Skip to main content

Waar kom die ware geloof vandaan? – Die belydenisskrifte

1. Lees die aanhalings uit die Nederlandse Geloofsbelydenis 24, Heidelbergse Kategismus 65, Dordtse Leerreëls 2.1.6-7; 3-4.1.12-14 en Westminster Geloofsbelydenis 11. Wat leer jy waar die ware geloof vandaan kom? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Nederlandse Geloofsbelydenis 24

ONS HEILIGMAKING EN GOEIE WERKE

Ons glo dat hierdie ware geloof in die mens voortgebring word deur die hoor van die Woord van God en deur die werking van die Heilige Gees, dat die geloof hom weergebore laat word en tot ‘n nuwe mens maak, hom ‘n nuwe lewe laat lei en hom van die verslawing aan die sonde bevry. Daarom is daar geen sprake van dat hierdie regverdigende geloof die mens vir ‘n vroom en heilige lewe onverskillig sou maak nie; inteendeel, hy sou daarsonder nooit iets uit liefde tot God doen nie maar slegs uit liefde tot homself en uit vrees vir die verdoemenis. Dit is daarom onmoontlik dat hierdie heilige geloof niks in die mens tot stand sou bring nie; ons praat mos nie van `n dooie geloof nie maar van wat die Skrif noem ‘n geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan (Gal. 5:6), wat die mens beweeg om hom voortdurend te oefen in die werke wat God in sy Woord beveel het.

Hierdie werke is, as hulle uit die goeie wortel van die geloof voortspruit, goed en vir God welgevallig omdat hulle almal deur sy genade geheilig is. Tog geld hierdie werke nie vir ons regverdiging nie, want ons is deur die geloof in Christus geregverdig nog voordat ons goeie werke doen. Hulle sou anders mos nie goed kon wees nie, net so min as die vrug van ‘n boom goed kan wees voordat die boom self goed is.

Ons doen dus goeie werke, maar nie om iets te verdien nie – wat sou ons tog kon verdien? Veeleer is ons die goeie werke wat ons doen, aan God verskuldig, terwyl Hy aan ons niks verskuldig is nie, aangesien dit Hy is wat in ons werk. Hy maak ons gewillig en bekwaam om sy heilige plan uit te voer (Filp. 2:13). Laat ons daarom let op wat geskrywe staan: `…wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen’ (Luk. 17:10). Tog wil ons nie ontken dat God die goeie werke beloon nie, maar dit is deur sy genade dat Hy sy gawe bekroon. Verder, al doen ons ook goeie werke, maak ons dit glad nie die grond van ons saligheid nie, want ons kan geen werk doen wat nie deur ons sondige natuur besmet en ook strafwaardig is nie. En al kon ons ook één goeie werk lewer, is die herinnering aan net een sonde vir God genoeg om dit te verwerp. Op hierdie manier sou ons altyd in twyfel verkeer, heen en weer geslinger sonder enige sekerheid, en ons arme gewete sou altyd gekwel word as dit nie op die verdienste van die lyding en sterwe van ons Verlosser steun nie.

Rom. 10:17; Joh. 5:26; Ef. 2:4; Joh. 8:36; Tit. 2:12; Joh. 15; Heb. 11:6; 1 Tim. 1:5; Gal. 5:6; Tit. 3:8; Rom. 9:32; Tit. 3:5; Matt. 7:17; Rom. 14:23; Heb. 11:4; Gen. 4:4; 1 Kor. 4:7; Filp. 3:13; Jes. 26:12; Gal. 3:5; 1 Tess. 2:13; Luk. 17:10; Rom. 2:6; Op. 2:13; 2 Joh. :8; Rom. 11:5 (6-7); (Ef. 2:5); Jes. 64:6; 1 Kor. 3:11; Jes. 28:26; Rom. 10:11; Hab. 2:4.

Heidelbergse Kategismus 65

Vraag: Terwyl ons slegs deur die geloof deel aan Christus en al sy weldade kry, waar kom so ‘n geloof dan vandaan?

Antwoord: Die Heilige Gees werk dit in ons harte (a) deur die verkondiging van die heilige evangelie en versterk dit deur die gebruik van die sakramente (b).

(a) Ef 2:8; 6:23; Joh 3:5; Fil 1:29. (b) Matt 28:19; 1 Pet 1:22-23.

Dordtse Leerreëls 2.1.6-7; 3-4.1.12-14

Hoofstuk 2: DIE DOOD VAN CHRISTUS EN DIE VERLOSSING VAN DIE MENSE DEUR SY DOOD

6. Baie wat deur die evangelie geroep is, bekeer hulle nie, glo nie in Christus nie, maar sterf in ongeloof. Dit gebeur, nie omdat die offer wat Christus aan die kruis volbring het, gebrekkig of onvoldoende is nie, maar deur hul eie skuld.

7. Almal wat egter waarlik glo en deur die dood van Christus van die sonde bevry en van die verderf gered word, ontvang hierdie weldaad slegs uit die genade van God. Hierdie genade is van ewigheid af in Christus aan hulle gegee, sonder dat Hy dit aan enigiemand verskuldig is.

Hoofstuk 3 en 4: DIE VERDORWENHEID VAN DIE MENS, SY BEKERING TOT GOD EN DIE WYSE WAAROP DIT PLAASVIND

12. Dit is die wedergeboorte, die nuwe skepping, die opwekking uit die dood en die lewendmaking waarvan die Skrif so heerlik spreek wat God sonder ons in ons werk. Dit alles word glad nie deur die uiterlike prediking alleen, deur morele oorreding of op enige ander wyse in ons gewerk nie, sodat, na die voltooiing van God se werk, dit dan in die mens se mag sou lê om weergebore te word of nie, om bekeer te word of nie. Dit is ‘n volkome bonatuurlike, baie kragtige en tegelyk baie aangename, wonderlike, verborge en onbeskryflike daad van God. Volgens die getuienis van die Skrif wat deur Hom, die Outeur van hierdie werkinge, geïnspireer is, is dit in sy krag nie minder of geringer as die skepping of die opwekking van die dooies nie. Die gevolg is dat almal in wie se harte God op hierdie wonderlike wyse werk, sekerlik, onfeilbaar en kragdadig weergebore word en daadwerklik glo. Dan word die wil, wat nou vernuwe is, nie alleen deur God gedryf en beweeg nie, maar omdat dit deur God beweeg word, werk dit ook self. Daarom word ook tereg gesê dat die mens, deur die genade wat hy ontvang het, glo en hom bekeer.

13. Die aard van hierdie werking kan die gelowiges in hierdie lewe nie volkome begryp nie. Intussen is dit vir hulle ‘n gerusstelling dat hulle weet en oortuig is dat hulle deur hierdie genade van God van harte glo en hulle Verlosser liefhet.

14. So is die geloof dan ‘n gawe van God, nie omdat dit deur God aan die vrye wil van die mens aangebied word nie, maar omdat dit aan die mens inderdaad geskenk word en vir hom ingegee en ingestort word. Ook is dit nie so dat God net die vermoë om te glo gee nie en daarna van die vrye wil van die mens die instemming of die daadwerklike geloof verwag nie. Sowel die wil om te glo as die geloof self word in die mens tot stand gebring. Immers, Hy wat in die mens werk om te wil sowel as om te werk, bewerk alles in almal.

Westminster Geloofsbelydenis 11

Justification

1. Those whom God effectually calls he also freely justifies.1 He does not pour righteousness into them but pardons their sins and looks on them and accepts them as if they were righteous—not because of anything worked in them or done by them, but for Christ’s sake alone. He does not consider their faith itself, the act of believing, as their righteousness or any other obedient response to the gospel on their part. Rather, he imputes to them the obedience and judicial satisfaction earned by Christ.2 For their part, they receive and rest on Christ and his righteousness by faith (and this faith is not their own but is itself a gift of God).3

1. Rom 8.30, 3.24.

2. Rom 4.5-8, 2 Cor 5.19,21, Rom 3.22,24-25,27-28, Ti 3.5,7, Eph 1.7, Jer 23.6, 1 Cor 1.30-31, Rom 5.17-19.

3. Acts 10.43-44, Gal 2.16, Phil 3.9, Acts 13.38-39, Eph 2.7-8, Jn 1.12, 6.44-45, Phil 1.29.

2. Faith, thus receiving and resting on Christ and his righteousness, is the only means of justification.4 In the person justified, however, it is always accompanied by all the other saving graces and is not a dead faith, but works by love.5

4. Jn 1.12, Rom 3.28, 5.1, Jn 3.16,18,36.

5. Jas 2.17,22,26, Gal 5.6.

3. By his obedience and death Christ completely discharged the debt of all those who are so justified, and he made the correct, real, and full satisfaction to his Father’s justice on their behalf.6 Since Christ was voluntarily given by the Father for them,7 and since his obedience and satisfaction were accepted in their place8 and not for anything in them, their justification is the result only of his free grace9—so that both the perfect justice and the rich grace of God might be glorified in the justification of sinners.10

6. Rom 5.8-10,18-19, 1 Tm 2.5-6, Heb 10.10,14, Dn 9.24,26, Is 53.4-6,10-12, 1 Cor 15.3, 2 Cor 5.21, 1 Pt

2.24, 3.18.

7. Rom 8.32, Jn 3.16.

8. 2 Cor 5.21, Mt 3.17, Eph 5.2, Is 53.6.

9. Rom 3.24, Eph 1.7, Rom 6.23, Eph 2.6-9.

10. Rom 3.26, Eph 2.7.

4. From all eternity God decreed the justification of all the elect,11 and in the fullness of time Christ died for their sins and rose again for their justification.12 Nevertheless, the elect are not justified until the Holy Spirit in due time does actually apply Christ to them.13

11. Gal 3.8, 1 Pt 1.2,19-20, Rom 8.30.

12. Gal 4.4, 1 Tm 2.6, Rom 4.25, 1 Pt 1.21.

13. Col 1.21-22, Gal 2.16, Ti 3.4-7, Jn 3.5,18,36.

5. God continues to forgive the sins of those who are justified.14 Although they can never fall from the state of justification,15 they may by their sins come under God’s fatherly displeasure and not have a sense of his presence with them until they humble themselves, confess their sins, ask for forgiveness, and renew their faith in repentance.16

14. Mt 6.12, 1 Jn 1.7,9, 2.1-2.

15. Lk 22.32, Jn 10.28, Heb 10.14, Phil 1.6, 1 Jn 2.19; see proofs under Chapter 17.

16. Ps 89.31-33, 51.7-12, 32.5, Mt 26.75, 1 Cor 11.30,32, Lk 1.20.

6. The justification of believers under the Old Testament was in all these respects identical with the justification of believers under the New Testament.17

17. Gal 3.6-9,13-14, Rom 4.22-24, Heb 13.8, 11.13, Jn 8.56, Acts 15.11, Rom 3.30.

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee oor waar die ware geloof vandaan kom.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar