Skip to main content

Laat u wil geskied

Dit is die eindstryd van die Curriebeker op Nuweland. WP teen Noord-Transvaal. Die telling is gelykop. Die losskakel lê aan vir ‘n skop na die pale. As dit oor is, wen WP. As dit mis is, is dit gelykop. Die eindfluitjie gaan blaas. Die losskakel kom vorentoe, die bal trek reguit pale toe … en toe op ‘n onverklaarbare manier verander die bal van trajek, en die skop is mis. Die beker word gedeel.

Die storie is vir my vertel van wat daardie dag gebeur het. Drie spelers het bymekaar gestaan en gebid. Twee het gebid: “Here, ons sien al hoe daardie bal deur die pale trek!” En die bal het reguit pale toe getrek … totdat die derde speler afgesluit het met: “laat u wil geskied,” en die bal se trajek verander het. Die een se kommentaar was: “Jy met jou wil van die Here! Kyk nou daar! Dit kos ons die wedstryd.”

Hoe dink jy oor die wil van die Here? In my preek by Somerstrand gaan ek oor die derde bede in die Ons Vader praat aan die hand van Jesus se gebed in Getsemane. Jy kan dit daar lees.

Hier kan jy ‘n bietjie wyer lees oor God se wil:

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar