Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Openbaring 15:3-4

Hulle sing die lied van Moses, die dienskneg van God. Dit is ook die lied van die Lam, wat só lui: “Groot en uitsonderlik is u dade, Here God, die Almagtige. Regverdig en betroubaar is u paaie, Koning van die nasies. Wie sal nie ontsag vir U hê nie, Here, en nie u Naam verheerlik nie? U alleen is heilig! Al die nasies sal kom en voor U in aanbidding neerval, want u regverdige dade het sigbaar geword.” (NLV)

1. Die inhoud van die lied van Moses en die lied van die Lam in Openbaring 15:3-4 is dieselfde, sê Johannes. Hy verwys waarskynlik na Eksodus 15:1-21 se lied van Moses en Miriam (jy kan meer lees daaroor by die skakel aan die einde van hierdie bydrae). Daar is egter ook ooreenkomste met die eerste drie gebooie van die wet van Moses. Vergelyk die eerste drie gebooie inhoudelik met hierdie lied in Openbaring. Wat sien jy raak? Watter boodskap het dit vir jou?

2. Wat is die bedoeling van die eerste drie gebooie? Loof die Here dat Hy so duidelik die liefde vir Hom eerste stel en daardeur vir ons die hoop op ‘n nuwe wêreld gee waar almal hulle hieraan sal hou.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat die boodskap van die OT en NT inhoudelik ooreenstem en die liefde vir God eerste stel vir die hele wêreld.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Openbaring 15 en Eksodus 15 en my bydraes daaroor: Openbaring 15 – Die oordeel breek onafwendbaar aan en Eksodus 15 – Die Here is die Bewerker van wonderdade wat sy volk beskerm en sy vyande verpletter.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 36:2-38👍
  • Dave on Eksodus 36:2-38Moses was voorwaar 'n baie bevooregte man. Maak mens amper jaloers. Die offers laat my dink....
  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
%d bloggers like this: