Skip to main content

Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – 2 Tessalonisense 2:13-14

Geliefdes van die Here, dit pas ons om God altyd oor julle te dank. God het julle immers gekies om as eerstes verlos te word. Hy verlos julle deur die Gees wat julle aan Hom toewy en deur geloof in die waarheid. Deur die Goeie Nuus wat ons verkondig, het God julle hiertoe geroep sodat julle die heerlikheid van ons Here Jesus Christus kan verkry. (NLV)

1. Die verlossing en die heiliging kom deur die Gees. Watter rol speel geloof, dink jy?

2. God heilig ons om die heerlikheid van die Here Jesus te verkry. Wat vra dit van jou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat God jou verlos en heilig om die heerlikheid van Jesus te verkry.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van 2 Tessalonisense 2 en my bydrae daaroor: 2 Tessalonisense 2:13-17 – God sterk ons in die goeie.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar