Skip to main content

Wat is afgodery? – Psalm 97:6-9

Die hemele verkondig sy geregtigheid; elke volk sien sy heerlikheid. Almal wat beelde vereer, is tot skande gebring, almal wat roem op hulle nietige afgode; want alle gode moet voor Hom buig. Sion het dit gehoor en is bly, en die stede van Juda juig oor u oordele, Here! Want U, Here, is hoog verhewe bo die hele aarde; U is verhewe ver bo alle gode. (NLV)

1. Die Here se koningskap word in die Psalm op twee maniere beskryf.  Dit word eerstens in metaforiese terme as ’n kosmiese gebeure geteken: die aarde juig, die afgeleë eilande is bly, wolke en duisternis omring Hom, vuur gaan voor Hom uit en verbrand sy teenstanders. Die Here se koningskap word tweedens steeds op metaforiese wyse as ’n kommunikasie gebeure geteken: die hemele verkondig sy geregtigheid sodat al die volke Sy Majesteit kan sien. Hoe laat dit jou dink oor God? 

2. Hierdie getuienis oor God het twee uitkomste.  Aan die eenkant staan almal wat afgodsbeelde dien, beskaamd, want dié afgode moet in aanbidding voor Hom buig!  Aan die ander kant hoor die Godstad, Jerusalem, dit en het ’n groot blydskap en juig oor God se posisie as die Allerhoogste oor die hele aarde wat ver verhewe is bo alle gode. Hoe laat dit jou voel oor God?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat God regtig Koning is en self die feit aan alle mense kommunikeer.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Psalm 97 en my bydrae daaroor: Psalm 97 – Verbly julle, liefhebbers van die Here.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar