Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Johannes 14:1-6

Moenie ontsteld wees nie. Hou net aan om op God te vertrou en hou ook aan om op My te vertrou. In die huis van my Vader is daar baie kamers. As dit nie só was nie, sou Ek dit aan julle gesê het. Ek gaan soontoe om vir julle plek gereed te maak. En as Ek gegaan en vir julle plek ingerig het, kom Ek terug en sal julle na My toe neem sodat julle ook kan wees waar Ek is. Julle weet mos waarheen Ek gaan, en hoe om daar te kom.” Tomas sê vir Jesus: “Here, ons weet nie waarheen U gaan nie; hoe kan ons dan die pad daarheen ken?” Jesus sê vir hom: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur My nie. (NLV)

1. Die uitverkiesing is nie net vir hierdie lewe nie, maar ook vir die lewe wat kom. Watter troos hou dit vir jou in?

2. Die uitverkiesing is duidelik deur die Here Jesus Christus, want Hy is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom by die Vader uit behalwe deur Hom nie. Wat beteken dit vir jou? Wat beteken dit vir alle ander mense?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat jy ‘n plek by God in die hiernamaals het. Dit gee troos en sekerheid en besweer die vrees vir die dood.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Johannes 14 en my bydrae daaroor: Johannes 13:31–14:31 – Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle lief gehad het.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Hallo ds. Chris, die hele uitverkiesing spook al heelweek by my, ek het in n baie Geestelike huis en famielie groot geraak en dit voel as groot mens, raak die bybel moeiliker al leer mens elke dag en dit maak verskriklik bang, doen ek God se wil? Lewe ek reg? Maar nie te min, die skrifte van die week het my so laat wonder of ek gekies gaan word, en of my lewe waarlik reg gelewe word, Maandag se skrif het my so hard geslaan dat ek nie eens woorde gehad het nie, die woord sê moet nie onsteld wees nie, maar ek weet nie wat dit vir my beteken nie, die troos is meer dat ek nogsteeds moet glo, vertrou, lief hê en goed doe en so ook God prys, en dat ek glo dat ek verlos sal word. Maar dit laat mens nogsteeds wonder of ons altyd reg doen en God se wil, en vir die eerste keer in my lewe laat dit my verskriklik bang.

    • Hi Audrey. Die Dordtse Leerreëls – ek plaas dit Saterdag – beklemtoon die volgende: “2.1.5 Verder is dit die belofte van die evangelie dat elkeen wat in die gekruisigde Christus glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê. Hierdie belofte moet aan alle volke en mense, aan wie God na sy welbehae die evangelie stuur, sonder enige onderskeid verkondig en bekend gestel word, met die eis tot bekering en geloof.” Talle en talle tekste in die Bybel verseker ons dat as jy in Jesus Christus glo, is jy gered, is jy uitverkies, en het jy die ewige lewe as ‘n geskenk van God ontvang – Joh 1:12; 3:36; 10:28; Rom 10:9-13; 1 Joh 5:10-13. Dit vra van ons doodgewoon om die Here met ons hele hart te aanbid, omdat Hy ons dié groot gawe gegee het, en in bekering en geloof te leef. En Hom te vertrou dat Hy ons sal bewaar om te kan volhard tot die einde toe. Ons sekerheid lê in Hom.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: