Skip to main content

Wat is die Drie-eenheid? – Kolossense 1:15-17; 1 Johannes 5:7-8

Die Seun is die sigbare uitbeelding van die onsigbare God. Hy is die Eerste van die hele skepping, omdat God alles deur Hom geskep het. Ja, alles in die hemel en op die aarde – die dinge wat gesien kan word en die dinge wat nie gesien kan word nie, of dit nou konings of heersers, regeerders of maghebbers is – álle dinge is deur Hom en vir Hom geskep. Hý was daar vóór alles, en in Hom word alles saamgebind. (NLV)

Daar is dié drie wat getuienis aflê: die Gees, die water en die bloed en al drie is dit eens. (NLV)

  1. Onderstreep die beskrywings van die Drie-eenheid. Wat staan vir jou uit van elke persoon?
  2. Die beskrywings van die Drie-eenheid word aan die skepping en die herskepping in Jesus gekoppel? Hoe verryk dit jou gedagtes oor Jesus?
  3. ‘n Bietjie meer inligting oor 1 Johannes 5:7-8: Die getuienis van die Gees wek geloof in ons in samewerking met die getuienis van die water (Jesus se doop as die begin van sy bediening, waar God Hom met Jesus as sy geliefde Seun geïdentifiseer het – Mark. 1:9-11; Joh. 1:32-34) en die bloed (Jesus se kruisdood – Joh. 19:33-37).  Ons het dus ‘n getuienis in ons hart en uit die geskiedenis. Hoe verdiep dit jou sekerheid dat Jesus ook jou lewe in sy hand hou?
  4. Jy kan later vanaand albei gedeeltes lees in die konteks van Kolossense 1 en 1 Johannes 5 sowel as my bydraes daaroor: Kolossense 1:1-14 – Om God te ken en vir Hom te lewe; 1 Johannes 5 – Geloof is die getuienis van God se werk in ons lewe.
View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar