Skip to main content

Wat bid jy met die laaste drie bedes? – 1 Korintiërs 10:12-13

Daarom – as julle dink julle staan sterk, moet julle oppas dat julle nie ook tot ’n val kom nie. Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word. Midde-in die versoeking sal Hy vir ’n uitweg sorg sodat julle dit kan verduur. (NLV)

Paulus is besig om die Korintiërs aan te moedig om die Christelike wedloop só te hardloop dat hulle die wenpaal kan behaal. Hy spoor hulle aan met die voorbeeld van die volk van Moses wat ten spyte van al die voorregte wat God hulle in die woestyn gegee tog nie die wenpaal, die intog in die beloofde land, bereik het nie. Dit moenie van hulle waar wees nie. Hulle moet spesifiek nee sê vir die versoekings van gulsigheid, onsedelikheid, afgodediens, ondankbaarheid en verset teen God se gesag. Maar daarmee saam skets hy die pad uit die versoekings. God sal nie toelaat dat ’n mens versoekings kry wat jy nie in staat is om te weerstaan nie, want Hy sal saam met die versoekings ook die uitkoms gee, sodat jy dit kan weerstaan. Jy moet op die uitkyk wees vir die uitkoms uit versoeking en dit aangryp!

1. Dink na oor hierdie tipe versoekings in jou lewe. Waar en wanneer was dit vir jou moeilik om daarvoor nee te sê? Was daar ‘n uitkoms … maar jy het eerder vir die versoeking geval? Wat leer jy daaruit?

2. Dink ná oor die kere wat jy in versoeking gekom het … dat die Here ‘n uitkoms gegee het … en jy God-sy-dank die uitkoms aangegryp het. Wat leer jy daaruit?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat God vir jou sorg en vir jou uitkoms uit versoekings sal gee.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van 1 Korintiërs 10 sowel as my bydrae daaroor: 1 Korintiërs 10 – Gemeenskap met God moet ten alle koste beskerm word.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar