesus regtig volledig moontlik geword het.
Hy wil weer die blydskap en vreugde van God se teenwoordigheid geniet deurdat God aan die eenkant nie meer ag slaan op sy sonde en skuld nie (vers 11), maar aan die ander kant ook ’n rein hart, nuwe gees en standvastige self vir hom sal gee (vers 12). Dawid gebruik die woord “skep” waarmee hy in Skeppingstradisie taal skryf oor God se hernuwende werk in hom. Dit verbind hy dan ook aan die teenwoordigheid van die Heilige Gees wat hy pleit nie van hom weggeneem sal word nie. Terloops: die verwysing na die Heilige Gees kom net nog 2 keer in die OT voor (Jes 63:10, 11). Neh. 9:20 praat ook van die Goeie Gees, maar in die res van die OT word net die woord Gees, sonder byvoeglike naamwoorde, gebruik.
Dán sal Dawid God weer met toewyding kan dien (vers 14) en sal hy ander oortreders kan leer wat God van ’n mens verwag, wat hy opsom met die woorde: ”dat die sondaars hulle tot U sal bekeer” (vers 15). Vergifnis lei tot bediening! Die lof waarvan Psalm 50 gepraat het, sal dan weer deel van sy lewe word (vers 16). Let ook op hoe hy Psalm 50 ook eggo in vers 18-19, dat offers nie soseer is wat God wil hê nie, maar dan in die lig van sy ervaring iets by die eis tot lofprysing in Psalm 50 sit, die eis van God vir ’n hart wat vol ootmoed en berou is. Dít is iets wat God nie gering sal ag nie.
Gebed vir Sion
Die Psalm sluit met ’n gebed vir Sion dat hulle God se liefde en goedheid weer sal ondervind veral in die herbou van die mure van Jerusalem. Daarmee sal die tempeldiens weer herstel kan word, waaruit ’n mens kan aflei dat dié twee verse later in die tyd na die ballingskap bygevoeg is by die Psalm. Die byvoeging is teologies egter baie belangrik, omdat dit keer dat sondebelydenis en vergifnis net persoonlik verstaan word. Sondebelydenis en vergifnis is ook ’n sosiale- en gemeenskapswerklikheid.
View all posts in this series
- Psalms 1-41 – 4de kwartaal 2011 - October 12, 2011
- WEEK 1: Inleiding op die Psalms – God is die sin en betekenis van die lewe - October 13, 2011
- Psalms ingedeel in vyf Psalmboeke - October 14, 2011
- Historiese raamwerk - October 17, 2011
- Teologiese temas, soorte Psalms en Jesus en die Psalms - October 18, 2011
- Samestelling van Psalms 1-41, leesplan en Lectio Divina - October 19, 2011
- Lectio Divina
- WEEK 2: Psalm 1-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede - October 20, 2011
- Psalm 1 – Geseënd is dié wat hul vreugde in God vind
- Psalm 2 – Geseënd is dié wat op God vertrou - October 21, 2011
- Psalm 3-4 – God bring rus en vrede as ons Hom vra - October 24, 2011
- Psalm 5 – God gee vreugde aan dié wat by Hom skuil - October 25, 2011
- Psalm 6 – Genesing is genade
- Psalm 7-8 – God gee om vir sy mense en verhoor hulle gebede - October 26, 2011
- WEEK 3: Psalm 9-14 – God verlos sy mense van allerlei verdrukkende omstandighede - October 27, 2011
- Psalm 9-10 – God gee nuwe moed en laat reg geskied
- Psalm 11 – om God te vertrou in ’n krisis - October 28, 2011
- Psalm 12 – Vertrou op die beloftes van die Here - October 31, 2011
- Psalm 13 – Kyk tog en luister na my, Here, my God - November 1, 2011
- Psalm 14 – Net ‘n dwaas sê daar is geen God nie - November 2, 2011
- WEEK 4: Psalm 15-24 – God nooi ons uit om in sy teenwoordigheid te lewe - November 3, 2011
- Psalm 15 + 24 – om in God se teenwoordigheid tot rus te kom
- Psalm 16 – Daar is niks goeds behalwe by God nie - November 4, 2011
- Psalm 23 – die gebed vir alle seisoene van die lewe
- Psalm 17 + 22 – God verontagsaam nie die gebed van die hulpelose nie - November 7, 2011
- Psalm 18 + 20-21 – God gee oorwinning - November 8, 2011
- Psalm 19 – God bestaan en God praat met ons - November 9, 2011
- WEEK 5: Psalm 25-33 – God roep ons op om moed te hou, want Hy is die Skepperkoning - November 10, 2011
- Psalm 25 + 33 – God sorg vir dié wat Hom vertrou
- Psalm 26 + 32 – God skenk ’n lewe van integriteit en vertroue - November 11, 2011
- Psalm 27 + 31 – Vertrou God, wees sterk en vol moed - November 14, 2011
- Psalm 28 + 30 – Lof aan God omdat Hy gehoor en gehelp het - November 15, 2011
- Psalm 29 – Die God van die natuur sorg ook vir sy kinders - November 16, 2011
- WEEK 6: Psalm 34-37 – God se teenwoordigheid word geken in die gemeenskap van gelowiges - November 17, 2011
- Psalm 34 – Dankbaarheid lei tot wysheid
- Psalm 37 – Wysheid lê in ’n God-gesentreerde lewe - November 18, 2011
- Psalm 35 – Gebed om redding in vervolging - November 21, 2011
- Psalm 36 – Laat U liefde bly by dié wat U erken - November 22, 2011
- Psalm 37 – Die openbaring van sy God is in sy hart, sy koers is nie onseker nie - November 23, 2011
- WEEK 7: Psalm 38-41 – God verlos ons van ons sonde en gee ons blydskap - November 24, 2011
- Psalm 38 – Moet my nie verlaat nie, help my gou, my Redder
- Psalm 39 – Ek wil sorgvuldig let op my lewe en op U - November 25, 2011
- Psalm 40 – U woord is my hele lewe - November 28, 2011
- Psalm 41 – Omgee vir swakkes gee vrymoedigheid in gebed - November 29, 2011
- Psalm 1 (2de keer) – Die Here ken my
- Mag ons vandag nog mense verag? - September 12, 2012
- Psalms 42-72 – Bedaar en erken dat Ek God is - January 21, 2013
- Die 2de Psalmboek (42-72): Bedaar en erken dat Ek God is - January 23, 2013
- Opbou van Psalms 42-72 – digters en temas
- Indeling van die leeswerk vir Psalms 42-72
- Byeenkomste in Somerstrand
- Lectio Divina vir die Psalms
- Digterlike taal
- Psalms vir die lewe
- Oor die liedere wat ons sing in die kerk
- Ander bydraes oor die Psalms by Bybelskool.com
- Psalm 42-43 – Gebed bring vertroue selfs in die ervaring van God se afwesigheid - January 24, 2013
- Psalm 44 – Kom ons tog te hulp in ons ellende - January 25, 2013
- Psalm 45 – Huwelikslied vir die koning en koningin - January 28, 2013
- Psalm 46 – Bedaar en erken dat Ek God is - January 29, 2013
- Psalm 47 – ’n Verenigde volk van God uit al die nasies - January 30, 2013
- Psalm 48 – God sal ons altyd lei - January 31, 2013
- Psalm 49 – Dis dwaas om op rykdom te vertrou - February 1, 2013
- Psalm 50 – Loof God deur Hom in alles te erken en vereer - February 4, 2013
- Psalm 51 – Wees my genadig, o God - February 5, 2013
- Psalm 52 – God is goed en sorg vir my - February 6, 2013
- Psalm 53 – Dit is dwaas om sonder God te probeer lewe - February 7, 2013
- Psalm 54 – God red my uit elke benoudheid - February 8, 2013
- Psalm 55 – Laat jou sorge aan die Here oor - February 11, 2013
- Psalm 56 – God let op ons trane - February 12, 2013
- Psalm 57 – Van vrees na versekering - February 13, 2013
- Psalm 58 – Daar is tóg ’n God - February 14, 2013
- Wraakgierigheid in die Psalms
- Psalm 59 – Breek hulle stadig af deur u mag - February 15, 2013
- Psalm 60 – Laat dit tog weer met ons goed gaan - February 18, 2013
- Psalm 61 – Ek bid tot u van ver, Hoor my van naby - February 19, 2013
- Psalm 62 – Net by God vind ek rus - February 20, 2013
- Psalm 63 – Ek bly altyd naby U - February 21, 2013
- Psalm 64 – God sorg vir die regverdiges - February 22, 2013
- Psalm 65 – Waar U ook gaan, is daar oorvloed! - February 25, 2013
- Psalm 66 – God se dade moet vir almal vertel word - February 26, 2013
- Psalm 67 – Geseën om te seën - February 27, 2013
- Psalm 68 – God vul alles en almal met Sy teenwoordigheid - February 28, 2013
- Psalm 69 – Moenie dat dié wat op U vertrou, deur my toedoen teleurgestel word nie - March 1, 2013
- Psalm 70 – Kom tog gou na my toe, o God - March 4, 2013
- Psalm 71 – Moet my tog nie verwerp nou dat ek oud geword het nie - March 5, 2013
- Psalm 72 – Leer die koning om volgens u wil te regeer - March 6, 2013
- Video oorsig oor die Psalms van The Bible Project - December 11, 2015
Lizelle Van Wyk
Hi Chris, dankie vir jou ontleding van Ps 50,dit laat n mens nogals dink oor dit wat jy lees en hoe jy dit in jou lewe gaan toepas
Chris is daar n moontlikheid dat ek jou kan email wil graag n paar dinge vra wat vir my onseker is
Lizelle v Wyk
Chris van Wyk
Hi Lizelle. Jy is welkom om te vra.
Christa
Hi, Chris .
Wat beteken .
Ps51-16
Wat praat van vergewe my bloedskuld.
Chris van Wyk
Hi Christa, die 1933/53-vertaling praat van bloedskuld in Psalm 51:16: “Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel.” Die 1983-vertaling vertaal met “ondergang” wat nie ‘n goeie vertaling is nie. Die 2020-vertaling het weer teruggegaan na “bloedskuld” en gee die betekenis daarvan weer as: “Skuld wat ontstaan wanneer ‘n persoon iets doen wat die dood verdien.” Dit sluit natuurlik moord in, maar ook enige ander sonde wat met die dood gestraf kan word.