Skip to main content

Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Romeine 5:12, 20

Toe Adam gesondig het, het sonde in die wêreld ingekom en deur Adam se sonde ook die dood. En so het die dood tot alle mense deurgedring, want almal het gesondig. God se wet is gegee sodat alle mense kon sien hoe groot en baie hulle oortredings is. (NLV)

1. Hoe dink jy oor die erfsonde? Paulus onderstreep dat die sonde deur Adam in die wêreld gekom het en dat ons die wet nodig het om ons die ontsaglike omvang van die oortredings te laat raaksien. Stem jy met hom saam? 

2. Hoe raak dit jou persoonlik? Hoe laat dit jou voel? Hoe laat dit jou oor menswees dink?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die nood van hierdie wêreld en die verlossing wat Jesus daarvoor gebring het.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Romeine 5 en my bydrae daaroor: Romeine 5 – Vryspraak lei tot vrede en vrye toegang.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar